‘Reddingsboeibegroting vir paniekerige ANC’

Die begrotingsrede is nog ʼn aanduiding van ʼn paniekbevange ANC-regering wat geen plan het om ekonomiese groei te versnel, skuld te stabiliseer en wegholuitgawes in bedwang te bring nie. (Argieffoto: pixabay)

Die begrotingsrede is nog ʼn aanduiding van ʼn paniekbevange ANC-regering wat geen plan het om ekonomiese groei te versnel, skuld te stabiliseer en wegholuitgawes in bedwang te bring nie.

Dr. Dion George, DA-LP en die party se woordvoerder oor finansies, meen Enoch Godongwana, minister van finansies, se begrotingsrede kon net nie die dringende ekonomiese krisis wat Suid-Afrika in die gesig staar, behoorlik pak nie.

“Die laer as verwagte groei en inkomstetekort het die regering genoop om sy klopjag op die Suid-Afrikaanse Reserwebank te begin,” het George gesê met verwysing na Godongwana se aankondiging dat die staat oor die volgende drie jaar R150 miljard uit die Reserwebank se goud- en valutareserwes se gebeurlikheidsrekening gaan vat.

“Ons het reeds aangedui dat ons hierdie desperate reddingsmaatreël sterk teenstaan.

Hierdie waansinnige reaksie op Suid-Afrika se selftoegediende fiskale beperkings verstaan fundamenteel verkeerd die rol van sentrale bankreserwes in die handhawing van monetêre stabiliteit en beleggersvertroue. Dit sal in geen onsekere terme nie lei tot weghol-losbandigheid en verdere fiskale probleme.”

Ondanks die president se verbintenis om die grootte van die staatsdiens te herstruktureer, word dit nie in die getalle weerspieël nie, sê George. “Die openbare sektor se loonrekening hou aan om onvolhoubaar die hoogte in te skiet en ʼn bykomende R251 miljard is begroot om ʼn verhoging in die openbare sektor se loonrekening te dek weens ʼn tweejaarooreenkoms wat verlede jaar getref is.”
Volgens George bevestig die begrotingsrede dat die ANC net oor sy eie voortbestaan omgee en nie oor die lot van sukkelende Suid-Afrikaanse huishoudings wat nie genoeg kos op die tafel kan sit nie. “Die minister kon baie maklik die kosmandjie wat van BTW uitgesluit is, uitgebrei het om onmiddellike verligting vir Suid-Afrikaanse huishoudings te bring. Hy kon ook die belasting en heffings op brandstof verminder het wat verdere verligting sou bring.”

Hoewel die regering beweer dat hy vordering maak met ʼn oplossing vir meedoënlose kragonderbrekings, word daar nie vinnig genoeg werk daarvan gemaak om Eskom te ontbondel nie. Dít terwyl die kragreus steeds enorme verliese genereer, sê George.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Talitha ·

Mense ons president is te rustig om paniekerig te wees. Hy weet ANC en MI (Zuma) gaan n koalisie vorm?????????

Papsak ·

Ja die ANC kyk net na homself en sy mense flip die ander Suid Afrikaners wat sukkel om kop bo water te hou aan die krag doen hulle niks nie heeltemal niks die water ook kyk waar staan alle pryse petrol kos ens dit pla hulle net mooi niks nie !!!!!!

Cassie Carstens ·

Daar gaan die reserwes vir salarisse vir kaders. En as dit op is? Ons land betaal tans R1miljard daaglikse terug aan skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.