Ramaphosa regverdig R2 miljard vir BBP-beskerming

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het blykbaar geen probleem daarmee dat byna R2 miljard van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se begroting bestee is aan beskermingsdienste vir kabinetsministers, adjunkministers en ander hooggeplaastes nie.

Hy dink ook nie dis hoegenaamd nodig om Bheki Cele, die minister van polisie, in die pad te steek nadat daar sedert sy aanstelling in 2018 elke jaar R600 miljoen aan spyseniering en verblyf vir polisiebeamptes bestee is nie.

“Soos alle ander uitgawes in die SAPD se begroting, is spyseniering en verblyf ʼn normale deel van die koste van die bestuur van ʼn polisiediens. Daar is geen rede om ʼn minister te vervang op grond van uitgawes wat deel vorm van die operasionele vereistes van ʼn polisiediens nie.”

Dít was Ramaphosa se antwoord op ʼn onlangse parlementêre vraag van John Steenhuisen, leier van die opposisieparty.

Steenhuisen het die president in dié vraag spesifiek gepols oor die bedrae wat aan spyseniering en verblyf bestee word terwyl “speurders en reserviste verminder word” en al hoe meer Suid-Afrikaners verkrag en vermoor word.

Ramaphosa het egter in sy antwoord volgehou dat die uitgawes “aangegaan is in die vervulling van die grondwetlike en statutêre verantwoordelikhede van die polisie”.

Dít sluit in gevalle waar polisieministers weg van hul normale werkplek ontplooi en gehuisves word soos met die onluste in KwaZulu-Natal, reaksie op die Covid-19-pandemie en die beveiliging van die nasionale en plaaslike regeringsverkiesings, het hy verduidelik.

Beskermingsdienste vir ministers

Steenhuisen wou óók by die president weet hoe sy regering die besteding van byna R2 miljard aan beskermingsdienste vir ministers, adjunkministers en ander hooggeplaastes regverdig.

Ramaphosa het hierop geantwoord dat die beskermingsdienste maar 2% van die polisie se begroting uitmaak. Hy het ook gesê dit is algemene praktyk in jurisdiksies oor die hele wêreld dat voldoende beskerming aan amptenare gebied word wie se persoonlike veiligheid moontlik in gevaar kan wees weens die posisies wat hulle beklee.

Dit sluit in die voorsiening van beskermingsdienste vir die president, adjunkpresident, voormalige presidente en voormalige adjunkpresidente, besoekende staatshoofde en hul gades, asook 62 nasionale hooggeplaastes.

Dié hooggeplaastes sluit volgens Ramaphosa 28 ministers, 34 adjunkministers, die speaker van die parlement, die adjunkspeaker van die parlement, die voorsitter en ondervoorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, 124 provinsiale hooggeplaastes, waaronder premiers en LUR’e, asook ad hoc- en buitelandse hooggeplaastes wat Suid-Afrika besoek.

Daar word ook beskermingsdienste verskaf aan die hoofregter, die voormalige hoofregter, die regters van die Konstitusionele Hof, regters-president en president van die hoogste hof van appèl.

Die polisie se algehele begroting vir die 2022-’23-boekjaar beloop R100,695 miljard waarvan R3,496 miljard vir beskermings- en veiligheidsdienste is, wat die BBP-beskermingseenheid insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Nie Verbaas ·

Altyd tyd vir n ou storie nê Ramapara. Dit alles terwyl sommiges polisiestasies nie ligte of werkende toilette het nie. Welgedaan, net so slim Soos Cele.

Papsak ·

Beskerming weet Ramaphosa wat beteken beskerming maar hy het geld om te mors vir dit maar as boere en ander vermoor word dan vat dit nie aan Ramaphosa nie hy nie n Oresident g* t nie maar o ja gekd wil hulle vir gemors gebruik

Nicky ·

Steenhuisen jy kan net so wel met die muur praat, luister gaan hulle beslis nie

Stoffeltjie ·

Kaders – hoe dan nou anders. Hulle sorg vir mekaar.

Madeleine ·

Die leiers gee niks om vir due mense onder hulle nie!! Skande!!

Hendrik ·

Ons en veral die politisie moet dit tog teen die tyd verstaan. In Afrika SA beslis ingesluit gaan dit uit en uit oor swartbemagtiging. Al sou die ekonomie totaal vervalle wees sal daar steeds die onbegryplike wanbesteding ten gunste van die swart maghebbers wees. Niks sal dit verander nie want n gebrekkige selfbeeld wat tot uiting kom in magsbehebtheid le ten gronde daarvan.

Annelie ·

Hierdie besluit van hom word opgeskryf en eendag sal hy moet antwoorde gee aan n baie groot Meester oor hoekom daar soveel mense honger doodgaan en vermoor word vir hul laaste geld

Elméne ·

Jip, hy en sy kaders besef nie dat daar ‘n Lewende God is waar hulle verantwoording sal moet doen vir hul dade nie!

KatjieDeKat ·

Natuurlik gee Mnr Ramaphosa nie om nie. Want hy gee nie om vir Suid Afrika nie.

Porseleintjie ·

So jy reken een lewe is belangriker as n ander? 2 Miljard om iemand anders te beskerm? Dit terwyl jou land in ellende gedompel is. Mense sterf van honger, slaap op straat. Bykans geen mediese hulp nie, boere word uitgemoor en jy mors geld op snert? En jy, jy regeer ons land??? Klop jouself op die skouer. Almal sien wie en wat jy is.

Jacobus ·

Sal nie R10 aan die sotte spandeer nie! Die terwyl fluitjieblasers heeltyd oor hulle skouers moet kyk! !iskien is Cele persoonlik vir Ramaphosa soveel werd terwyl burgers en boere glorie! Skande!

Swerwer ·

Tipies, hul kan moor en maak net wat hul wil maar daar moet geld op hul veiligheid spandeer word, sjame so ‘n klomp lafaards

Frank John ·

Hulle moet beskerming hê teen die mense van SA want hul gee sulke swak diens en verwag dat mense hulle leed wil aandoen. Hahahaha
Ek sal ook maar bang wees as ek doen wat hulle doen.

Pietertjie ·

Met daai begroting erken die spul eintlik dat ons land ‘n kriminele nes is. Die geld wat op “beskerming” gespandeer word, is dus ook krimineel van oorsprong.

Wondermaarnet ·

Daar is mos nie ‘n probleem in ons land nie so hoekom moet hulle beskerming kry? As daar ‘n probleem is, moet dit mos aangespreek word. Is dit die rede hoekom dit van die VSA moes terugkom en die reis kortknip?

Manie ·

Wie in die regering is belangrik genoeg om ‘n BBP genoem te word?

Miena ·

En wat van die grondwetlike en statutêre behoefte / regte van die normale SA Burger? Ek glo dat as die eenhede wat destyds op die been gebring was a.k.a. Skerpioene, dieFamily violence, Child protection, and Sexual offences (FCS), SANAB -SA Narkotika Buro (anti-narcotics unit), nie toegemaak was deur destydse Komm. Jackie Selebi nie – dan kon SA dalk n beter “baseline” van misdaad wys wat werk. As Mthethwa by sy woord gehou het en belofte gestand gedoen het en die herinstelling van die FCS eenheid, wat ten volle operasioneel sou wees Mar 2011 dan was dit (myns insiens) nie nodig om vandag so baie geld te spandeer vir VIP Protection nie – want die teen-misdaad eenheide het 100% gewerk. Dit was bewys oor en oor deur groot name m.b.v. hul taakspanne (wat ongelukkig uitgeplaas was na verskeie polisiestasies toe) dat n misdadiger nie kon (lank) wegkruip vir die gereg nie. Jammer Mnr President & Kie – dat jy (julle) so onveilig voel in jou eie land. Hoor graag jou opinie hieroor…

Snuffelgids ·

“dit is algemene praktyk in jurisdiksies oor die hele wêreld “. Het daai lande ook sulke werkloosheid syfers, het hulle ook die probleme wat ons het? Appels met Appels vergelyk my maat

Kokerboom ·

Kan ‘n mens so bang wees vir jou eie mense?…terwyl hordes honger ly of geen huise het!!!

Jakes ·

Ramaphosa stel net daarin belang om Biden se hand vas te hou soos in die pers gewys. Wat ontstellend maar gelyketyd verblydend is, gaan Ramaphosa uitgestem word deur kopdoek so ons sal ontslae wees van hom en dan met haar mannewales opgeskeep wees. Hy sal dan genoeg tyd he om nog dollers in ander meubelstukke te laat verberg op sy plaas Phala Bala.

annie ·

Cyril se loopbaan draai op ‘n mespunt en rus en vrede in die land sal soos Kersfees nader al meer riskant word ná die virus, ekonomiese afplatting plus Eskom wat oorkook van te min spesialis-aandag sedert 1994. As die polisie nie happy gehou word nie, is chaos en sy trawante op hul stukke. Daarom…

Nie Verbaas ·

Ek het in die begin gedink Ramaphosa sal ten minste beter as die ander wees aangesien hy n “sakeman” is. Min het ek toe geweet dat hy alles op n skikbord gekry het en net so dom soos die ander is.

Hannes ·

Hierdie manne “blaas” ons belasting geld sonder om ‘n oog te knip. Verder betaal hulle “covid grants” aan ‘n groot gedeelte van hulle stem basis, ook uit ons belasting geld. Die huidige diefstal kan nie volhoubaar bly met ons belasting geld nie. Ek verstaan nie hoe hulle nie verantwoordelik gehou word nie.

Rocco ·

Die onbevoegde parlementslede is nie bang nie – dit onderstreep hul skyn ‘belangrikheid’ om met motors, wat blou flitsende ligte het, vervoer te word. Dis als net om ander te beindruk – doen inkopies met vier swaargewapende wagte – dis lagwekkend.

Herman L ·

Die beskermingsdienste kry 2% van die polisie se begroting. Watter persentasie van die bevolking bestaan uit mense wat so belangrik is dat hulle opgepas moet word?

Cornel ·

As mens niks gewoond is nie, kan daar nie waarde gekoppel word aan syfers nie

Jacobus ·

Ek wou nog altyd weet; hoekom het die leiers, vir wie mense gestem het, beskerming teen hulle ondersteuners nodig. Hoekom het Rama beskerming teen ” our people” nodig?
Leiers wat eerlik is, en daar is om die bevolking se belange te dien, sal nie vir beskerming vra nie, en sal die feit aanvaar dat sy lewe dalk in gevaar kan wees as gevolg van versteurde mense.
In die werklike lewe, word Mafia-leiers, altyd deur lyfwagte omring, laat mens dink!

Nico ·

Julle sit met hoeveel lyfwagte en die ander word vermoor, die belasting betaler moet daarvoor betaal, wat het gebeur in die apartheids jare, daar was geen lyfwagte nie. Ramaposa en Cele moet bietjie alleen ‘n misdaad, moord toneel en ‘n oproer gaan besoek, hulle sal nie.

Lillian ·

Waarvoor is julle bang? Julle kader Cele wil ons as publiek ontwapen, so ek sien nie die sin dan daarin dat julle ons belastinggeld so mors met hope sekuriteitswagte nie. Daar’s mos niks om te vrees in ‘n land met een van die hoogste misdaadsyfer in die wêreld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.