Rand Water stel instandhoudingswerk in Pretoria uit

Argieffoto. (Foto: Unsplash)

Rand Water het intussen besluit om die beplande instandhoudingswerk wat duisende Pretorianers einde volgende week vir 30 uur sonder water sou laat, voorlopig te kanselleer.

Dié instandhoudingswerk was veronderstel om van 05:00 op 30 Julie tot 11:00 op 31 Julie plaas te vind en sou talle buurte in en om Pretoria raak.

Lekkasies by die Zuikerbosch-waterbehandelingsaanleg en foutiewe kleppe by Zuikerbosch en die Palmiet-stasie sou oor dié twee dae herstel word.

Die Stad Tshwane het egter nou ʼn kennisgewing uitgereik om Pretorianers daarvan in kennis te stel dat Rand Water vir eers nie met die instandhoudingswerk gaan voortgaan nie.

Dit is nie duidelik waarom nie.

Rand Water sê hy sal laat weet indien hy vorentoe besluit om met die instandhoudingswerk voort te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.