Reeds tientalle transitorooftogte vanjaar

Die transitovoertuig waarop verdagtes in Kemptonpark losgebrand het. (Foto: Netcare 911)

Sedert die begin van 2020 het daar reeds 45 transitorooftogte reg oor Suid-Afrika plaasgevind.
Volgens die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) het 45 transitorooftogte tussen 1 Januarie en 19 Februarie vanjaar plaasgevind. Dit beteken daar was amper een transitorooftog elke dag. Dit is nie bekend hoeveel geld só gesteel is nie.
Die oorgrote meerderheid hiervan (26) het in Gauteng plaasgevind. In KwaZulu-Natal was daar vier rooftogte en in Limpopo, Mpumalanga, die Wes-Kaap en die Oos-Kaap drie elk. In die ander provinsies is een rooftog elk vanjaar aangeteken.
Maroela Media het onlangs berig oor twee sekuriteitswagte wat ernstig beseer is in twee afsonderlike transitorooftogte in Februarie. Die een het in Ekurhuleni aan die Oos-Rand plaasgevind en die ander een in Kempton Park.
Volgens die polisie se misdaadsyfers was daar tussen April 2018 en Maart 2019 in totaal 183 transitorooftogte reg oor die land. Die 45 rooftogte wat in minder as twee maande in 2020 gepleeg is, verteenwoordig dus reeds meer as ʼn kwart van die totale rooftogte verlede jaar.
John Moodey, DA-burgemeesterskomiteelid in Gauteng, sê dié syfers wys die polisie se benadering tot transitorooftogte is nie effektief nie. “Die gespesialiseerde intelligensie-eenheid moet behoorlik opgelei en toegerus word met die jongste tegnologie om hierdie plaag te hanteer,” sê Moodey. “Die eenheid moet ook ʼn netwerk reg oor die land daarstel sodat inligting oor beplande rooftogte en ʼn modus operandi ingewin kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nie Verbaas ·

45 transito rooftogte tot en met 19 Februarie. Hierdie land is al verby n wereld grap. Is daar iets wat reg loop in Suid Afrika?

Koos ·

Ja alles loop reg vir die diewe,moordenaars,verkragters,plunderaars,korruptes ongelukkig niks vir die gewone wetsgehoorsame belasting betalers nie.

Vriendelike Frikkie ·

Wil mens laat wonder of hulle nie ook deel vorm van die plaag nie. Al die jongste tegnologie is reeds beskikbaar. Dit moet net aangewend word.

Johanncb ·

Het die belese Minister van Polisie nie verlede jaar beweer dat hierdie rooftogte onder beheer is nie?

Nie Verbaas ·

Is seker onder beheer as iemand nie kan onderskei tussen onder beheer, en nie onder beheer nie. Dit is net n gepratery en niks anders nie……en oningeligdes glo hulle.

JM ·

Hoe is dit moontlik dat die informante oor die beweging van transitovoertuie nog nie in hegtenis geneem is nie?! Hier is ‘n kop-in-een-mus storie aan die gang! Suid-Afrika het ‘n hel-hool geword en dit gaan nie verbeter nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.