‘Reeksverkragter’ deur slagoffer se selfoon vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende reeksverkragter is in Bellville in Kaapstad in hegtenis geneem, het die Wes-Kaapse polisie Saterdag gesê.

“’n Groep toegewyde ondersoekers het die week onverpoos gewerk en dit het vrugte afgewerp toe ʼn man wat gesoek is op 12 aanklagte van verkragting in hegtenis geneem is,” het konst. Noyoliso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die 31-jarige verdagte is Donderdag in Gugulethu in hegtenis geneem. Die vermeende verkragter se modus operandi was glo om vir vroue werk aan te bied by ’n begrafnisonderneming. “Hy het die vroue dan gevra om hom te vergesel na ʼn gebou naby die Bellville-treinstasie waar hy hulle glo in die veld ingesleep en verkrag het. Hy het hulle glo ook met ʼn mes gedreig en van hul selfone en kontant beroof.”

Volgens Rwexana is die verdagte vasgetrek deur een van sy slagoffers se selfone na te spoor. Die verdagte sal Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn op 12 aanklagte van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Ek hoop hulle hou hom agter tralies tot na vonnisoplegging!!

Len ·

Maak soos die boere maak. Sit ñ rekkie om daar waar dit nodig is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.