Ramaphosa ondersteun Die Stem in die volkslied

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag in die parlement sy steun uitgespreek vir die behoud van die deel uit Die Stem in die nasionale volkslied.

Hy het geantwoord op ‘n opvolgvraag oor nasionale versoening deur die EFF-LP, Reneilwe Mashabela, wat wil hê die deel uit Die Stem moet uit die nasionale volkslied verdwyn.

Ramaphosa het nie met haar saamgestem nie en het aangevoer die saamgestelde volkslied is een van die aspekte wat alle Suid-Afrikaners maak wat hulle is. “Ek dink ons volkslied in vier tale verteenwoordig en verenig ons. Soos wat party mense moet ophou om Die Stem teen te werk, moet ander hul Vierkleure wegpak,” aldus Ramaphosa.

In ‘n hoogs onverwagse wending het die EFF-leier, Julius Malema, gesê sy party het geen probleem met Afrikaans as taal nie en sing graag in Afrikaans, maar hul beswaar is teen Die Stem as apartheidsimbool. “Die Stem moet weg,” het Malema in aksentlose Afrikaans gesê.

Die aanvanklike vraag oor versoening is gevra deur die VF Plus-hoofsweep, dr. Corne Mulder, wat dit gehad het daaroor dat minderhede vervreemd voel en dat die VF Plus daaroor met die president wil onderhandel. Ramaphosa het homself bereid verklaar tot “kampvuurgesprekke” met die VF Plus.

Vroeër in die presidensiële vraag- en antwoordsessie het die vonke gespat toe die DA-leier, Mmusi Maimane, vir Ramaphosa gevra het oor die voorstel om pensioengeld te gebruik vir Eskom-skuld. Die DA beveg dit. Ramaphosa het gesê dit moet oorweeg word. In ‘n belangrike wending het dr. Mbuyiseni Ndlozi die EFF vereenselwig met die DA se teenstand teen die plan.

Dieselfde het gebeur toe Ramaphosa vrae beantwoord het oor die omstrede te stigte nasionale gesondheidsversekering. Die DA, die IVP en die VF Plus het hul teenstand teen die plan sterk benadruk. Toe gee die EFF se adjunk-hoofsweep, Hlengiwe Mkhaliphi, die sterkste aanduiding tot dusver dat die EFF ook teen die plan in sy huidige vorm is (die EFF-LP dr. Suzan Thembakhwayo het ook al in daardie rigting gepraat) deur te sê Ramaphosa moet eers daarop fokus om die huidige staatsgedrewe gesondheidstelsel reg te ruk voordat nasionale gesondheidsversekering aangepak word.

Ramaphosa het geantwoord dat die nasionale gesondheidsversekering wel nodig is, maar dat die regering die ene ore is oor moontlike implementeringswyses.

Die IVP se Mkhuleko Hlengwa het gevra oor grondhervorming, en oor gebrekkige openbare deelname rakende die toekoms van die stamgrond wat val onder die Ingonyama-trust in KwaZulu-Natal. Ramaphosa het bevestig dat koning Goodwill Zwelethini van die Zoeloes ‘n brief aan hom geskryf het oor die onderwerp en dat ‘n hele string kabinetsministers met die koning daaroor gaan onderhandel.

Namens die DA het Maimane uitgewys dat die konstitusionele hof hierdie week nogmaals bevind het dit is die regering se onbekwaamheid wat grondhervorming terughou. Ramaphosa het die punt toegegee en gesê die regering sal in die toekoms beter vaar.

Tammy Breedt van die VF Plus het gevra of die kabinet ook die minderheidsverslag deur Dan Kriek en Nick Serfontein van die presidensiële taakgroep oor grondhervorming sal oorweeg, bykomend tot die meerderheidsverslag, en Ramaphosa het die versekering gegee dat hulle dit sal doen.

In die vierde verrassende EFF-wending van die dag het Malema aangedui dat sy party nie tradisionele (oorgeërfde) leierskap as demokraties houdbaar sien nie.

Maimane het namens die DA gevra of Ramaphosa ‘n kommissie van ondersoek sal aanstel na skenkings aan die CR17-veldtog wat tot sy verkiesing as ANC-leier gelei het. Die president het gesê hy sal wag vir die hofuitspraak in daardie verband.

Malema het namens die EFF gevra wat Ramaphosa se probleem is daarmee om sy skenkers te identifiseer en die president het gesê hy sal dit net doen as almal dit doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Natan ·

Wat is nou fout met die Vierkleur, waar kom dit in? Die Transvaalse Vierkleur verwys na my stamland en die vlag het gepronk op Amajuba. Ramaphose se Engelse geldskieters haat seker die vlag.

EN wat van die Venda vierkleurvlag met sy kenmerkende V, toe Venda deel was van die TBVC lande tydens Apartheid. Amper elke Venda-voertuig in Pretoria ry met die vlag op sy agterkant rond. Die kan maar bly? Selektief. Rassehaat.

Jacques ·

Jy is of vir iets, of teen iets.
Tot dusver was julle nog almal teen Afrikaans.
Vergeet maar die verkleurmannetjiespel.
Ons val nie daarvoor nie.
Die Stem (in die volkslied) moet val.

Manie van Worcester ·

werk nie by my, eks nie n donkie en ook nie goedgelowig nie

Me too ·

Ek stem 100% saam met C R die stem moet bly, maar ek wil baie graag n voorstel maak. Ek is n groot voorstander van eenheid,, soos die reĕnboognasie ook genoem word, en daarom is my mening dat die volkslied moet herskrywe word, daar is 11 amptelike tale, Hoe kom net 4 gebruik? Kom ons laat waai,

Skoolgeld ·

Jy verstaan nie eers behoorlik wat jy in jou eie taal sê nie, hoe gaan jy weet wat jy jy in die ander 10 tale sing ?

Kallie ·

Ek stem saam. ‘n Volkslied met elf kort reels. Elkeen in ‘n ander taal. Nee, maak dit eerder 13, want koisan en gebaretaal kort ook ‘n plek.

Mossie ·

Die woord nkosi beteken god. Weet jy hoeveel gode wandel in Suid-Afrika? Elke 2de janrap en sy maat se van is nkosi. Ek het nog geen Afrikaans sprekende blanke teegekom wat se van God, Here, Christus of Jesus is nie. So vir watter gode sing jy die lied. Hoeveel gode moet Suid-Afrika sëen?

B ·

Persoonlik sou ek verkies dat Die Stem weggelaat word, jy weet, pêrels voor die sweine…

Nel ·

Louis wat maak dit saak of Langenhoven ‘n Vrymesselaar was of nie? Die Stem is destyds geskryf om aan die Afrikanervolk ‘n lied te gee. ‘n lied in Afrikaans wat hulle bymekaar kon bring (na die verdeeldhede van die Anglo Boereoorlog, die Rebellie en ander politieke ontstuimighede van daardie jare) en tot ‘n eenheid kon bind en daarin het hy uitmuntend geslaag.
Enoch Sontonga het met die skrywe van sy Xhosagesang ‘Nkosi Sikilele iAfrika’ ‘n lied geskryf om as gelowige God te dien en nie geweet dit gaan misbruik word as ‘n ‘struggle’ lied nie.. en tog sing jy dit uit volle bors! My punt is- of ‘n vrymesselaar die een volkslied geskryf het en of ‘n Christen die ander een wat misbruik word as ‘n proteslied geskryf het bly die aanvanklike bedoelinge daarmee bo verdenking en spreek beide tot my as Afrikaner en Suid Afrikaner.

Merie Perd. ·

En wie of wat is die nelson mandella stigting nou eintlik.
Na my mening verteenwoordig hulle glad nie, vrede, liefde, same werking, verdraagsaamheid, of nasiebou nie. Hoekom mag hulle of die eef voorskryf hoe die land regeer moet word. Ek het nog nooit so n klomp haatdraende mense gesien nie. Sies man, hulle het alreeds die helfte van die land se breinkrag weg gejaag is die 50 miljoen van hulle nog steeds bang vir die handjie vol blankes wat nog in die land is? Die ou gesegde se:” jy kan my lewe neem, maar my geloof en my trots kan jy nie van my wegvat nie.”
Ons sal maar soos n Paulus in die tronk ons God en voorvaders aanhou loof en prys.

rina ·

Ag malema los tog asb ons uit jy blaf aanhoudend oor dieselfde ou storie. Genade dis nou al vervelig ……

Grassie ·

Iewers was iets belpan sodat dit kan lyk asof daar hoop is, ek glo niks van wat gesê is nie. En die spul is almal ‘n klug!!

Die oorsproklike Grassie ·

Asseblief “Grassie” hou op om my skryfnaam van die afgelope 5 jaar te gebruik. Jy skryf soms goed waarmee ek nie saamstem nie en dit veroorsaak verleentheid as my vriende en familie dit lees.

Vlakvark ·

Tradisionele (oorgeërfde) leierskap en koningskappe is tipies die uitgediende Middeleeuse feodale stelsel waarin die onderdaniges in ‘n vorm van onderdanigheid gehou word. Die stelsels moet summier afgeskaf word. En geen regsland kan twee regstelsels akkommodeer nie. En waarom nog belastingbetalersgeld op koningskappe en kapteinskappe vermors? En dan sal die onderdane hopelik uit eie innerlike oortuiging vir politieke kandidate van hul keuse kan stem. #WegMetFeodalisme,

Budgie ·

Onthou … die padda in die pot … hy en die cANCer speel met ons. Hy wil net dat ons gewoond raak aan die vlag-storie en na ‘n ruk sal hulle Die Stem takel … gaan kyk vanaf 1994 … word wakker my mense

Bees ·

@Phillip,

Dan borsel jy mooi jou kleine tandjies. Gaan slaap verder of gaan lees ‘n boek

Vlakvark ·

Op welke basis het besluitnemers besluit daar is 11 tale in SA? Etlike van die “tale” vorm die Nguni-taalgroepering en andere weer die Sotho-groepering wat wesenlik van die Nguni-groep verskil. En wanneer kwalifiseer ‘n “taal” as ‘n taal om in ‘n nasielied opgeneem te kan word? Wetgewing oor 11 tale is nie noodwendig ‘n weerspiëling van die werklikheid nie.

Nakkie ·

Persoonlik wil ek nie die Stem sing nie. Wat spreek ons oor onsself uit as ons sê ” ons sal lewe, ons sal sterwe”. Pluk ons nie nou die vrugte hiervan nie? Woorde het krag, sê die Bybel.

Pieter ·

Hoekom kla almal so julle gee vir hulle geld om te mors ou cyril en die anc weet die wit mense hulle praat net baie ons sal en gaan nooit wakker skrik nie

Eunice ·

Trotse hardkoppige afrikaners,weier om DÍT te glo, NAKKIE!
En weet gladnié eers,dat CJ LANGENHOVEN ook n vrymesselaar was!
En besef nêrenste ini Woord staan jy moet n vlag en lied hê en aanbid!

Pieter ·

Kom ons noem ons maar self die donkie nasie want ons bly ons koppe stamp maar ons leer en luister nie

Louise ·

Ek stem heelhartig saam. Die Stem is geskryf deur ‘n vrymesselaar en die lied het geen verwysing na God nie. Skrap dit asb

Jimmy ·

Die Stem is ‘n gedig wat uit vier verse bestaan. Elke vers het ‘n tema. Langehoven het die vierde vers later onder druk gedig sodat erkenning aan God gegee word. Hy het dit teensinning gedoen.

Gaitsigubib ·

Ek dink jy is in die kol Nakkie. Dis omdat hulle so blatant gelieg het toe hulle hierdie gebed gesing het. Was jy een van hulle?

Eunice ·

Trotse hardkoppige afrikaners,weier om DÍT te glo, NAKKIE!
En weet gladnié eers,dat CJ LANGENHOVEN ook n vrymesselaar was!
En besef nêrenste ini Woord staan jy moet n vlag en lied hê en aanbid!

Frm ·

Dit is mos hoe n kommunistiese political commesaar moet praat. Hy maak net een fout en dit is dat die witmense hul nie aan sy propoganda steur nie.

potlood ·

Hierdie ou is so sluimerig soos ‘n paling… Actions speak louder than words!!!

Magda ·

Geen Afrikaans in die Landslied nie – dan het ek wat Afrikaans praat NIE n landlied nie en sal NIE opstaan as dit gesing word nie.

Anni ·

Ek gee geensins om Wat hul met di ANC se volkslied dun ni. Dit was en is nog nooit my volkslied ni. ANC vlag is ook ni my vlag ni. Ek het vir geen van hierdi of enige veranderinge in hierdi land gestem ni. So karring maar aan cyril.

Nic Claassen ·

Persoonlik voel ek Die Stem moet weg gelaat word. Die ANC en die res van die meelopers erken tog nie Afrikaans of die Afrikaner nie. Dit is tog duidelik met al die beleids veranderinge wat sedert 1994 gedoen is. Daar is nie plek vir Afrikaans nie. War CR praat en doen is twee verskillende dinge. Haal maar die Stem gedeelte uit en sit Bobbejaan klim die berg in.

blouapie ·

@ANC -Bly daar is darem nog een afrikaans sprekende wat op cr trots is!
Maak tog jou oge oop en lees MM!

Gaitsigubib ·

Ek glo nie jy praat die taal nie Nel, jy ootruig my dus glad nie. N mens word in gebed een met God en hoe jy dit bewerkstellig in n vreemde taal verbaas my nogal, mits jy nie die waarheid praat nie.

Jimmy ·

Deur die Stem te steun hou Ramaphosa hom besig met haatspraak. Kla hom aan!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.