‘Ramaphosa se kabinet moet antwoord gee vir Eskom-skuldlas’

(Foto: Wiktor Szymanowicz/Anadolu Agency/AFP)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag gesê dat provinsiale en nasionale departemente – en nie net munisipaliteite nie – ook aansienlike blaam vir beurtkrag dra.

Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslikeregeringsake, meen die afskryf van Soweto se skuld aan Eskom gaan niks doen om die werklike probleem op te los nie en sê dat Ramaphosa na sy eie kabinet se prestasie moet kyk om die oorsaak van die staatsinstelling se finansiële krisis vas te stel.

Volgens Mostert beloop die munisipale skuldlas vir Eskom ongeveer R44 miljard.

“Hierdie skuld lewer ongetwyfeld ’n reusebydrae tot die finansiële krisis waarin die nasionale kragvoorsiener hom bevind en sy onvermoë om die nodige krag aan die land te voorsien.

“Die probleem strek egter veel dieper as die wanbetaling van munisipaliteite – en wel tot by provinsiale en nasionale regeringsfere se onvermoë om hul grondwetlike pligte uit te voer.”

Maroela Media het vroeër berig dat pres. Cyril Ramaphosa Donderdag in die parlement gevra is of hy wel Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, se planne om Soweto se kragskuld af te skryf, ondersteun.

Hierop het Ramaphosa gesê dat daar “’n balans in dié geval gevind moet word”. Volgens Ramaphosa moet die beginsel dat die verbruiker vir sy krag moet betaal, nagekom word, maar hy sê hy verstaan terselfdertyd die armer gemeenskappe in die land se lot met prysstygings.

“Hoewel dit ’n maklike manier vir die ANC is om politieke steun te werf, is die uitwerking daarvan dat Eskom en ander staatstrukture net verder in duie sal stort.  AfriForum sal só ’n besluit beveg,” sê Johan Kruger, AfriForum se hoof van gemeenskapselfstandigheid.

“Op nasionale regeringsvlak is die uitvoering van pligte net so power. Dit is dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se plig om te verseker dat alle rolspelers op provinsiale en plaaslike regeringsvlak moet saamwerk om die finansiële probleme op te los. Dít gebeur uiteraard glad nie. ’n Goeie voorbeeld is die nasionale tesourie wat geld aan munisipaliteite betaal wat armlastiges se munisipale koste dek.”

Mostert sê in baie gevalle word hierdie gedeelte nie eens deur munisipaliteite aan Eskom betaal nie.

“Dit is dus kritiek noodsaaklik dat Dlamini-Zuma haar magte as minister gebruik om te verseker dat die skuld aan Eskom betaal word.

“Die skrywers van die Grondwet het verwag dat bevoegde amptenare in provinsiale en nasionale regerings sal dien wat ingryping op plaaslike regeringsvlak sal kan toepas. Dit blyk ongelukkig nie die geval te wees nie.”

Volgens Mostert hou hierdie situasie verband met artikel 139 van die Grondwet.

“Hierdie artikel bepaal dat indien ’n munisipaliteit nie sy uitvoerende verpligtinge in terme van die Grondwet of ander relevante wetgewing nakom nie, die relevante provinsiale uitvoerende gesag die nodige stappe mag doen om te verseker dat die verpligtinge nagekom word. Wanneer daar na Eskom se groot munisipale skuldlas gekyk word, is dit duidelik dat die provinsiale ingryping uiters ondoeltreffend toegepas word.”

Petrus Coetzee, raadgewer vir plaaslikeregeringsake by AfriForum, sê een van die oorsake van die enorme skuldlas is die ondoeltreffende invorderingsmeganismes van munisipaliteite.

“Baie munisipaliteite vorder dus nie genoegsame geld in om hul rekening by Eskom te vereffen of enigsins af te betaal nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Isobel ·

Kom ons se dit maar die regering het n mislukking van die land gemaak op alle gebiede

Nie Verbaas ·

Vind terselfdertyd uit wat AREP se rol in die toekoms gaan wees in kragopwekking vir Suid Afrika. Dalk kom mense agter die kap van die byl hoekom Eskom besig is om tot niet te gaan. AREP behoort mos tog aan sy swaer, Motsepe.

Hasie ·

Die “hoog gepaasdes” wat krag kan betaal kry die krag gratis en die wat dit nie kan bekostig nie moet maar net betaal …lekker op die Soustrein. …

Wendy ·

Weet jy vandag is ek so moegggg om te hoor van die wet en daai artikel en en en!!! Siek en sat betaal aan kamtige krag wat ons verbruik — neee Ramaphosa ons het elke 3 tot 4 ure GEEEEN krag waarom moet ons aanhou betaal sodat die armes – en moenie n fout maak nie, waarvan ek nou een is , net moet uithaal en wys. Genoeg is nou genoeg man-en asof dt ni genoeg is is daar NOG n rentekoers verhoging opad !!!! Julle politikuste lag al die pad gee nie eers om wat v jul eie mense wrd nie wat nog te sè die wye publiek

Henk ·

Waar is die liberale linkses wat hierdie spul ondersteun? Hulle het destyds die denkende mense wat hierdie probleme sien kom het, afgemaak as verkramp. Julle liberales het baie om te verduidelik.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek, gewone vrydenkende burger, het geen vertroue in en respek vir enige ANC-leier van die verlede en hede nie. En dit sluit in president Cyril Ramaphosa. Tyd dat die goeie SA burgers ontslae raak van die ANC se kommunisties/rassitiese juk. Ons is moeg vir hierdie ANC gedrewe sirkus-demokrasie wat vir ons wil dink en besluit van die wieg tot die graf. En basta met die EFF.

Johan ·

Eksdom se skuldlas is nie die probleem nie, hul onvermoë om krag op te wek is die probleem…politici darem…gelukkig vir ons almal “kan die geld nie op raak nie.”

Lisma ·

So ons wat krag betaal moet nou meer betaal, en die wat nie betaal nie se skuld word afgeskryf!!!

Roelof ·

Uiteindelk die waarheid. ANC stadsrade se skuld aan Eskom is die oorsaak van die beurtkrag. Soos enige besigheid moet jy n inkomste he om te kan produseer. En dan gekwalifiseerde mense om dit te befryf.

Deon ·

Ons kan ook maar net wonder wat al die opposisiepartye in die munisipaliteite doen om te SORG dat ESKOM betaal word. Sit en skep ook maar seker net lekker saam. Die mense wat hulle daar instem om te sorg dat goeie regering gehandhaaf word betaal nou baie duur vir die gewettigde diefstal wat ons land oor die afgrond stoot.

Nico ·

Daar is net groep verbruikers wat betaal en die ander groep kry dit verniet, die ministers en president het nie beurtkrag nie, laat hulle dit ook voel, kan alles verniet kry nie. Kyk, die groot salarisse wat hulle kry. Eskom het lekker geld gevat en dan word ander skuld af geskryf, wat onregverdig is asof die regering ooit sal weet wat die woord beteken.

Papsak ·

Ek mos gese die ANC staan in die pad van eskom se bevordering daar kom dit nou uit laat hulle pastaan vir die gemors waarin hulle die land het onbevoeg om SA te regeer

Yvonne ·

Die regering het nie die wil of die ook nie die karakter om iets aan die verval te doen nie….hoe bitter tragies is dit nie

honeybee ·

En hulle is die eerstes wat staak en aan die brand steek as daar nie krag en dienslewering is nie.

Pietertjie ·

Die ANC is op leuens gebou. Wat gaan dit saak maak wat die “kabinet” te sê het?

Sanet ·

Hierdie regering het nou wraggies die land sy GAT laat sien!!!!! Ons moet krag betaal, Soweto kry dit verniet!!!!! Ons moet belasting betaal maar SARS het geen bekwame mense wat daar werk nie!!!!!! En dan word al die korrupsie onder die mat gevee en beloftes word gemaak dat alles aandag gaan kry!!!! Ramaphosa moet liewers maar die hele ANC onttrek uit die parlement!!!!! Hulle jaag net nog meer aan!!! Kan ek my werkstyd wat ek verloor deurstuur vir die parlement? Wie gaan my werksure betaal wat ek nie kan werk as gevolg van die ANC se korrupsie, diefstal, wanbestuur ens…………

Owlie ·

Waar gaan die antwoorde vandaan kom..
Watse antwoorde gaan dit wees…
Wat gaan gedoen word…

Johan Botha ·

Lets call a spade a spade…eskom word beheer deur korrupte bendes wat deur regeringsamptenare aangestel vir persoonlike gewin. Alle kundiges wat eskom se onvermoë om krag te voorsien om te keer, word weggewys en geïgnoreer omdat die hele kurrupsienetwerk dan blootgelê sal word.

Francois ·

Waarom word net Soweto se skuldlas afgeskryf? Dis pure rasisme en koop van stemme vir volgende jaar se verkiesing

Marcello ·

Hou op om Eskom te blameer, dit is omdat daar nooit geld beskikbaar was vir Instandhouding, dat Eskom nou in die gemors sit. So blameer maar die ANC en hulle gesante. Nie Ramaposa of enige bestuurder/Hoof van Eskom kan ‘n towerstaf swaai, en die probleem is opgelos nie, die probleem o.a is ook dat die mense met die nodige kennis weggedryf is deur Affirmative Action, en die personeel wat nuut in hul plek aangestel is, BESKIK NIE OOR DIE NODIGE KUNDIGHEID NIE. ” n Groot probleem is ook dat die minsister van Energie Sake, wat nie weet hoe Eskom se krag opgewek en funsioneer nie, hy kom uit ‘n Vakbond Agtergrond.!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.