Ramaphosa vra ‘groter waaksaamheid’ rakende Covid-19 

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Daar moet nou nog groter waaksaamheid wees om die koronavirus te probeer stuit aangesien ʼn oplewing van enige aard ʼn drastiese invloed sal hê op die bestaande vordering asook die ekonomie.

“Met die feestyd wat nader kom, is dit van sleutelbelang dat ons nie die argitekte van ons eie ondergang word nie,” sê pres. Cyril Ramaphosa in sy weeklikse nuusbrief.

Die president sal na verwagting dié week die land toespreek. Die nasionale bevelraad vir die hantering van kwessies rakende die koronavirus vergader weer vandeesweek en sal daarna ʼn verslag aan die kabinet voorlê.

Om ʼn tweede golf Covid-19-infeksies te voorkom, moet daar aan die gesondheidsriglyne wat steeds geld, voldoen word.

“Wanneer ons nie ʼn masker tydens ʼn sosiale byeenkoms dra nie, stel ons nie net onsself en ander in gevaar nie – ons stel ook ons ekonomiese herstel in gevaar.”

Ramaphosa meen die dra van maskers, die handhawing van sosiale afstand en om gereeld hande te was, het die land gehelp om die ergste uitwerking van die pandemie te oorkom.

“Ons moet onthou watter opofferings ons aan die begin moes maak om die verspreiding van die virus te keer. Hoewel die meeste sosiale en ekonomiese aktiwiteite hervat is, moet ons steeds aan al die gesondheidsmaatreëls voldoen. Dit is noodsaaklik indien ons ons ekonomie wil herbou en die krisis agter ons plaas.”

Ramaphosa het verder die regering se reaksie op die pandemie geloof. Hy het verwys na die spesiale toelaes wat beskikbaar gemaak is en die ondersteuning wat aan ondernemings gegee is.

“As ons nie ingegryp het om mense se lewensbestaan te verseker en ondernemings te red nie, sou die lewensomstandighede van ons mense en die omstandighede van duisende ondernemings aansienlik erger gewees het.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Bella ·

Die Nelson Mandela stigting moet eerder hulle mond hou. Hulle weet nie waarvan hulle praat nie. Suid Afrika en die ANC regering is niks om op trots te wees nie.

Mariana ·

Nee regtig mnr die president? Mense se lewens is nou meer haglik as voor Covid. Al mense wat gehelp is die wat deur privaat organisasies gehelp is.Die groot bedrae skenkings en lenings en wat nog, was slegs aan sommiges gegee en natuurlik die kaders se beursies het ook mooi vet geraak. So nee mnr. die regering se hantering van die pandemie was allesbehalwe goed. Mense het na hulself omgesien….. besighede se deure is gesluit, 1000de is sonder inkomste, selfs kospakkies was ‘n probleem.

Adam Adriaan ·

MR CR hou op om toetse te doen, dan sal al jou bekommernisse soos mis voor die son verdwyn. Moet nie weer ‘n triek uit dink om jou ANC Kommunistiese ideologie op “Our People” af te dwing nie. Met die Covid- 19 is daar geen geloof in die wêreld wat nie vrywillig in huisares in gegaan het nie. Wie moet ons bedank? Die NWO drywers en daar wag nog groot verrassings vir ons.

Suzette ·

“…argitekte van ons eie ondergang…” Wat?? Regtig – julle doen dit REEDS! Dit was al so VOOR Covid. Die anc is die eintlike probleem…

Vrijburger ·

Jip die absolute ironie van “…. argitekte van ons eie ondergang…” het my ook opgeval.

Charles ·

Hoe lank gaan die covid-19 drom nog geslaan word, wat is die doel hiervan? Ek glo ons sal binnekort uitvind wat hul regtige plan is met die kamstige epidemie.

Maggies ·

Om ons almal te laat ent, natuurlik. Hulle gaan lank wag vir my om in daardie ry te gaan staan.

Jakes ·

Ja sy gesanik beteken niks want aan die belangrikste kwessies in die land word geen aandag gegee nie.

Persheks Adri ·

Cyril, jou mense is gehelp nie ons nie. Plaas praat jy oor moorde in stede, plaasmoorde en rassisme, haatspraak en aanhitsing! Dis die belangrikste van alles! Die res is nul in void ok pffft. Jy beteken absoluut niks nie en jou woorde nog minder. Praat met jou mense wat nie luister nie dis hulle wat nie ore het nie tsssk

Pieter ·

Waffle waffle waffle bla bla bla – volgende verskoning is reg vir vrot ekonomie, anc se diefstal van ons belastinggeld en hul patetiese “diens en werk”.

Marianna ·

Ja Mnr die president, loof jy ook die ondergang van baie besighede, die armoede wat baie mense nou in verstrik is, die insinking van die ekonomie? Jy kort ‘n bril Mnr, president. Jy leef in jou eie droom .

Jacobus ·

Moenie nog meer belagli k raak. Julle het al, julle geloofwaardigheid prys gegee toe julle die COVID geld soos lucky packets uitgedeel het. Luister na werklike deskundiges en nie na kaders wat die. “party line” uitgebasyn het nie.. Goeie tyd om huis skoon te maak. Persoonlik as, belastingbetaler, dra ons twee huishoudings sonder enige insette van staatskant af. Skandalig.

Alleen Wolf ·

Keep dreaming Ramaphosa, you and kopdoek did nothing but ruin the economy and the livelihood of many South Africans black and white.
I say it again, saving lifes is not vested in you, kopdoek or any other goverment or person in the world, but lies solely with our CREATOR GOD

Pieter J ·

Die ANC slyp al weer hul tande om ons nog ń slag in te perk want daar is nog te veel wit besighede wat die vorige inperking oorleef het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.