Pres. Cyril Ramaphosa gaan nié aanstaande week die vier dae lange vergadering van die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, bywoon nie.
Hy woon ook nie die beleggingsberaad tussen die Verenigde Koninkryk en Afrika Maandag in Londen by nie.
“Die president het die besluit geneem om aandag te gee aan dringende plaaslike prioriteite en voorbereidings te doen vir die regerende party asook die kabinetsmakgotla,” het Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, gesê.
Sy het gesê Ramaphosa berei hom ook voor vir Suid-Afrika se voorsitterskap van die Afrika-unie by die 33ste Afrika-unie-beraad wat aanstaande maand plaasvind.
“ʼn Afvaardiging senior staatsamptenare en verteenwoordigers van burgerlike groepe, gelei deur die minister van finansies, Tito Mboweni, en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Naledi Pandor, sal Suid-Afrika verteenwoordig.
“Die president is vol vertroue dat die land gaan baat by die regering en burgerlike groepe se deelname in Davos en Londen,” het Diko gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
27 Kommentare
Al hoekom hy bly is omdat hy uit liegstories uit gehardloop en bang is om met SAL te vlieg
Shame, hy’s seker maar bietjie skaam oor sy regering geen idee het wat EKONOMIE nou eintlik beteken nie.
Hy kan in elkgeval nie veel doen met die werker “unions” om sy nek nie so kan maar werklik liewer tuis bly en met die honde speel.
Hoop dit is in n tuisland….plaaslik nie veel vertoue in die knaap nie
Hoekom soveel van hulle?