R7 miljard-lening vir SA se Covid-program

Suid-Afrika het miljarde rande geleen om vir die land se entstofprogram te betaal. (Argieffoto: Patrick T. Fallon/AFP)

Die Wêreldbank het ʼn lening van R7,6 miljard vir Suid-Afrika se Covid-19-bestuursplan goedgekeur.

Die lening is toegestaan op versoek van die Suid-Afrikaanse regering om sy entstofverkrygingskontrakte te finansier. Dit sal nou terugwerkend gebruik word om die 47 miljoen dosisse Covid-19-entstof wat die land gekoop het, te betaal.

In ʼn gesamentlike verklaring van die Wêreldbank en die nasionale tesourie, word Suid-Afrika bestempel as die episentrum van die Covid-19-pandemie in Afrika, met die hoogste saamgestelde getal infeksies en sterftes.

“Deur die land se Covid-19-entstofprogram te steun, gaan die projek die regering help om die pandemie beter te hanteer, terwyl die land die vyfde vlaag ondervind. Dit gaan ook die regering help om die fiskale ruimte te skep wat nodig is om sy gesondheidsorgstelsel te versterk en gaan finansiële en institusionele volhoubaarheid verseker,” lui die verklaring.

Suid-Afrika het teen Maandag 536 laboratoriumbevestigde gevalle van Covid-19 gehad. Net meer as 3,9 miljoen gevalle van die virus is bevestig en die sterftesyfer weens Covid-19 staan tans op 101 509.

Teen gister is meer as 36,4 miljoen dosisse van die entstof al toegedien en in hierdie stadium is 50,3% van volwassenes en 29,9% van jongmense tussen 12 en 17 jaar oud reeds ingeënt.

Die Wêreldbank en die regering meen egter meer kan gedoen word om dié getal te verhoog, die verspreiding van die virus te bekamp en die land se ekonomiese herstel te versnel.

Ismail Momoniat, waarnemende direkteur-generaal van die nasionale tesourie, sê die virus hou steeds ʼn gevaar vir mense, die gesondheidsorgstelsel en ekonomiese herstel in.

“Die lening vorm deel van die regering se pogings om die koste van skuld te verminder deur gebruik te maak van goedkoper bronne van finansiering deur multilaterale ontwikkelingsbanke. Dit steun terselfdertyd die gesondheidsorgstelsel om te reageer op Covid-19 deur die verspreiding van entstof, belangrike navorsing en behandelingsmaatreëls.”

Suid-Afrika het reeds sowat R11,4 miljard by die Wêreldbank geleen om die land se ekonomiese heropbou en herstelplan te steun. Vroeër het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) sowat R70 miljard toegestaan om werksgeleenthede en sakeondernemings te midde van die pandemie in Suid-Afrika te help beskerm, terwyl die New Development Bank ʼn lening van sowat R14,5 miljard aan Suid-Afrika toegestaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Madelein ·

Al wat die Suid-Afrikaanse regering doen, is leen, leen, en nogmaals leen!!! Ek sidder om te dink wat die toekoms van ons land is, met of sonder ‘n ANC regering. Hulle breek af, en as daar ooit eendag opgebou moet word, gaan dit dekades neem.

Deon ·

So die hele “five hundred billion” is klaar., en julle het daai spuite op skuld gekoop.. Wat het van die staat se solidariteit fonds geword?

VaalDonkie ·

Die wereldbank leen nie geld omdat hulle groot harte het nie. Een of ander tyd moet daai lening terugbetaal word OF die wereld bank kom le beslag op Suid-Afrika se bates.

Truth2bfree ·

En noudat Covid uitsterf en Varkgriep die rondte doen…. Gaan hulle nou swineflu labels op die ente plak?

Roebs ·

Nee hel leen geld om ons land reg te maak nou leen julle geld vir wat om weer weg te raak, kuba te ondersteun ons nuwe vlag te maak…. waar gaan dit eindig?

Casper ·

Ek hoop nie dit beland in Ramaphosa se reeds oorvol banke nie.

domheks ·

die belasting betalers sal mos sorg, vir die skuld, vir die grant ens,,,ens….

Jakkie ·

Nou dat julle die geld gaan kry, kan ons maar ophou maskers dra of soek julle nog geld? Ek wonder wat is die werklike bedrag wat al van 2020 geleen is met Covid as verskoning en hoeveel daarvan die mense in die land gehelp het

Kokerboom ·

Rerig????Die rooi ligte flikker en fiskus het (hopelik) slapelose nagte!!

Voilet ·

Daar word heeltyd net geleen !!! Maar die land gaan ten gronde van armoede!!!! Hel mens kan maar sien hoe dink die “mense” ….

Vexed ·

Nee, maar hulle wil he ons moet glo dit gebeur en daar is genoeg siele wat dit sal glo. Die gewone storie.

Johan ·

Kyk maar hoe dra mense nog maskers, lyk soos idioote, dit het GEEN doel nie.

Elma ·

Leen geld om goed te koop wat verval en dan weggesmyt moet word. Die logika ontbreek. Ek het my inentings gehad en steeds VREK siek geword aan Covid. Nie inenting, social distancing of die ewige maskers het my gehelp nie. Dis alles net n foefie.

Lourens CFG ·

Met al die geld wat hierdie regering al vermors het, kon hulle vir elke liewe Suid Afrikaner wat daar is, van pas gebore tot stok oud, 5 – 10 miljoen rand elk gegee het, dan was daar geen armoede nie, én daar sal nog genoeg oorgebly het om die land reg te maak.

Mariana ·

En so gaan daardie gelde ook net verdwyn. Die wêreldbank gaan nog SA kom oorvat want die geld gaan nooit as te nimmer terugbetaal word nie. Asof mense hier nie al swaar genoeg kry nie, plaas hulle geld leen om die mense te voed en behuising te gee, maar dan sal daar nie genoeg wees om hul bankrekeninge te voed. Nou al so moeg vir die ANC korruptes, want elke dag kom daar nuwe goed te voorskyn. Hoe lank nog voor die land in die modder verdwyn?

annie ·

Hoeveel verdien Storieman want hy ken van om die IMF te oortuig van SA se belangrikheid in die Melkweg… Dit is nou ná Oekraïene. Mens moet darem jou plek ken. Wie die skuld gaan terugbetaal? Dit is Storieman se boetie die minister van finansies met die Gupta-miljarde wat hy sal moet terugvind en gou ook!

Johann101 ·

Mense dis ‘n doelbewuste plan om ons land tot in armoede te leen…
Ons land skuld beloop alreeds oor die 70% van al die geld wat ons aan taxes aan die regering betaal word… en nog word geleen onder die vaandel van covid…
Watse 5de vlaag was daar?…
Ons sien wat gebeur reg oor die wêreld in lande waar 80% + van hul landsburgers gejappie is… plus nog meer energises gekry het!… Dit is deur & deur bewys dat daai gejappie is nie so wonderlik soos almal ons wil wysmaak dit is nie…
Maar ja geglo sal die anc geglo word oor alles wat hul kwyt raak…

Martin ·

Ek hoop ons regering amptenare het genoeg pak plek in hulle meubels vir al daai pakke geld. Asof ons land nie genoeg skuld het nie agv ons ANC regering se onbevoegtheid, nou gaan mors hulle nog geld op ander strooi…

Barney ·

Wat ek nie verstaan nie is hoekom SA aanmekaar moet geld as ons kan bekostig om R50 miljoen aan Kuba te skenk

SwartBees ·

Die goverment se nuwe truuk gaan wees om R7.6miljard voor ons oë te laat verdwyn.

Strandloper ·

Maletjie se meubel bedryf gaan nou blom. Waar koop mens die meubels wat so vol geld is?

Hennie ·

G’n wonder die swartgallige ANC ministers glimlag so breed nie. Daar is weer kos in die vark trog!

Bart-Man ·

Ons lewe in die land van Poef! Ons leen geld dan poef! Dis weg. Ons paaie is poef! O! poef! N Kragstasie brand. Poef en daar is miljoene Dollars
op die plaas weg. Poef en ons het een of ander nuwe Menister. Poef en die petrol prys is op. Poef en die rentekoers gaan op. Poef, dit en poef dat. Ek poef sommer in my broek.

Jakkie ·

Lekker lag ek nou, maar dis eintlik iets om oor te huil, want dit is realiteit

Anel ·

500 mense is positief getoets maar nie siek nie, maar ons het ‘n 5de vlaag!!! Hoe dom dink die spul is ons? Ons is nog een van die enigste lande wat so tekere gaan oor die siekte. Waar jy gedwing word as jy iewers in gaan om jou hande te bespuit, waar jy nie mense se gesigte mag sien nie want jy moet ‘n vieslike masker dra. So keelvol. Nou soek hulle nog geld vir goed wat nie werk nie maar ons weet almal waarvoor eintlik. Wonder hoeveel het ander lande geleen? Wie dink hulle gaan die geld terug betaal? Is ons ooit geraadpleeg? Sê maar eerder niks verder nie!!!

Charlie Brown ·

7.6 + 11.4 miljard by die Wêreldbank, + 70 miljard by die IMF, +14.5 miljard by New Development Bank.
Hoe beplan die SA regering om oor die 100 miljard terug te betaal, want ons het niks om daarvoor te wys nie?
‘Ekonomiese heropbou en herstelprogram’!?
Om ‘werksgeleenthede en sakeondernemings te midde van die pandemie in Suid-Afrika te help beskerm’ – met ‘n werkloosheidsyfer van 35.3 % (29/3/2022 se statistiek) – SA se hoogste syfer sedert 2008! Hoe het die 70 miljard daarmee gehelp?
Ek slaan net my hande saam!

domheks ·

ramaparra kan GOED bakhand staan! Maar die padda wil nog nie in die pot kook nie…

Esme ·

Ek sidder om te dink aan terugbetaling. Suid-Afrika het die Leenland van die Wereld geword en daar is geen vooruitgang op enige gebied nie. Die paaie kompeteer teen die gate; die swak hospitale kompeteer teen personeel wat werklik sukkel om hulle werk te doen; Eskom kompeteer teen Solar; Water kompeteer teen stukkende pype en landsburgers se inkomstes kompeteer teen verhoogte pryse wat sedert Covid die hoogte in geskiet het.

Jacoba ·

Kan die regering asb ophou skuld maak onder die Covid naam en dat ons begin opvoed!!!!
Covid is besig om die wêreld toe te gooi onder plastiek en spuitnaalde.
Raak net wakker.

Piet parys ·

Leen die land verder in bankrotskap met niks seggende lenings en iemand maak dalk weer 4 milj dollar profyt

Nettie ·

Ek weier om Pa te staan vir al die skuld wat die regering aangaan en dit vir medikasies wat meerderheid van die land nie eers wil of wou he nie. Wanneer die ANC val, en hy gaan, binnekort, skryf ons hierdie skuld AF. Ek hoop wie ook al aan die ANC leen, besef dit. Ons gaan NIE vir die ANC se skuld Pa staan NIE. En julle gaan ons op GEEN manier kan dwing nie.

Rosie ·

Almal leen nie vir SA om dowwe neute geld nie. Hulle sal kom opskryf vir skuld wat nie betaal word nie. Hou op leen – dit gaan hulle aan die agterent byt.

Papsak ·

Ramaphosa het mos baie geld laat hy hulle skuld wat hy net so hard saam gemaak het terug betaal want hulle ken net van leen en leen en betaal niks terug nie dit het nou tyd geword betaal julle skuld

Spekkies ·

Nog geld vir wat? Dink hulle nie dat die wat die inspuitings wou gehad dit reeds gedoen het nie? Vir wie wil hulle nog gee? Hulle moes ontslae raak van ‘n groot hoeveelheid omdat dit naby aan hulle vervaldatum was. Daar is nou besighede wat nie meer die mense dwing om te gaan vir die Jab nie bv Media24. Net nog ‘n las vir die belastingbetaler. Pleks gebruik hulle dit vir brandstof subsidies of iets.

Christelle ·

Dalk moet hul eerder die geld gebruik om ESKOM se gemors reg te maak.

RS ·

Dis net n skerm. Daardie geld gaan erens anders en die paadjies na waar dit gaan is reeds uitgele.

Nico ·

Wonder wie gaan baat vind by die lening, hoeveel gaan uit gedeel word vir die buurstate. Wie gaan almal bakhand staan, Suid Afrika is alreeds bankrot.

Jack ·

So daar gaan minstens 10 nuwe miljarders in die land geskep word en almal gaan politieke verbintenisse he. Sal wel oor 10 jaar weet of my voorspelling waar was.

Hendrik Daniël ·

Dis nou om van die uitdrukking “kat in die sak te koop” te maak: “gat in die sak te koop”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.