Reën vir Oos-Kaap, koue vir KZN, Mpumalanga voorspel

Argieffoto (Foto: Joel/Pixabay)

ʼn Koue paar dae en reën word vir die oostelike provinsies in die komende paar dae voorspel.

Die oostelike dele van die Oos-Kaap kan Sondag en Maandag swaar reën en oorstromings verwag, sê Kevin Rae van die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

KwaZulu-Natal en Mpumalanga kan ook swaar reën te wagte wees.

24 uur-reënval (mm) vir Sondag, 18 September 2022 (Bron: Unified Model)

Alhoewel die binneland redelik droog is, sal die huidige weerstelsel na verwagting welkome reën bring vir die oostelike provinsies tot die middel van die komende week. Sonnige toestande word vanaf Donderdag verwag.

Inwoners in KwaZulu-Natal en Mpumalanga moet voorberei op drie dae se reën met swaar reën wat ʼn bedreiging kan inhou vir informele behuising.

Die publiek word ook aangeraai om baadjies en komberse byderhand te hou, aangesien koue temperature verwag word.

Ligte sneeu word ook Sondag op die hoogste pieke in die Wes-Kaap verwag en dit sal oornag na die hoër pieke in die Oos-Kaap versprei. Sneeu (tot soveel as 20 cm – 30 cm) word Maandag vir die oostelike pieke van die Lesotho Drakensberge voorspel en hoër pieke van die Oos-Kaap in Barkley-Oos en Tiffindell. ʼn Geel vlak 5-waarskuwing word uitgereik vir ontwrigtende sneeuval.

Impakwaarskuwings vir Sondag, 18 September 2022 (Bron: SAWS)

 

Impakwaarskuwings vir Maandag, 19 September 2022 (Bron: SAWS)

 

24 uur-reënval (mm) vir Maandag, 19 September 2022 (links) en 20 September (regs) (Bron: Unified Model)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karina ·

In PE vreeslik koud, reen van laasnag. 15h00 het 39mm reen uit my reenmeter gegooi. Wonderlike reen, so dankbaar daarvoor. Hoop en bid dit reen in opvangs gebiede om damme vol te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.