Radio-omroeper veg om haar lewe ná mesaanval

Dimakatso Ratselane (Foto: Lesedi FM)

Dimakatso Ratselane, ʼn gewilde omroeper van Lesedi FM, veg om haar lewe in die hospitaal ná sy verskeie kere met ʼn mes aangeval is. Haar man is sedert die voorval voortvlugtig.

Die polisie in die Vrystaat het gesê Ratselane en haar man was Woensdagaand van hul huis in Mandela View in Bloemfontein op pad na Phase 2 om hul kinders te gaan haal. Hulle het op pad glo begin stry en in die informele nedersetting, Dinaweng, opgeëindig. Lede van die gemeenskap en vriende het Dimakatso omstreeks middernag in ʼn kritieke toestand naby Bra-White’s Tavern gevind. Sy het verskeie meswonde opgedoen en kon weens haar beserings nie eers praat nie, het die Vrystaatse polisiekommissaris gesê.

Sefora Ntombela, premier van die Vrystaat, het haar skok uitgespreek oor die voorval. “Dit is ʼn slegte herinnering dat vroue in Suid-Afrika onder aanval is. Ek is geskok en gewalg oor die gevoellose aanval op Dimakatso Ratselane. Ek het ongelukkig die foto’s van Dimakatso gesien. Ek het geen twyfel nie dat haar aanvaller se doel was om haar te vermoor. Die dapper Dimakatso het egter geweier om te sterf in die hande van ʼn lafaard. Sy het aan haar lewe geklou en is tans in die hospitaal.”

Sy versoek die publiek om nie foto’s van Dimakatso ná die aanval te deel nie. “Dit is baie traumaties en ons moet ook dink aan die gevolge wat dié foto’s vir haar familie kan inhou. Ek wens Dimakatso spoedige beterskap toe.”

Die SAUK het Ratselane ook ʼn spoedige beterskap toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Boodskap as Premier:
U is geskok omdat sy ‘n bekende persoon is. Wat van al die ander insluitdende kinders?

Mallie ·

Sy is geskok oor die aanval, maar wat van die twee oumensies wat dood en verbrand is?

Vranet ·

Geskok omdat dit ‘n “Bekende” omroeper is? Is moord so ongewoon in SA? Ek het geen kommentaar gesien of gehoor (help my as ek verkeerd is) van enige ANC minister of kader oor die wrede moord van Adam Hefer en Johanna Oosthuizen nie. Boonop is hulle onherkenbaar vermink nadat die moordenaars hulle huis aan die brand gesteek het. White Lifes Also Matter me die “premier”

JohanR ·

Sou Sefora Ntombela, premier van die Vrystaat haar skok uitgespreek het as dit Sannie van der Merwe van RSG was?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.