Pres. Cyril Ramaphosa en die speaker van die nasionale vergadering, Thandi Modise, het gesê alles is gereed vir die staatsrede Donderdagaand.
Ramaphosa en Modise het Woensdag verslaggewers toegespreek op die trappe van die nasionale vergadering ná ʼn gereedheidsondersoek vir die staatsrede.
Die president sal na verwagting Donderdagaand om 19:00 sy derde staatsrede lewer. “Ek voel heel ontspanne. Die speaker het die proses met my en die voorsitter van die nasionale raad van provinsies bespreek. Hulle het gesê wat ek moet sê. Hulle het reeds my toespraak geskryf,” het hy geskerts.
Ramaphosa het gesê dit is ʼn belangrike toespraak, omdat die stand van Suid-Afrika as ʼn land in berekening gebring moet word. “Die ekonomie het nie die afgelope kwartaal goed presteer nie, so daar is verskeie uitdagings wat ons moet takel. Ek gaan met alle Suid-Afrikaners praat en verskeie kwessies aanroer wat vir ons almal van belang is. Ons hoop dat ons groot kan droom as Suid-Afrikaners en dat ons vir die sterre kan reik.”
Modise het gesê sy en Amos Masondo, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, sal die orde hou in die nasionale vergadering. Sy het gesê alles is gereed en na verwagting sal die gebeure betyds begin en op tyd tot ʼn einde kom. Alle gaste het hul bywoning bevestig.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
21 Kommentare
hy sal wees, beloftes maak en leuens is vir hom gemaklik
“Die land het nie die afgelope kwartaal goed presteer nie”, sê die man, en daar val my moed tot diep in die aarde onderkant my skoene. Cyril, en wat van die vorige 25 jaar se prestasie? Hy laat dit te maklik klink, as ‘n besigheid net vir drie maande probleme het is dit mos nou tjoef-tjaf en die probleem is kafgedraf, nou kom draf gou voor tot die einde van die jaar, dan gee jy ons ‘n Kersgeskenk EN bonus.
Lekker rond geword, draf seker nie meer vir publisiteit nie. . .
Net omdat ‘n president iets sê groei die pante, dit blom, kompos en water is onnodig, die stingels dwing so deur die lug agter hom aan en ons hang aan sy waarsêlippe.
Ja Ciril..in JOU wereld miskien. Gemaklik? Terwyl jy voor jou eie inhalige ogies steeds deur Zumaikies gerule word!