Rand tuimel tot anderkant R19 teen dollar

(Argieffoto: Christel Cornelissen/Maroela Media)

Die rand het Donderdagoggend tot ’n kommerwekkende R19,01 teenoor die dollar geduik. Ekonome het egter Woensdag al begin regop sit toe die rand met 23c tot R18,89 verswak het.

Die rand het gedurende die streng algehele afsondering in April 2020 laas só swak gevaar.

Prof. Waldo Krugell, professor in ekonomie aan die Noordwes‑Universiteit, sê die skielike daling van die rand was verrassend aangesien daar geen belangrike aankondigings oor die afgelope paar dae gedoen is nie.

Dít terwyl die rand ’n jaar gelede nog op R15,30 teenoor die dollar verhandel het.

André Cilliers, valutastrateeg by TreasuryONE, sê daar is tans ’n opmars van die Amerikaanse dollar teenoor die meeste geldeenhede. Die rand presteer egter swakker as sy eweknieë in opkomende markte en het die afgelope jaar 17% teenoor die dollar verswak.

Hoewel beleggers hul vertroue in opkomende markte begin herwin, is hul vertroue in Suid-Afrika eenvoudig aan die taan. Daar blyk dus verskeie faktore te wees wat die tuimeling tot gevolg gehad het.

Cilliers blameer politieke besluitnemers se onvermoë om groei te bewerkstelling.

“Die verhoogde fases beurtkrag en die uitwerking van beurtkrag op ondernemings se vermoë om sake te doen, het veroorsaak dat Suid-Afrika se verwagte ekonomiese groei na niks of selfs negatiewe groei neig.”

Hy blameer ook Transnet se onvermoë om ’n behoorlike diens te lewer en die impak daarvan op uitvoere van veral mynbouprodukte.

Ander faktore wat moontlik ’n rol in die tuimeling van die rand kon speel, sluit in die verlaging en verhaling van belasting weens laer maatskappywinste en die fiskus, die grootskaalse verkoop van staatseffekte deur buitelanders en die verandering aan regulasie 28.

Krugell sê ook daar is geen enkele rede vir die tuimeling van die rand nie.

Hy is meer bekommerd oor wat die swak rand sê van hoe dit werklik met die ekonomie gaan – en wat dit vir inflasiesyfers gaan beteken.

’n Baie swakker rand is sleg vir inflasie, wys Krugell daarop.

Krugell is ook bekommerd oor die uitwerking wat die swak rand op die invoer van goedere gaan hê.

“Internasionale oliepryse is net die laaste paar weke effens laer. Indien die rand só swak is, gaan die brandstofprys weer styg – wat weer sy eie moeilikheid bring.

“’n Swakker rand kan op die ou end maak dat ons inflasie nie saam met dié van die res van die wêreld afneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Amelia ·

Het dit nie te doen met die ambisade wat beweer ons vir rusland van wapens voorswien nie

Wit Leeu ·

Niks anders as Load shedding se skuld nie. Die wêreld sien wat hier gebeur !

melaney ·

Wonder wat sê die “naysayers” nou. Skrif is duidelik aan die muur.

Republikein in die Wes Kaap ·

Agteruitgang begin stadig, maar sodra jy verby die kantelpunt is gaan dit vinnig.

WynandM ·

En nou beweer fie VSA dat SA wapens aan Russe verskaf het….dit gaan nie baie help vir die Rand

Frank ·

En wat van die feit dat dit blyk te wees dat daar ‘n paar skippies in SA hawens was wat moontlik wapens kom laai het?
Ek bedoel….. Op Putin se “Victory Parade” was EEN T34 tank te siene, ipv hordes modernes soos vorige jare

Henker ·

More styg die petrol, en dan blameer hulle dit maar net weer op Brent olie wat “styg”.
En die peoples verstaan nie hoekom hy nou weer moet meer betaal vir sy broodjie en melkie nie, shame. Intussen is ons monopolie geld nie eers die papier werd waarop dit gedruk word nie. Dankie aan die regering. En dankie aan die korporatiewe SA wat nie ruggraat en standpunt in neem teen Swak Ekonomiese Besluite( sien hoofletters).

Francois ·

Ons wonderlike regering doen al die verkeerde ding. Loadshedding, SOE;s na aan bankrotskap, ondersteun Rusland , Laat Guptas “vry gaan” ens ens

Frikkels ·

Sit nog hier by die verskaffing van wapens aan Rusland en vliegtuie en skepe van terroriste wat in suid afrika aandoen, dan is dit mos nie snaaks dat die rand se waarde val nie. Ons kastige regering is besig meet mafia streke en dan wil hulle womder wat gebeur en hoekom gaan ons agteruit!

Henker ·

Ja nee, kry vir jou SA. Wat het ons gedink sou gebeur het. Monopolie geld is niks werd nie. More kla die volk oor sy melkie en broodjie wat duurder geword het, maar ei hy verstaan nie hoekom nie

Nico ·

Dit is hoe die illuminatie en die Internasionale Geldmagte saam wat mik op een geldstelsel.

annie ·

Eskom en Transnet (en wat van die poskantoor en en?) is twee patetiese staatsondernemings, maar die ANC ploeter voort. Die spul het geen snars van kennis van sulke bedrywe nie, maar het met behulp van ‘n oorwig stemme die baas van die land geword. Skelmstreke is die grootste bedryf sedert 1994. Dit is ‘n florerende agteruitwerkende vooruitstrewende bedryf. Ons rand staan ip die rant en wag net ‘n klein dwarreltjie vir ‘n heerlike gly tot in niemandsland. Wow, hier gaan ons…!*

annie ·

… ‘n opmars van die VS-$? Die dollar wil deur die plafon breek maar dit gaan dood-dollies? Is dit die wapenbedryf wat die botoon voer? Hoe oorspronklik?

agnes ·

Kan ons nog trots wees op hierdie eens super mooi eerste wereld land nou een groot vuilnishoop, donker Afrika land?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.