Ramokgopa op pad na Grootvlei ná brand

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit. (Foto: Siya Duda, GCIS)

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, sal Sondagmiddag die Grootvlei-kragstasie in Mpumalanga besoek om eerstehands te verneem van die brand wat Saterdag die kragstasie genoop het om ʼn opwekkingseenheid van lyn te neem.

Die minister het Sondag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê 190 MW het verlore gegaan weens ʼn “voorval” by eenheid 2.

Die minister is sedertdien in kontak met Bheki Nxumalo, hoof van opwekking by Eskom, en sou direk ná vanoggend se mediakonferensie na Grootvlei, een van Eskom se oudste kragstasies, vertrek om meer oor die voorval te wete te kom.

“Ek wil nie net ʼn skriftelike verduideliking en tegniese verslae hê nie, maar ook ʼn visuele waarneming oor die omvang en graad van die skade, sodat wanneer ek voor die publiek staan, ek gemaklik is oor die tydlyne wat ons gee rakende die terugkoms van daardie eenheid.”

Die brand het nie groot skade aangerig nie en sou na verwagting geen impak op beurtkrag hê nie.

“Maar elke megawatt tel,” het Ramokgopa vanoggend gesê.

Hy is ook bekommerd oor die brande wat by kragstasies uitbreek.

“Dit is nie iets wat gereeld gebeur nie, maar dit is iets wat ons almal moet bekommer wanneer dit gebeur.”

Kommer oor Koeberg

Die minister het onlangs die Koeberg-kernkragsentrale in die Wes-Kaap besoek om te probeer verstaan waarom opwekkingseenheid 1 van dié kragstasie ná meer as 71 dae (en 920 verlore MW) steeds nie aanlyn gebring is nie.

Hy wag egter steeds op die verslag wat die vertraging by Koeberg moet verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig eenheid 1 sou in Julie weer in diens gestel word, maar sal na verwagting eers in September of Oktober weer aanlyn gebring kan word.

Ramokgopa het egter vanoggend gesê hy is oortuig daarvan dat dit selfs nóg langer gaan neem.

“Ek bly uiters bekommerd oor die situasie by Koeberg.”

Die minister het vroeër gesê indien eenheid 1 nie herstel kan word voordat eenheid 2 van lyn af gehaal moet word vir soortgelyke opknappingswerk nie, ʼn massiewe 1 840 megawatt verlore sal gaan.

Elke eenheid by Koeberg verskaf 920 MW opwekkingskapasiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annie ·

Die minister van elektrisiteit se onmag begin wys. Hy is diep bekommerd. Dit is duidelik dat kragstasies veral nou ook Koeberg, doen net wat hul wil. Hy moet wag vir ‘n verslag en hom maar moeg bekommer as hy wel bekommerd is, bygesê. Selfs die wêreld se oorsigtelike liggaam word weggewys deur die base by Koeberg. Wie is hulle en wat is hul kwalifikasies? Oberholzer het net een kyk gegee en hy bedank dadelik. Koes mense!

Lillian ·

Doktorsgraad of te nie, jy moet maar liefs stilbly, soos enige ander politikus lieg jy as jou lippe beweeg

Eiervrug ·

Hoekom moet hy soontoe gaan om te hoor wat aangaan?. Sal ‘n oproep nie goedkoper gewees het nie?

Philip ·

Skoenmaker hou jou by jou lees jy praat sonder om asem te haal om jou onkunde te versteek en die mamparras te beindruk. Die afgetrede EVKOM staf van jare gelede wat nog leef lag lekker vir jou kennis en manewales maar kry vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.