Ramaphosa verdedig vir Cele

Pres. Cyril Ramaphosa tydens ‘n vraag-en-antwoordsessie in die parlement. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het gister tydens ʼn vraag-en-antwoordsessie in die parlement vir Bheki Cele, minister van polisie, in die bresse getree.

John Steenhuisen, leier van die DA, het die opmerking gemaak dat Cele duidelik “moed opgegee het” om misdaad te probeer bekamp en dat die hoë vlakke van moord en verkragtings in Suid-Afrika dit bewys. Hy het veral verwys na Cele se opmerking ná die bendeverkragting by ʼn mynhoop in Krugersdorp, toe hy gesê het een van die slagoffers is “gelukkig” om net een keer verkrag te word.

“Die vraag is, as Cele die stryd laat vaar het om ons veilig te hou, hoekom het jy, die president, nog nie van hom ontslae geraak nie?”

Ramaphosa het geantwoord dat Cele se stelling verkeerd geïnterpreteer is. “Ek stem nie saam daarmee dat hy die stryd teen misdaad laat vaar het nie en veral nie geslagsgebaseerde misdaad nie. Hy is gedurig aan die voorpunt van misdaadbekampingsinisiatiewe en gewoonlik eerste op die toneel wanneer daar ʼn ernstige misdaad gepleeg is.”

Ramaphosa het gesê Cele was ook daar kort ná die voorval in Krugersdorp om na slagoffers om te sien en te verseker daar is wel inhegtenisnemings. “Hy werk nou saam met die polisiekommissaris. Gee hom die erkenning wat hy verdien.”

Volgens Ramaphosa besef die regering hoe ʼn groot probleem misdaad is en probeer dit aanpak so goed hy kan. “Ons fokus op misdaad en verskeie terreine soos onwettige mynaktiwiteite en geslagsgebaseerde geweld. Dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners veilig voel en die polisie fokus daarop om die hoë vlakke van misdaad in die land aansienlik af te bring en uit te wis.”

Hy het ook verwys na die voortslepende agterstand in DNS-toetse. “Die agterstand in 150 000 toetse is kommerwekkend, maar Cele het my verseker dat die nodige stappe gedoen word om te verseker dat die agterstand opgelos word, en ek is gerusgestel dat die probleem die nodige aandag geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

domheks ·

Beloftes, beloftes, beloftes…… wie dink hy glo hulle?

Hendrik ·

Cele is ‘n groot deel van die probleem, maar die groter oorsaak van die misdaad in die land is die misdadigerkultuur. Vanaf staatskaping, very belastingknoeiery tot by omkoopgeld vir n verkeersboete en verder. Baie gewone mense wat nie noodwendig misdaad pleeg nie, verklap nie misdadigers nie. Die ANC se strategie destyds om die land onregeerbaar te maak, asook hulle slagspreuk van “first liberation, then education” se wrange vrugte word nou gepluk. Hulle het ‘n verrotte kultuur geskep wat baie moeilik omgedraai gaan word.

T-Man ·

Meer erkenning gee…! Wow! Mr Ramapada n mens kan slegs erkenning gegee word as hy n verskil maak…

Nettie ·

Ons president se mnr Cele is: “gewoonlik eerste op die toneel wanneer daar ʼn ernstige misdaad gepleeg is”. Op hoeveel plaasmoord tonele was mnr Cele eerste? Of enigsins daar gewees?

Jixy ·

Wonder ek ook.
Maar volgens die regering gebeur plaasmoorde mos nie.

melaney ·

Dit is betreurenswaardig maar tog waar. Solank as wat cele die probleme ignoreer of omseil, hoe meer gaan cyril van hom dink. Cyril is nie ons goedgesind nie.

Christine ·

Melaney, hierdie wesens is geskape sonder ‘n morele kode. Iets kort in die DNA.

Oosieoos ·

Nee kyk dit is nou die grootste snert wat ek nog gehoor het. Cele is useless nes die res van regering

Nie Verbaas ·

Nee Ramaphosa, Cele weet te veel van jou doen en late. Dit is hoekom jy nie van hom ontslae raak nie.

Magda ·

Daar is niemand so doof en blind Soos Di een wat NIE Wil hoor of sien nie. Help ni cele Kom “na” n misdaad daaraan NIE, dit MOET voorkom word!!!! Voorsorg is altyd beter as nasorg. Hy is onbevoegd en moet vervang word, NIE ANC KADERAANSTELLING NIE, IEMAND MET DIE NODIGE ONDERVINDINGVEN GELEERDHEID, maak NIE SAAK van Di velkeur NIE, net n bevoegde persoon. VERWYDER CELE ASB

Eugene ·

Ramaphosa het so pas bewys hy is totaal en al onbevoeg om die land te regeer. Hy hoort iewers in die veld tussen sy beeste

Hannes ·

BC is die minister van Polisie met geen ondervinding of veiligheids agtergrond nie. Met die Krugersdorp verkragtings roem hy op die 80+ Zama zamas’ wat gearresteer is… waar is die verkragters? Verder as hy in ‘n hoek gedruk word oor misdaad, is sy beste argument “shurrup”! Solank kaders ontplooi en beskerm word gaan ons nie ‘n tree voorentoe nie.

Pieter ·

Die klomp weet almal van mekaar se geraamtes in die kas, en daarom sal hulle mekaar beskerm. Hier is maar net nog n bewys. Ons almal weet Cele doen nie sy werk nie, maar CR sal ons nogsteeds probeer oortuig hy doen. Ons land sal ongelukkig nooit weer reg kom met die klomp aan die stuur van sake nie.

Jack ·

Sjoe dit moet erg wees.Die land bloei maar CR se ANC party word eerste gestel.Altyd.Daarom kan CR nie bekostig om CELE te laat gaan nie want dit sal die ZUMA faksie baie ongelukkig maak en ook sy deur in KZN toemaak.En daarom moet ons almal vir CELE verduur omdat CR hom nie kan vervang nie al is hy hoe sleg.

Nico ·

Die ANC regering moet die trekpas kry, is onbevoeg om ‘n land soos SA te regeer.

Hoekom ·

Al hoekom hy altyd eerste op die toneel is van ernstige misdade is omdat hy nuuskierig is en wil kyk wat gebeur het…

Elize ·

Julle weet van niks totdat iets gebeur het nie. Al wat julle doen is vure doodslaan en dan is daar nie eers water in die tenks nie. Cele moet gaan

Piet ·

“…gewoonlik eerste op die toneel wanneer daar ʼn ernstige misdaad gepleeg is.”

Daardie stelling is juis die probleem, al wat dit bewys is dat hy ‘n nuiskierigge ‘persoon’ is. Dis ‘n mors van tyd! Hy kan veel beter dinge doen met sy tyd aan die bestuur!

Antie Sarie ·

Natuurlik sal hy hom verdedig. Die hele modus operandi is om mense te verdeel en negatiewe emosie op te sweep.

Wondermaarnet ·

Die een hand was die ander. Hy moet koes en keer anders word CR se skandes uitgebring.

Cecilia ·

Oooo lekker lag ek nou, meer erkening, die sirkus is verby verspot. Cele het die hoed en ons President het die Rooi neus van die Nar gekry.

Andries ·

Die enigste erkenning wat cele verdien is skorsing sonder handdruk. As gebaar van genade kan hy van ‘n boete vir onbekwaamheid kwytgeskeld word.

Charl ·

Is cele 1ste op die toneel by élke plaasmoord ?? Kaders “cover” mekaar se agterente en hy het aangejaag nog vóór hy minister van polisie geword het so wat nou ???

Boatsie ·

En daar wys up bulneus ons maar net weer van watter stoffasie hy gemaak is deur hoedkop se onbevoegdheid te verdedig.

PieterJ ·

Bla bla bla cyril, ons gee nie lankal nie meer om vir jou flou beloftetjies nie.

Swerwer ·

Natuurlika sal hy vir Hoed skerm want hul is kop in 1 mus!

Elma ·

“Gewoonlik eerste op die toneel….” Geluk man, dis OMTRENT n prestasie.
Wees eerder eerste op die toneel by die keuringsproses van die kandidate wat julle aanstel.

Anonymouse ·

John, die man wat na sy eksvrou as ‘roadkill’ verwys, is nou bekommerd oor wat iemand se woorde aan ‘n vrou se menswaardigheid kan doen?

Charlie Brown ·

Wat is die daadwerklike voorkomende plan om misdaad te bekamp, want om reaktief op te tree, bring geen gunstige uitkoms nie??! Dit bring geen gerusstelling vir enige Suid Afrikaner om te hoor …. “gewoonlik eerste op die toneel wanneer daar ʼn ernstige misdaad gepleeg is.” Dan is dit bietjie laat, of hoe?

Sarel ·

Vraag; Wat sit agter die feit dat hy nie ontslae raak van ‘n duidelik onbevoegde Minister van Polisie nie.
Laat my dink aan destyds met Mbeki en sy toe Minister van Gesondheid..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.