Ramaphosa hof toe gesleep oor dienslewering

Frankfort se naambord. (Foto: Facebook/ Namahadi, Frankfort -Fefethu)

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die Mafube-sakeforum vat pres. Cyril Ramaphosa en 16 ander respondente Donderdag in die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein aan ten einde dienslewering in die Mafube- plaaslike munisipaliteit – spesifiek in Frankfort – te verseker. Frankfort, Tweeling, Villiers en Cornelia word deur dié munisipaliteit bestuur.

Die Mafube-sakeforum bring dié hofaansoek namens die inwoners van Frankfort. Die oogmerk met die hofsaak is om belangrike regsbeginsels te vestig wat aan gemeenskappe die reg gee om munisipale dienste te bestuur in gevalle waar munisipale dienslewering in duie gestort het.

Volgens die applikante ontvang inwoners van Frankfort, die tuisdorp van Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, geen munisipale dienste nie en is die munisipaliteit amptelik bankrot. Slaggate, gereelde watertekorte, ’n gebrek aan vullisverwydering en ’n wanfunksionerende rioolstelsel is maar enkele van die probleme wat inwoners van dié dorp ervaar. Die munisipaliteit het ook vir etlike jare geen munisipale rekeninge aan inwoners gestuur nie.

Meer slaggate as pad in Frankfort. (Foto: AfriForum)

Jacques Jansen van Vuuren, skakelbeampte van die Mafube-sakeforum, sê daar word vir omvattende regshulp gevra. “Ons versoek onder meer ’n bevel wat ons die reg sal gee om vir ’n beperkte tydperk ’n verskeidenheid van munisipale dienste te bestuur, totdat daar vanaf nasionale vlak ingegryp word om dienslewering reg te ruk. Hierdie bestuursdienste sal teen vergoeding uit die staatskas gelewer word.”

Die forum hoop om ’n gunstige hofuitspraak te kry ná ’n jarelange stryd met die munisipaliteit om basiese dienste te lewer. “Die gemeenskap is eenvoudig siek en sat vir leë beloftes en korrupsie,” sê Jansen van Vuuren.

Morné Mostert, bestuurder van plaaslike regeringsake by AfriForum, sê hoewel plaaslike owerhede outonoom is, is daar steeds binne die Grondwet ’n oorsigbevoegdheid van die provinsiale regering om te verseker dat dienste gelewer word.

“In hierdie geval was die provinsiale regering bewus van die munisipale probleme, maar niks is egter daaromtrent gedoen nie. Dít is waarom hierdie verpligting om dienste te verseker op nasionale vlak berus. Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake en uiteindelik die president moet tussen beide tree indien die staat nie aan die grondwetlike maatstawwe voldoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JohanR ·

Kyk nou hoe hulle sal “duck en dive!” That be the ANC way…..

Pietertjie ·

Dis die beste waartoe die ANC in staat is. Moenie iets beter deur hulle verwag nie.

Althes ·

Maar ons wil nie so lewe nie. Ons het ñ reg dat ons belastinggeld effektief aangewend word vir dienslewering.

Pablo ·

Al wen julle die saak, daar gaan niks van kom nie. Dis alles kolonialisme se skuld dus is hulle reg en almal verkeerd.

Dup ·

Ons land se infrastruktuur gaan ten gronde maar dit pla nie die regerende party en sy meelopers nie.Al afleiding wat ek kan maak is dat hulle so wil lewe.Vullis en rioolwater in die strate en ñ algemene verval van munisipaliteite.Miskien is dit om die nuwe dorpsname te laat aanpas met die agteruitgang van dorpe. Doet so voort ANC,julle het ñ “wen resep”…..

Androclus ·

ANC is op soek na die ou grondpad stelsel,hulle sê teerpaaie ry nie lekker nie ahahaahaaa

Jacobus ·

Die ANC het hierdie land in die 26 jaar wat hulle regeer met 40 jaar terug gevat. Alles soos elektrisiteit,paaie,spoorwee, water, ens ens, is die land agreruit. Gaan soos die res van Afrika lyk.

My siening ·

ANC julle was in 1910 korrup en in 2022 die korrupste staat in afrika en wragtig hulle is trots daarop nê cyrel!!!

Benn ·

Eks bly iemand doen iets omtrent die swak dienslewering. Hoop julle wen!

Sarel ·

Emfuleni volgende?
Infien uitspraak niectdn gunste van die ANC ia nie sal gesppelerr word tit by diue Grondwethof..en dit mag jare
duur…sterkte en.ons is by en agter julle

Johan ·

Die Vrystaat se paaie is ook in n vreeslike toestand, iemand is tog verandwoordelik en word betaal om dit in stand te hou. Net bly hul het n Nuwe Suidafrikaanse naam vir hul “munisipaliteit”…moes dit sommer Masipa genoem het.

Raadsman ·

Ek hoop ons dorp kry ook ‘n forum in plek en volg spoedig in hul spoor om die munisipaliteit hof toe te vat en ek weet daar is ook baie ander dorpe wat sal volg.

Waarnemer ·

Ag nee mense,wat gaan julle doen as julle president skuldig bevind word en in die tronk gegooi word?Wie gaan dan die land verder die afgrond in bestuur?En neem kennis,hy sal ook soos Schabir en Zoempie mediese parool kry,dan gaan hy wraak neem en weier om verder die land te regeer.Julle moet mooi dink voor julle julle president en sy lakeie hof toe sleep.

Ontnugterde senior ·

Ek dink dit is hoogtyd dat al die munisipatiteite Ramaposa verandwoordelik hou vir die dienslewerings probleme. Ons het die afgelope week van Vrydagnamidag tot Dinsdagaand 9:30 gee krag gehad in Kempton Park nie. Die mense wat nie kragopwekkers het of dit kan bekosting nie het groot skade gely en wie gaan daarvoor opdok? Selfs die wat wel kragopwekkers het moes honderde rande se brandstof aankoop. Dit is ‘n probleem wat al lank aankom want daar is kort kort kabel probleme, en ons is nie die enigste munisipaliteit wat sukkel nie. Dele van Vereniging gaan 12 of meer week sonder krag wees na ‘n transformator opgeblaas het.
Kan Agriforum en Outa asb help om die probleem aan te spreek.

Charl ·

Frankfort julle gaan nog vir lank ”siek en sat” moet bly want soos met al die ander lee beloftes deur ramamparra & kie…..gaan niks gebeur nie ! Dis al te veel bewys.

Chris ·

Vis vrot van sy kop af ondertoe…….kyk na ANC leierskap dan sal jy patetiese dienslewering ook sien. Hulle kan dan nie eens hulle eie mense betaal nie. ANC moet besef die skrif is lank reeds aan die muur, uurglasie het leeggeloop. Daar kom ‘n “massive wakeup call” vir die regering as hulle gedink het hulle kan onbepaald die land so voortbestuur. Lallaland word een van die mooi dae kanselleer en dan gaan daar retribusie wees vir al hulle wandade en misdade teen die mensdom! Hulle het letterlik miljoene der miljoene mense se lewens vernietig deur hulle wanbestuur, korrupsie, onbekwaamheid, onbevoegdheid, arrogansie, gierigheid, grootheidswaan en beterweterigheid. Kry vir julle pappie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.