Ramaphosa moet ‘rassistiese’ wet oor raskwotas herroep

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

In ʼn land waar sewe uit tien jong mense sonder werk sit, gaan voorgestelde raskwotas tot verdere werkloosheid en armoede bydra, sê Tertuis Simmers, die DA se provinsiale leier in die Wes-Kaap.

Die DA verwerp die onlangse wysigings aan die Wet op Billike Indiensneming wat die indiensneming van bruin en Indiër Suid-Afrikaners in sekere ekonomiese sektore en provinsies verbied.

“Hierdie rassistiese wet eggo die apartheidsera se Groepsgebiedewet deurdat dit sekere groepe mense tot spesifieke gebiede en werksgeleenthede beperk,” sê Simmers.

“Pres. Cyril Ramaphosa, wat hierdie wet vroeër vanjaar onderteken het, kan nie aanspreeklikheid ontduik vir sy rol in die insluiting van hierdie raskwotas in private werkplekke nie.”

Die DA vra dat Ramaphosa Vrydag tydens ʼn presidents-imbizo in die Paarl die geleentheid gebruik om die “rassistiese kwotawet” summier te herroep.

“Indien hy dit nie doen nie, sal die Wet op Billike Indiensneming ongetwyfeld rassespanning aanwakker, tot meer werkloosheid en meer armoede lei,” waarsku Simmers.

Die DA doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners, sake-eienaars en werknemers om hul beswaar teen hierdie rassekwotawet in te dien deur ʼn e-pos te rig aan [email protected], [email protected] en [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Harley Davidson ·

Net soos apartheid is hierdie verkeerd en moet nie langer geduld word nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime doen wat hulle wil. Die uitslag van volgende jaar se verkiesing is reeds bepaal: ANC: 53.8%.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien dit 53.9% of meer is sal almal die resultaat bevraagteken. Die OVK hou dit eerder geloofwaardig.

Elizabeth ·

Ek kry die indruk hy weet en verstaan nie aldag wat hy teken????wonder of daar iets in sy water is?

George ·

Hy weet goed, hy ondersteun die al vir jaaaaare voor hy president geword het. Hy is die een wat Malema oortuig het om EFF te stig en die ANC YL te laat gaan, sodat Malema kan doen wat hy wil sonder dat hy of die ANC hoef optetree.

JohanR ·

Hoekom word soe wet in die eerste plek ter tafel gele. Nee my gooiste die ANC moet in 2024 @Voertsak!

annie ·

Rassaphosa sal meer en meer tevoorskyn tree soos die volgende verkiesing naderkom. Soos Zuma sal hy nog ‘n hele wilde hase uit sy sitbank op Phala-Lala pluk en hulle gaan ok nie goedkoop wees nie.

Agie@toeka ·

Lekker laat die opskrif my lag!! Want dis presies wat hy doen hy LAG dit af!!

ES ·

Hierdie hele wysiging is absurd. Dis asof die hele ANC al hoe meer radikaal raak voor die verkiesing – hulle weet hulle gaan in die moeilikheid wees by die stembusse volgende jaar, so hulle maak al hoe meer belglike veranderinge aan die landswette.

George ·

Sodra jy 40 mense het, skep n tweede maatskappy om ander onder te plaas. Moet nooit meer as 49 he nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Almal op ‘n enkele perseel. Die een maatskappy se halfvoltooide produk gaan na ‘n volgende maatskappy, en dan na volgende een. Boeke word apart gehou. Labour se goverment inspector sal dit nie mooi verstaan nie.

Brombeer80 ·

BEE en AA jaag die land in die afgrond in en die res van die land soek werk in die buiteland waar hulle beloon word vir hul kennis, in plaas van hul entniese voorkoms. CR glo ek nie, weet so lekker wat hy weggooi met sy cANCer wette nie.

Hector ·

As ‘n groot Afrikaner vriend, wat al omtrent so ‘n 25X deur Suid-Afrika (èn Namibia) getoer het, het ek steeds geglo die apartheid is definitief verby en uit, met dank aan die groot staatsman Mandela en sy troue kompaan Ramaphosa, maar blykbaar het ek verkeerd geglo of tpg minstens voorbarig, want dit lyk of dit gaan nou eers begin! Is dit nou een van die kenmerke van Afrika-humor? Hahaha!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.