‘Ramaphosa weet blykbaar nie wat Dricus en SA weet nie’

Dricus du Plessis (Foto: Maroela Media)

Die uitlatings wat Dricus du Plessis oor die Suid-Afrikaanse regering gemaak het, is iets wat die meeste landsburgers weet, maar blykbaar weet pres. Cyril Ramaphosa dit nie.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het tydens Dinsdag se debat oor die staatsrede in die Kaapstad-stadsaal van die geleentheid gebruik gemaak om Ramaphosa te kap omdat hy nie vir Du Plessis met sy wêreldtitel gelukgewens het nie.

“U het die Springbokke gelukgewens en ʼn paar ander goeie prestasies op wêreldvlak. Maar u het nagelaat om vir Dricus du Plessis, ʼn wêreldkampioen, geluk te wens. Dit is kleinserigheid van u, want hy het eintlik kritiek uitgespreek wat die meeste mense van Suid-Afrika weet, maar blykbaar weet u dit nie.”

Groenewald het ook van die geleentheid gebruik gemaak om Du Plessis geluk te wens met sy titel van middelgewig-wêreldkampioen van die Ultimate Fighting Championship (UFC).

Du Plessis het tydens ʼn onderhoud voor sy geveg gesê die Suid-Afrikaanse regering is die swakste ter wêreld en ook die mees korrupte. Hy het verder gesê daar is baie mense wat baie goeie werk doen om die land te red, maar dat die regering daarmee volhard om dit op te neuk.

Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur, het toe in reaksie gesê Du Plessis se uitlatings is “baie betreurenswaardig”.

Du Plessis het ook tydens die onderhoud gesê Suid-Afrika is ʼn wonderlike land met wonderlike mense, maar “ons het net ʼn baie [gesensorde vloekwoord] regering”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het hierdie debat op die staatsrede op Youtube gevolg. Wat opvallend was, was die baie ANC parlementslede wat skynbaar serpe met blokkies patrone op gedra het. Wonder hoeveel Iran die ANC gaan betaal vir hierdie anti-Semitiese advertensie in ons SA parlement!

Willie ·

Ek is bevrees dit help nie om Mnr Ramaphosa oor die vingers te tik rakende Dricus se titel nie.
Hulle het nie die mentaliteit en insig om Dricus erkenning te gee nie!

lollapot ·

Dricus het NET die waarheid gepraat! Maar by die regering is eerlikheid n vloekwoord!

Francois ·

Dricus, jy is ‘n ster vir ons. Jy is ons kampioen! Ons het jou ontvang by OR Tambo! Sien jy nie wat jy vir ons beteken nie! Hoekom wil jy enigsins deur hom geluk gewens word?

muffin ·

Dricus het NET die waarheid gepraat! Waarheid maak seer. Maar by die regering is blikskottel om foute te wegsteek wat nie wil herken nie en wys vinger na ander en smeer albei botter kante waar buite wereld nie moet sien nie maar as ons foute moet wereld weet

Wondermaarnet ·

Zizi Kodwa jy weet nie eers wat betreuringswaardig beteken nie. Drikus is spot on met sy kommentaar oor die regering.

Martie Smartie ·

Ongelukkig is die realiteit dat die Sprinbokke Ramaphala se alie lek, so hulle sal altyd politiek korrek optree en nooit die waarheid kaalvuis sê nie, soos Dricus nie. You go Dricus!1 Jy het meer ruggraat as die hele SA sirkus saam wat hulleself ‘n regering noem.

Di ·

Wat meer kan jy verwag van ‘n korrupte President! Hy is nie eers werd om oor te praat nie. Rampie is self ‘n groot RASSIS en leuenaar, daarom word blankes nou in dieSA verdruk tot op die laagste vlak. SA is GEEN DEMOKRATIESE land nie, PUNT

Stompie ·

100% die waarheid Dricus en baie dankie dat jy op so platform die waarheid gese het namens ons almal. Hou so aan!!! Jy is n legend. Jy het meer waarhede gese in daai paar sinne as wat al die ANC parlements lede in die afgelope amper 30jaar saam kon se.!!!

SwartBees ·

Indien die regering kan slaag om DDP verkeerd te bewys dan sal ek Cele se hoed eet.

SjN ·

Mooi Dricus, Geluk nogmaals, jy het dit man alleen gedoen sonder enige kwota, die Bokke kom eerste en ons kry n vakansiedag, die Sokker kom, ek dink derde, en ons kry stage 6 loadshedding, jy weet duidelik iets wat die kaders nie weet nie.

TRP ·

Drikus is een persoon, en blank, wat het hy verwag. Maar die waarheid wat hy gepraat het, maak klaarblyklik seer.

RS ·

Julle maak ‘n fout. Rama het aspris nie vir Drikus geluk gewens nie, omdat Drikus die uitlating gemaak het oor die regering. Rama hou hom maar so dom. Dis omdat hy bang is vir totale anargie wat gaan uitbreek. Dis ‘n kwessie van tyd.

electricmango ·

Daar slaan drikus die regering bloedneus sommer met die intrapslag. Sonder dat die regering n sent spandeer het om hom by te staan, lekker drikus.

Jacobus ·

Welgadaan Dricus en baie geluk met jou titel. Jy mag se wat jy wil want jy het die hoogste sport bereik op jou eie sonder enige subsidie of aansporing van hierdie terroristiese regime, die anc, wat hulle vereenselwig met n terroristiese beweging soos hamas.

Bekkie ·

Yip, die waarheid maak seer……………..maar ANC weet nie wat dit beteken nie – hulle sien net wraak en neuk in elk geval alles op

Tinus ·

Kirsten Neuschafer van SA, het in 2023 die Golden Globe seiljagvaart om die wereld gewen, enigste vrouedeelnemer na 235 dae op die see en 48000km later. Die regering is nie eens bewus van hierdie uitsonderlike prestasie nie, of wil dit nie erken nie. So, raak maar gewoond aan hierdie rassiste in ons regering wat nie weet wat aangaan nie.

Elmarie ·

Tinus wat ‘n prestasie en dankie dat jy genoem het van haar. Ek het ook nie geweet ! Mens moet jou nie steur aan die tipe goed nie, mense wat minderwaardig voel sal so optree, so dis nie die moeite werd om mens se bloedruk onnodig op te jaag oor wat die ou spulletjie in die anc doen of nie doen nie

Papsak ·

Mooi so Drikus bou voort ons is baie trots op jou sies vir Ramaphosa wat dit nie raak sien en jou net kan geluk wens nie wys jou net hoe stel hy balang maar hy weet nie wat ons weet van sy regering en land nie weer trots op jou bou voort

Ryan ·

Dricus, onthou dat wanneer n kader jou geluk wens, jy besig is om iets verkeerd te doen. Ek self ondersteun GEEN Suid Afrikaanse spansporte nie, maar slegs sport waar die individu op sy eie vermoëns beoordeel word, bv ufc, boks, renjaers, swemmers, ens.

AREND1 ·

Gee vir Dricus n bells.Hy praat die waarheid en baie geluk Dricus en ignoreer vir ramp en kodwa,want hulle is net jaloers op jou.

Thomas ·

Natuurlik sal Ramaphosa hom nie geluk wens nie. Hy net net die waarheid gepraat en baie swart mense sal of kan nooit die waarheid erken nie. Feite.

Marietjie ·

My tande is gesluip vir hierdie gespuis van die IRAN ANC KADERS!!!!!!!!!!

Sê maar net ·

Baie geluk, Dricus! Die mense in Suid Afrika wat saakmaak, is almal baie trots op jou!! Doen so voort!!

Catherina ·

Dricus , Rsa en die hele werêld weet meer as Ramaphosa!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.