Redery bevestig brand op vlug vanaf OR Tambo

‘n Skermskoot uit ‘n video toon vlamme aan die vliegtuig kort nadat dit opgestyg het. (Video: Twitter)

Air Zimbabwe het bevestig een van die lugredery se vliegtuie het Sondagaand wanfunksionering in een van sy enjins ervaar wat ʼn vlugtige brand by ʼn uitlaatpyp van die vliegtuig veroorsaak het.

ʼn Leser het Sondagaand aan Maroela Media gesê sy vrou het eerstehands gesien hoe ʼn brand op ʼn vliegtuig ontstaan kort nadat dit by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park opgestyg het.

Ander mense het op sosiale media beweer hulle was naby die lughawe toe hulle ʼn harde slag gehoor en daarna vlamme aan die vliegtuig in die lug gesien het. Een Twitter-gebruiker, Tongai Muroyiwa, sê die vlamme het egter net so vinnig verdwyn soos wat dit ontstaan het en die vliegtuig het aanhou opstyg.

Volgens Air Zimbabwe het die enjinfout plaasgevind op die Boeing 767-200ER kort nadat dit opgestyg het by OR Tambo op pad na Harare. “Die wanfunksionering het egter nie die voortduur van die vlug of die veiligheid van die bemanning of passasiers aan boord bedreig nie en die vliegtuig het veilig in Harare geland om 20:35,” sê die redery in ʼn verklaring.

“Ons ingenieurs het met die nodige ondersoek begin en ʼn verslag sal binnekort hieroor uitgereik word.”

Die lugredery sê die voorval kan wel ʼn invloed op sy normale vlugskedule hê en het passasiers aangemoedig om meet sy besprekingskantoor of die betrokke lughawe kontak te maak oor vlugte wat geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Koeksuster ·

Jammer maar WIE vlieg nog Air Zim?? Dis mos nou vir moeilikheid soek!

Hansie Slim ·

Die Zimbabwiens vlieg Zim-air.Robert en kie. Jy weet mos Samora Marsel het ook gaan vlieg en Zim binne geval met die terugkom slag.

marco polo ·

Dit se nie veel nie. Dis amper net so gevaarlik om met’n SA gedienste vliegtuig te vlieg as Air Zimbabwe. Was die Ethiopian vliegtuig wat onlangs geval het nie op sy voorlaaste vlug van SA nie?

Saartjie ·

@marco polo, ek probeer ook SAL-vlugte vermy waar ek kan, maar ek dink nie dis regverdig om die Ethiopiese vlug voor SAL se deur te lê nie.

Realis ·

@Marco – Die rede vir die Ethiopian Air ongeluk sou geen “pre-flight” inspeksie of diens (op enige plek in die wêreld) kon uitvang nie. Die oorsaak was weggesteek in die beheerstelsels.

Doughnut ·

Mugabe se vliegtuig sal eers baie goed nagegaan word (preflight inspection) alvorens hierdie man op die vliegtuig vertrek. Mugabe het nie ‘n saak wat van die ander passasiers word nie.

Callie van der Merwe ·

Al Air Zimbabwe se vliegtuie word hier gediens. Sulke insidente gebeur weekliks reg oor die wereld!

Wielspore ·

Glad nie abnormaal, die manne wat Jet enjins in voertuie sit speel met die versneller om dieselfde reaksie te kry, flame out, flame on met die gevolglike lang vlam en ba-ba.

Boerin ·

Hansie hoe lag ek nou !
Dis soos om jou lewe in jou hande te neem.

Kallimaari ·

Al die slim, gerekende ingeneurs opinies hier verbyster my met die diepte van insig wat gelewer word.

Maggies mense, net omdat die vliegtuig aan Zimbabwe se redery behoort maak dit nie skielik ‘n wrak nie. Net soos SAA, is die redery dalk in finansiele verknorsing, maar instandhouding is nie altyd die oorsaak van alles nie.

Alvoor julle julself verder bewys as intellektueel gestremd, gaan soek eerder feite.

Dit kon maklik ‘n voël wees wat deur die enjin gesuig is. Enjin vervaardigers maak voorsiening daarvoor. Dan nog kan ‘n Boeing of Airbus ewe gemaklik met slegs een enjin vlieg.

Marco Polo se kommentaar verdien nie eens reaksie nie.

@Kallimaari ·

Inderdaad Kallimaari. Bly naby lughawe en hier was boodskappe wat die rondte al van gisteraand af gedoen het, dat dit ‘n ‘bird strike’ was. Net na opstyging gebeur.

Hennie ·

Goed gestel die feit dat die vleigtuig veilig in Zimbabwe geland het spreek boekdele

Kobus ·

Ek dink nie uile vlieg so hoog nie. Ook nie vlêrmuise nie.

Kallimaari ·

Dit was bevestig as ‘n “bird strike”. Die vlug kon nie land nie weens die gewig van die brandstof aan boord. Dit kon ook nie die brandstof uitstort nie, weens die brand. “Fuel Dumping” word gedoen om die vliegtuig se gewig te verminder om landing moontlik te maak (te make met die impak op die vliegtuig se wiele). ‘n Boeing 767 is ‘n groot vliegtuig, en kan nie met ‘n vol brandstof lading land nie, en weens die brand in die enjin, moes dit dus aanhou vlieg om gewig te verminder, en dus het die vlieeniers besluit om aan te hou tot Harare, waar die vlug veilig geland het met die verminderde brandstof lading. Indien hulle by OR Tambo wou land, sou die vlug in elke geval ongeveer 2 ure moes sirkel om brandstof te verminder.

anton ·

Ja laat die ”slim” mense maar met SAL en die ander vlugte van S.A vlieg!!!
Ek het 14 jaar gelede finaal met SAL en sy maaitjies klaar gemaak.
Sal hulle nooit weer, nie eers verniet vlieg nie.

Heksie ·

Ek sou geeis het dat hul terugdraai , wat as daai vliegtuig geval het? Wie sou dan die blaam gedra het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.