Ramaphosa gevra om op te tree teen Dlamini-Zuma, ander ministers

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: GCIS)

Die DA het pres. Cyril Ramaphosa amptelik versoek om verskeie ministers, insluitend Nkosazana Dlamini-Zuma, te berispe en te dissiplineer oor hul traagheid om parlementêre vrae te antwoord.

Natasha Mazzone, hoofsweep van die DA, het gesê Dlamini-Zuma is een van die ministers wat gereeld daarin misluk om aan die parlement verantwoording te doen deur die meganisme van parlementêre vrae. “Ons het Ramaphosa ook versoek om op te tree teen ’n aantal ander ministers wat die swakste presteer.”

Verskeie lede van die uitvoerende gesag respekteer nie hul plig om teenoor die parlement verantwoording te doen nie, terwyl talle van die wat wel vrae beantwoord, dit ontwykend doen en nie die verwagting respekteer dat antwoorde volledig en eerlik moet wees nie, het Mazzone gesê.

“Parlementêre vrae is ’n sleutelmeganisme van parlementêre toesig oor die uitvoerende gesag. Dit is die primêre instrument waarmee lede van die parlement inligting van uitvoerende lede kry.”

Volgens die DA het Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, sedert 13 Februarie nog nie een van die party se 24 skriftelike vrae geantwoord nie en het sy glo net deurentyd geantwoord dat die inligting wat versoek is nog nie beskikbaar is nie.

Dit was glo ook die antwoord wat Dlamini-Zuma verlede jaar gegee het op 108 van die 110 parlementêre vrae wat aan haar gerig is. Sy het later op 19 van die vrae geantwoord, maar van die antwoorde was glo van swak gehalte.

“Haar afwysende en oppervlakkige behandeling van vrae is ’n diep kommerwekkende insig in haar begrip van die grondwetlike vereiste dat sy rekenskap aan die parlement moet gee. Hierdie benadering tot toerekenbaarheid is onaanvaarbaar en die president behoort minstens die minister hieroor te berispe,” het Mazzone gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Volgens die DA is 51% (141 van 305) van sy skriftelike vrae wat vanaf 13 Februarie tot 20 Mei aan ministers gevra is, onbeantwoord gelaat. Die ander ministers wat uitgewys word, sluit in die ministers van justisie en korrektiewe dienste, gesondheid, menslike nedersettings, water en sanitasie, maatskaplike ontwikkeling, finansies, openbare ondernemings, kommunikasie, verdediging en millitêre veterane en handel, nywerheid en mededinging.

Die party het die president versoek om sekere duidelike prestasieverwagtinge in te sluit rakende parlementêre vrae, om die 15 ministers met die meeste onbeantwoorde vrae te berispe en om met dissiplinêre optrede teen Dlamini-Zuma te begin omdat sy in haar verantwoordelikheid misluk het om aan die parlement verantwoording te doen oor die uitoefening van haar bevoegdhede deur nie sinvol en eerlik op enige parlementêre vrae te reageer nie.

“Dit is ook onaanvaarbaar dat ministers, en spesifiek Dlamini-Zuma, toegelaat word om hul aanspreeklikheid teenoor die parlement te vermy. Hulle moet berispe en gestraf word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Pieter ·

Ag asb DA ou cyril gaan hulle n klop op die skouer gee. Hy is dood bang vir ou kop doek

Michael 1 ·

Die meerderheid hoort nie eers n bestuurspos te hê nie wat nog van n ministers pos,ons is gedoem as die onderhandelinge vir n onafhanklike tuisland nie realiseer nie.

Barbara ·

Die klomp onbevoegde ministers gaan niks oorkom nie. Hul maak nes hul wil

PH ·

Hoekom sal ‘n aanhanger van marxis Amilcar Cabral soos kopdoek vrou haar enigsinds steur aan die proletariaat?

Pieter ·

Die regering veronderstel hulle het slegs met ‘n klomp paddas te doen.

eksalnievergeetnie ·

Teoreties moet hy dan teen homself ook ‘aksie neem’, aangesien hulle hele argument gebasseer is op kollektiewe besluitneming. So, as sy nie vrae beantwoord nie, beteken dit dat niemand vrae beantwoord nie.

Pappa Beer ·

Daar sal mos NOOIT n eerlike antwoord uit die lot se mond uit kom nie. Dit sal mos beteken dat al die diefstal, bedrog en onderduimsheid op die lappe sal kom (of op die kopdoekke dalk). Gebore leunaars die hele patetiese spul van hulle.

Jdb ·

En wees net bewus- sy is die volgende presidentskandidaat. So, julle kan dink hoe dinge gaan verloop as sy aan bewind is.

katerinadiekat ·

Ek is nie 100% seker daarvan nie. Sy het haar gewildheid baie skade aangedoen met die sigaret storie. Onthou daar is baie meer swart rokers as wit rokers in SA.

JohanR ·

NDZ sal antwoord……in 2037! Sy skryf staaaadigggg…..baaaaiieeee staaaadigggggg. Sy beweeg nog staaaadddiiiggggerrr. Sy moet bietjie ZOL (Dagga – Durban Green), en soos Bathabile Dlamini, soe bietjie baie suip. Dit sal haar spoed gee.

Nie Verbaas ·

Soos gewoonlik sal absoluut niks gebeur nie. Die ministers antwoord nie omdat hulle doodeenvoudig nie sinvolle antwoorde het nie.

marius ·

Waneer meerderes kom moet minderers wyk . Daar sal nie ‘n woord oor sy lippe kom daaroor nie.

Francois ·

Cyril is te bang vir sy ministers. Hy regeer glad nie die land. Dis hoekom als misluk

Althes ·

Die ministers ondermyn die president se gesag en laat hom ruggraatloos lyk wanneer hul ander inperkingreëls en besluite deur gee.
Dit is tyd dat sy aftree.

koos10 ·

Ironies genoeg is die dieselfde ministers wat nou die CCC lei, en ook gewoonlik hulle monde vol het oor alles en almal in die land, behalwe hulle eie departemente.

Boortor ·

Ai DA hoe lekker laat julle my lag! Dink julle vir een oomblik dat cyril muis hierdie narre gaan aanspreek? Dink weer n keer!

Fedup ·

The da is wasting time; money and their breath. cyril’s handlers will not tolerate him interfering with their big plans.
Just give it up already.

Alida ·

Daar is baie redes hoekom CR nie optree teen NDZ en Cele nie. Hy kan nie alleen besluit nie.

Daniël Hendrik ·

Enigiemand wat in die regte SAW gedien het in die 70’s en 80’s sal verstaan dat die kommunis regeer deur intimidasie en vrees. Onthou ook dat in sosialistiese kringe lyk elke ‘barfight’ se meriet en samewering verskillend: vandag se vyand kry jy môre weer nodig. Dit gaan in hulle psige nie oor integriteit en etiek nie, maar oor ‘oorlewing’, en hierdie aflos-stokkie gaan hulle nie maklik laat los nie. Ongelukkig

Tienie ·

Ha ha ha. Dit laat my dink aan n storie wat ek gehoor het na 1994 van een poletiekus wat aan n ander een n storie vertel het waar hy Leeus in plaas van Donkies voor n wa ingespan het.

Dit was blykbaar heel makik gewees. Maar hoe span jy hulle uit. DIT gaan nie so maklik wees nie.

Die “antie” wat so van Zol praat op Nationale TV sal nie so maklik uitgespan wil word nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.