‘Rage’ vir matrieks is ‘superverspreider-byeenkomste’

Foto: Ballito Rage/Facebook

Matrieks wat ʼn Rage-byeenkoms bygewoon het, word versoek om vir tien dae te selfisoleer en Covid-19-toetse te ondergaan.

ʼn Rage-byeenkoms het van 27 November tot 4 Desember in Ballito plaasgevind en nog drie Rage-byeenkomste word beplan.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê dié byeenkomste word as sogenaamde superverspreider-byeenkomste beskou.

“Ons kan bevestig dat ons nou ʼn aantal bevestigde Covid-19-gevalle geïdentifiseer het wat voortspruit uit hierdie superverspreider-byeenkomste. As jy een van hierdie byeenkomste bygewoon het, word jy nou as ʼn kontakpersoon beskou. Ons moedig ouers aan om hul kinders so spoedig moontlik te laat toets indien hulle ʼn Rage-byeenkoms bygewoon het.”

Volgens Mkhize is dit ʼn duidelike bewys dat groot byeenkomste waar alkohol gebruik word, ʼn groot risiko is en pogings om die verspreiding van die virus te beperk ondermyn.

Rage-byeenkomste word ook beplan vir Johannesburg van 12 tot 13 Desember, in Jeffreysbaai van 15 tot 22 Desember en in Plettenbergbaai van 29 Januarie tot 6 Februarie.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

“Terwyl die regering ʼn poging aanwend om hierdie virus te beperk, doen ons ʼn beroep op alle ouers om ook hul oordeel en gesag te gebruik en grense te stel vir aktiwiteite waaraan hul kinders deelneem.”

Dit is duidelik dat die meeste deelnemers aan hierdie aktiwiteite nie voortdurend bewus is van voorkomende gedrag nie, meen Mkhize. “Dit beteken dat ons jeug hulself nie net blootstel aan die risiko om Covid-19 op te doen nie, maar dat hulle ook die lewe van hul ouers, grootouers en ander geliefdes in gevaar stel.”

Mense wat deel was van superverspreider-byeenkomste word versoek om die Covid-Alert-app af te laai om die departement te help met kontakopsporing. Volgens Mkhize het die departement verneem dat ʼn paar private hospitale in Durban se waakeenhede nou vol is.

“Ons gaan voort om by alle burgers te pleit: Die gedrag van elke individu sal bepaal of ons in hierdie stryd sal oorwin en of die virus steeds ons pogings verslaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Sarel ·

Hoekom vat julle nue die Organiseerders asn nie. In hirrdie tyd is sulke byeenkomste ongehoord.

Rooikoos ·

Want hulle verkies om nie by die wortel van die problem te prober uitkom nie.

Marisa W ·

die wortel van die kwaad is ouers wat die geld en toestemming voorsien sodat die kinders kan gaan – die organiseerders is maar net ‘n besigheid wat geld maak – is drankwinkels nou die oorsaak van drankmisbruik? Nee, dis die mense wat drank misbruik wat die probleem is – netso is dit die ouers wat dit moontlik maak vir kinders om te gaan wat hier die probleem is.

Marisa W ·

As die kinders nie gaan nie sal daar nie ‘n Rage wees nie – die ouers moet maar hule plig doen – die gesondheid van die kinders is nie die organiseerders se verantwoordelikheid nie

Die Wolf ·

Ag nee a! Die organiseerders is verantwoordelik vir die veiligheid van die kinders en ook om die Covid reels toe te pas.

Ou bees ·

Die ongedhoorsaamheidsvlakke is te hoog. Dis hetmos maar n kultuur geword.

Bees Boer ·

Om voor die voet gehoorsaam te wees (selfs tot jou eie nadeel) vir totale twak is nie nodig nie.
Hê tog maar ‘n bietjie verset teen die onderdrukkers.

ooknetmens ·

Eerstens dog ek Rage is vir as matrieks klaar is met eksamen? Nie in die middel van eksamen nie. En tweedens hoekom sal hulle nou ooit erken hulle was daar en 10 dae isoleer as hulle nog vraestelle het om te skryf?

Marisa W ·

en dit is presies die probleem – kyk wat doen hulle so ons gaan dit ook doen – vat bietjie aanspeeklikheid asseblief – net omdat iemand anders wetteloos is gee dit nou almal carte blanche om ook te maak soos ons wil? elke persoon is aanspreeklik vir sy eie doen en late, maar moenie ander se optrede gebruik om joune te regverdig nie.

Obronie ·

Matrieks van 2020 het n raw deal. Ek is jammer dat dit so is. Dit is egter n ongelooflike swak idee om dit te gehou het en vir ouers om hulle kinders te laat gaan daarnatoe. Ons is in n pandemie, dis realiteit, lewe kan op die oomblik nie ???? funksioneer soos normaalweg

Nell ·

Hierdie ‘Rage’ byeenkomste was nog altyd, pandemie of te not, ‘n onding gewees…

Frederik C ·

Ek dink ons Dept van gesondheid moet ontbind. Sowat van snert praat is ondenkbaar.

Francois Le Cochon ·

My dogter se vriendin se 23 jarige bf is vanoggend aan covid oorlede, en hy was nie ‘n risiko geval nie. Hy het by sy suster aangesteek, wat by haar baas aangesteek het, wat positief getoets was, en nogsteeds werk toe gekom het sonder ‘n masker. Die DvG het ‘n kriminele klag teen die baas gemaak.

Karel Kobus Kruger ·

By n kriminele aanklag moet die staat bo alle redelike twyfel kan bewys. Al wat die baas hoef te doen, is om te sê dat daar n redelike kans was dat die “bf” ( wat dit ookal is), by n asimptomatiese kollega of vriend ook kon aansteek. Daar gaan niks met hom gebeur nie.

JM ·

Of ‘n mens dit wil erken of nie, Covid-19 is ‘n werklikheid (ja! ek weet vigs en TB ens. ook), maar dit help nie om uitdagend te wees en veiligheidsmaatreëls te ignoreer nie. Dit beteken net: “cut your nose to spite your own face.” Ek sal seker deur baie aangeval word oor my stelling; en vir diegene sê ek: “kry vir julle!”

Die Wolf ·

Maak Robbeneiland oop vir die tipe van ding. Na die paartie kan hulle sommer daar in kwarantyn gehou word. Wie nie wil hoor nie moet voel.

Genis ·

Nee Die Wolf, net-nou is daar nog n klomp korrupte miljoeners wat Robbeneiland oplewer..

Lindi ·

Ek verstaan regtig nie hoekom vind jongmense dit nodig om te gaan uithaak, hulleself besimpeld te suip, rondslaap en wat ookal saam met die sogenaamde “rages” plaasvind nie.

SwartBees ·

Dit gaan maar als oor die dwelms, drank en rond slaap wat vrylik vloei.

Hendrik ·

Nee wat die matrieks gaan die volgende dag so kopseer het dat hulle nie werklik weet of hulle CV-19 het nie. Die jong klomp gaan hulle beslis nie laat keer nie en vir hulle is CV-19 nie ‘n grieperigheid, wat dit werklik is. Weereens moet mense wat onderliggende siektes het soos hartprobleme, diabetis, hoe bloeddruk en oorgewig maar wegbly.

Mariana ·

Ja die jeug lewe mos in die oomblik. Eksamens nog aan die gang, maar mens kan verstaan dat die jonges al vreeslik gefrustreerd moet wees, maar hulle deurdink nie sake nie, so word virus vrye teuels gegee en dan word meer en meer geaffekteer. Dit is ‘n bose kringloop, maar kan gekeer word as mense net gaan stilsit en dink. Ongelukkig dink min mense vir hulself….

H ·

En die toitoi van die terroriste genaamd EFF was nie n Super verspreider byeenkoms nie. Gaan kjyk wie dit versprei , gee aandag aan die regte plekke !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Die Wolf ·

Hoekom saam in die dam spring as jy voor jou heilige siel weet dit is verkeerd?

Hendrik ·

Op die ou end gaan Kudde-umminiteit die oorlewering van die sterke beteken.

Frits ·

Dit is mos onwettig om hierdie byeenkomste te hou. Waarom word die organiseerdes nie wetlik vervolg nie. Die ouers van hierdie kinders moet nie kla as ons in January 2021 terug gaan in isolasie nie.

My siening ·

Jy weet dis nou n kwessie van as jy nie wil hoor moet jy voel. Ek neem die volgende verantwoordelik, OUERS, ORGANISEERDERS, EN DAN DIE MATRIEKS WAT VERONDERSTEL IS OM GESONDE VERSTAND TE HÊ, HOE KOM JUL MATRIEK DEUR? AS JULLE IETS OORKOM HET JULLE GESOEK DAARVOOR!
GEEN SIMPATIE .

Androclus ·

Slim geleerde mense wat sulke dinge aanvang terwyl hulle weet die land sit met ‘n pandemie.

Nantes ·

Kyk aandagtig na die artikel.Dit handel nie oor die morele kwessies rondom ‘n “rage” nie,dit gaan oor die beweerde gesondheidsrisiko daaraan verbonde.Die feit is; daar soveel “byeenkomste” in ons land gehou waar daar glad nie gehoor gegee word aan die reëls en regulasies nie.Van sokkerwedstryde in Mei-maand in ons informele woonbuurte,waar daar nie polisieteenwoordigheid was en is nie.Terloops die bywoning daarvan het sederdien eksponensieël toegeneem,so ook alles wat langs die veld aangaan.Dan is daar die talle byeenkomste waar daar oor een of ander saak ‘n ongelukkigheid is en dan word daar strate toe gegaan.Daar is mos verseker net so groot gesondheidsrisiko daaraan verbonde!Alles wat by ‘n “rage” gebeur,gebeur hier ook !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.