Ramaphosa verkla ná ‘diefstal op plaas’

Arthur Fraser (Foto: DKD)

Arthur Fraser, ʼn noue bondgenoot van oudpres. Jacob Zuma en omstrede voormalige intelligensiehoof, het strafregtelike klagte teen pres. Cyril Ramaphosa aanhangig gemaak.

Fraser voer in ʼn verklaring aan dat die besonderhede van die klagte en ondersteunende bewyse, waaronder foto’s, beeldmateriaal en bankrekeningbesonderhede, vervat is in sy verklaring wat by die Rosebank-polisiestasie ingedien is.

Volgens Fraser hou die klagte verband met die diefstal van “meer as $4 miljoen” op Ramaphosa se Phala-Phala-wildplaas in Limpopo. Die voorval het volgens hom op 9 Februarie 2020 plaasgevind.

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Hy beweer boosdoeners het met Ramaphosa se huiswerker saamgespan en dat Ramaphosa die voorval van die “Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en/of Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) weggesteek het”, asook dat die verdagtes in die saak ontvoer, ondervra en toe omgekoop is vir hul stilswye oor die voorval.

Fraser het die hoop uitgespreek dat die polisie en vervolgingsowerhede die saak “sonder guns of vrees” sal ondersoek en dat Ramaphosa die land in sy vertroue sal neem en sal bevestig of ontken dat die gebeure op sy eiendom plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Dries ·

Al wat ons weet daar is n saak gemaak. Waaroor weet ons nie regtig nie

Henri ·

Is dit nou die spreekwoordelike geraamtes wat nou uit die kaste gelaat word deur die kaders?

Politiek is ‘n siek spel.

Wondermaarnet ·

Mnr. Fraser ek salueer u, maar dink u regtig dat daar iets hiervan gaan kom? Die kaders is mos onaantasbaar.

Hennie J ·

Fraser self is n groot kader en hierdie is maar net hond vreet hond. Hy verdien geen saluut nie!

Janice ·

Salueer hom? Die skelm is vol suur druiwe. As die skoen aan die ander voet was, sou hy hard gekerm het as iemand hom wou aankla.

Angel ·

Jy kan dit weer se , daar gaan niks van dit kom nie , ek weet nie hoekom is dit nog in die nuus nie , dis nie nuus vir ons nie .

Wat op dees Aarde ·

En jy glo een enkele woord uit Fraser se mond? Voor ek enige gevolgtrekkings maak sal ek maar geduldig wag op die ondersoek en wat dit oplewer.

Kokkie ·

En Fraser kom nou eers met hierdie klag na vore. Wat vertel dit ons van homself ? Het hy dit al die tyd in sy afpersing-lêer gebêre. Ek sal nooit in my lewe een van die skelm kaders salueer nie. Jigggg.

Sarel ·

Dis die man wat wederegtelik aan Zuma Parool toegestaan het …

Andre ·

Waarmee word nou weer gekonkel dat die nuusdienste die asndag moet aflei.

Jessey ·

Ek stem saam, aandag word afgetrek van een of ander sywaartse klap wat nou weer oppad is

Hannelie ·

Kan nie minder verwag nie…..almal in regering is korrup

Nierkie ·

Arthur Fraser se naam word presies 101 keer in Jacques Pauw se boek “The Presidents Keeper” genoem, en dit was nie vir blommetjies pluk nie. Maar baie dankie Arthur vir jou inligting hoor, ek glo jou motiewe is adelik, soos jy.

Kerneels ·

100% nierkie, onlangs ook die NPA aangekla. CR se aanklagte belaglik, soek aandag en simpatie. Sy doppie lankal geklink.

Kobus ·

Hoekom so lank wag mnr Frazer? Ek dink dis ‘n goeie idee om nou Oros en springmielies te koop. Hier kom ‘n ding

Dewald ·

Politieke magspel van die Zuma faksie… Arthur Fraser is nou nie juis die toonbeeld van eerlikheid nie.

Waarnemer ·

Nog n hofsaak wat 20 jaar gaan duur en nog meer staatsgeld wat vermors gaan word om ou CR se “onskuld” te bewys.

absoluut ·

cr die kaderkaptein en net so skuldig as die res van die c anc er gemeenskap wat ons land vernietig en sal aangaan tot ons alles weer van vooraf moet opbou want ons kan

Herman L ·

Hoekom sal verdagtes omgekoop word om stil te bly? En dit nadat $4 miljoen weg is. Fraser moet sekerlik dink almal behalwe hy is onnosel.

Jacobus ·

Daardie geld was dollers, is dit dalk van die dollers wat CR skoonsuster en die vorige president van Botswana uit Botswana gesmokkel het toe die vorige president die verkiesing verloor het nie? Afriforum is besig om die huidige regering by te staan om agter die kap van die byl te kom. Sal Afriforum ons op hoogte hou asb.

Johannes_64 ·

Dalk moet hy maar opsy staan volgens sy eie party se beleid.

Johan ·

Hoop Fraser se saak is waterdig anders kan hy groot pakslae kry!

koos ·

Zuma het hulle mos gewaarsku dat hy gaan praat as hulle hom aanvat. Die hele spul is stink-sleg van korrupsie en diefstal. Tyd dat hierdie land ‘n “hard restart” beleef. Cry the beloved country.

Perdeby ·

Niks maak vir my sin van hierdie klagte nie. Dink Faser is maar net kwaad.

ABDP ·

TJo laat hulle nou mekaar begin opsluit dan hoef ons niks meer te doen om hulle uit die amp te verwyder nie. Tjo dis so belaglik!

domheks ·

Ramaparra kry nou wat hom toe kom! Nou moet hy OOK OPSY STAAN! Hehehehheehhheeee

Kensy ·

Politiek is soos n skaakspel. Jy kan iemand forseer om in n rigting te beweeg wat in jou guns sal tel deur self strategies te beweeg… Almal in die politiek weet iets inkrimeneerend oor iemand anders en …as jy dit doen… dan doen ek dat…. Die slinkste speler wen.
Ek stem saam… hierdie is weer n move om die andag van iets anders af te lei

SjN ·

Die kaders begin mekaar se dinge uitbring, gebeur as jy uitgevang word en jou tjommie kwaad word.

Ansie ·

Ek verstaan nie. Dis Ramaphosa se plaas. Watter wet verplig hom om diefstal op sy plaas by die polisie aan te meld?

Kensy ·

Die vraag is eerder waarom hy dit nie wou doen nie… hy het geweet daar sal vrae wees oor die oorsprong van die dollers….

Kensy ·

aandag alle DOKTER’s…. CR soek n DR wat sal getuig dat hy OOK nou terminaal siek is…. kry solank julle CV’s (en off-shore bank rekeninge ) reg vir die PAYDAY

Swerwer ·

Genade maar die ANC Kader is iets ysliks. So sal aldie kierantjies nog braai.

Eden ·

Dis maar hoe dit werk met Afrika leiers. Hulle het altyd ‘n lekker klomp dollars onder die matras. Nie dat ou Attie Fraser juis ‘n engeltjie is nie. Hy word betrek by meer as ‘n R1 miljard bedrogspul by die spioene. A good story to tell.

Herms ·

Dit gaan so. “As jy jou mond hou sal ek my mond hou. Maar praat jy dan praat ek ook.”

JohanR ·

Arthur Fraser moet sommer self gou in die tronk kom…dink hy is ‘n KONING!

SwartBees ·

Sloer n seker ex-President se saak nie meer as 20jaar nie?

Tokkel ·

Ek glo Athur niks, want hy is ‘n kader van Zuma. Dit is nou weer verkiesingstyd.
Ons glo elkgeval niemand in ons regering nie…….weer politieke vuilspel!

Jacobus ·

Afriforum is besig om die Botswana regering by te staan oor miljoene dollers wat die vorige president van Botswana en Ramaphosa se skoonsuster uit Botswana gesmokkel het. Se maar net……. SARS moet maar daardie dollers se spoor volg.

Sarel ·

Dit is nou fie man wat op sy eie vir Zuma Parool tiegestaan het….jammer ek glo jou nie. Hoekom Pers toe hardloop ss daar nog niks van jou klagte gekom het nie..nee wat die ou keer nou vir sy wickets..want hy suen Zuma kan hom nue beskerm nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.