Ramaphosa spreek land binnekort weer toe

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting binnekort die land toespreek om die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie deur te gee.

Die kabinet en die nasionale koronavirusbevelsraad het Dinsdag oor die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie vergader.

Phumla Williams, direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-​​inligtingstelsel, sê tydens die vergadering is die Covid-19-infeksiekoers en die vordering met die inentingsprogram bespreek. Die aangepaste vlak 3 van die afsonderingsregulasies wat tans van krag is, is ook onder die loep geneem.

“Die bevelsraad het ooreengekom dat die regering in die komende dae met politieke partye en die godsdienstige sektor sal beraadslaag oor die huidige afsonderingsregulasies,” het Williams in ʼn verklaring gesê.

“Na afloop van hierdie besprekings sal die president die land toespreek oor die pad vorentoe en die moontlike verslapping van regulasies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Willempie ·

Aaaag asseblief tog. Gaap..gaap . Gaap. Nie eens nuuswaardig nie.

Blomme ·

Hy is mos net die marionette Willempie. ANC se eie puppet!!

JohanR ·

Is eintlik NDZ wat die gesig masker se toutjies trek. Cyril is maar net die spreekbuis.

JohanR ·

Die aand se tweede sepie na 7de Laan. Soek ‘n naam….BlaBlaBroadCast miskien?

Mariana ·

Ons gaan nog baie lank in staat van beperkings wees. Dit sal nooit gelig word nie, nie terwyl ANC aan bewind is nie.

Louis ·

Nie eers dan nie Koos, nie eers dan nie. Dis mos te lekker om soveel mag te he …

Elinette ·

Ek voel asof ons hele land deel is van een bevolking wat in een groot stat woon. Die “ringkoppe” kom bymekaar, met die hoofman wat so daar op sy beesvel-mat sit, knopkierie in die hand, bier-kalbas in die ander … Dan roep hy luid uit, wat die “ringkoppe” besluit het, aan die res van die bevolking en almal ululeer …

Pietertjie ·

En nou moet ons almal in hoopvolle spanning die verskyning afwag. Dis afgesaag.

Samuel ·

Die grendelstaat sal nooit gelig word terwyl die ANC aan bewind is nie. Die vlakke van inperking sal wel verander.

annie ·

… en ons produseer eers teen jaareinde ons eerste covid-entstof. Baie ‘fases’ wag vir die volk met die magtige bevelsraad in beheerven die minister van handel en nywerheid dolgelukkig oor die slag wat hy geslaan het… mosterd na die maal. Die vraag is net, wie gaan entstof by ons koop? Afrika ontvang altyd gratis alles. Koop gaan hulle dus nie koop van ons nie. Europa het reeds ons J&J met ‘n storie weggewys.

Baardman ·

As jy nie inent nie, moenie kla oor die inperkings nie. As jy nie stem nie, moenie kla oor die regering se doen en late nie

Jack ·

Jammer ek luister nie meer na sy refrein nie. Woorde en dade klop nie en dit is waar sy geloofwaardigheid gesneuwel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.