Regering het nou oog op J&J vir entstof

Die AstraZeneca-entstof. (Foto: JUSTIN TALLIS/ AFP)

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagoggend aangekondig dat die regering nou Johnson & Johnson se entstof teen Covid-19 tydens fase een van die entstof-program gaan gebruik. Dit nadat navorsing gewys het dat die AstraZeneca-entstof, wat die regering reeds ten duurste aangeskaf het, nie effektief teen die nuwe Covid-19-variant is nie.

“Die navorsing oor die effektiwiteit van die entstof is eers afhandel nadat ons dit aangekoop het. Ons kon nie bekostig om die aankoop van die entstof uit te stel tot ná die navorsing afgehandel is nie, aangesien dit die proses aansienlik sou vertraag,” het Mkhize gesê.

Die AstraZeneca-entstof het verlede Maandag uit Indië in Suid-Afrika aangekom en die regering het R120 miljoen daarvoor opgedok.

Mkhize het erken dat die vervaldatum op die entstof 30 April is, maar het gesê die entstof sou teen dan reeds opgebruik wees. Mkhize sê sy departement het op die vervaldatum afgekom toe hulle die gehalte van die besending nagegaan het.

Die minister sê die Johnson & Johnson-entstof se effektiwiteit teen die Suid-Afrikaanse variant van die virus is reeds bewys en die regering is in die proses om goedkeuring te kry om dit in Suid-Afrika te gebruik. Die regering het boonop reeds die verkryging van die Pfizer-entstof verseker en is ook in die proses om die gehalte van die Sputnik V-entstof te bepaal en met vervaardigers in gesprek te tree.

Dit is nog nie seker wanneer die regering nou met fase een van inentings, wat reeds verlede week moes afskop, gaan begin nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Rentia ·

En daar is wyd bespiegel J&J gaan al gespuit word middel Feb. End van die week dus…. sal ons eerlik waar verbaas wees om later uit te vind J&J plakkers het op ‘n absoluut onverklaarbare wyse op AstraZeneca bottels beland? En niemand kan dit verklaar nie-natuurlik… Daarom sal daar kommitees saamgestel word wat oor 6 maande moet sê hoe het dit gebeur. Die gaan bietjie meer tyd benodig, en oor ‘n jaar het almal vegeet daarvan.

Pieter ·

“Mkhize se sy departement het op die vervaldatum afgekom toe hulle die gehalte van die besending nagegaan het”……….

So wat van hulle stuur die besending terug en eis hulle geld terug?

Friedrich ·

So hulle het Miljoene betaal vir ‘n dus. Wonder of hulle die geld gAn terug vra? ????????????????????????????????????

SwartBees ·

Dit gaan beteken dat hulle hul eie beursies moet skud….dis waar die ent-stof geld op die ou end gaan beland.

LANA is ELANè ·

Nee, want iemand is ‘n groot “kickback” vir die bestelling betaal.

Genis ·

En ons eerlikke belasting betalers gaan vir die gelag betaal…. Hierdie klonk vir my Chinese Bookeeping…

PH ·

Hoe kan hulle R 120 M se goed koop en betaal sonder sonder om die vervaldatum te spesifiseer of te check??
Het enigeen van hulle al self vleis of melk gaan koop by die winkel, of kry hulle dit gratis?

Anti-Verkramp ·

Die raklewe van hierdie entsof wat ons aangekoop het, is langer as 6 maande. Geen wonder ons kon dit so vinnig bekom nie (nadat ons vir maande geslaap het om enigiets te bestel) want die vervaardigers wou maar al te graag van hul ou voorraad ontslae raak. Die vraag is nou, het die regering geweet van die ou voorraad en steeds voortgegaan om aan te koop of was die vervaardiger oneerlik om dit nie voor die tyd te openbaar nie? Gaan moeilik wees om enige geld terug te kry in elk geval. Punt is daar is ‘n sak useless, halfvrot appels aangekoop. Nou wil hulle hierdie half-oud entstof uitruil aan ander lande. Watter ander land sal half-oue goed aankoop? Vergeet maar, die goed sal weggegee moet word teen ‘n verlies.

Zacahara ·

‘Ons kon nie bekostig om die aankoop van die entstof uit te stel tot ná die navorsing afgehandel is nie, aangesien dit die proses aansienlik sou vertraag,” het Mkhize gesê.’
&
‘Die minister sê die Johnson & Johnson-entstof se effektiwiteit teen die Suid-Afrikaanse variant van die virus is reeds bewys en die regering is in die proses om goedkeuring te kry om dit in Suid-Afrika te gebruik.’

Rakende die 1ste aanhaling: dr. Mkhize, jou verskoning maak nie sin nie! Het julle nou enigsins die proses bespoedig deur die verkeerde goed aan te koop? Hoe dink julle mense daar bo?

Rakende die 2de aanhaling: wonder wanneer dit bewys was – voordat of nadat Pfizer se endstof as onvoldoende bevind is? Praat die dr. homself nou in ‘n hoek met hierdie 2 aanhalings?

Zacahara ·

Wonder nou of hulle die R120M se oneffektiewe endstof dalk aan ‘n ander land kan smous? Hulle sal egter moet spring – tyd is nie hulle vriend nou nie!

En so speel die sirkus voort….! Wonder wat is dievolgende narrespel?

Kattebol ·

Is enige persoon in hierdie land dom genoeg om “entstof” vir covid te neem?

Fritz ·

Meer as wat jy dink. Baie meer. En dit boonop vir iets met n astronomiese amptelkke sterftesyfer van so 0.07%.

Casper ·

AstraZeneca is nie doeltreffend nie en daar is miljoene rand daarvoor betaal.Was daar suksesvol keuringsprosesse.Ek twyfel baie sterk.Ivermektien is wêreldwyd suksesvol aangewend teen covid maar daar moet eers bewese toetse wees voor dit goedgekeur word deur ons regering.Wat gaan nou van die AstraZeneca word.Dit gaan iewers in ‘n stoor gepak word en na die vervaldatum…….word vervolg.

LANA is ELANè ·

Die onvermoë van hierdie regering gaan my verstand te bowe, oral waar daar geld betrokke is word dinge wanbestuur of gedoen sonder die nodige navorsing. Seker omdat iemand weereens bevoordeel is uit die koop van die entstof waarop ons regering hul gierige hande so gou kon kry

Micheal ·

R10, R100, R12000000 aaag wat ons print net meer daar is baie papier

Dirk Mostert ·

Watwo papier. Baie makliker om geld elektronies te skep.

Roebs ·

En nou kom die geld terug>>>????? of gaan dit weer in iemand se sak in

Dirk Mostert ·

Bestel eers, toets later……… . Wanneer is hierdie en ander entstowwe getoets vir ons variant, wat eers in Desember sy kop uitgesteek het? Elders kom nog variante na bewering na vore. Ons gaan nog speldekussings raak om teen alle variante gedek te raak. Dieselfde toets werk egter vir alle variante?

JohanR ·

Moes die verval datum nie al daar in India na gekyk word nie? Sou nie moelik gewees het om ‘n 70% kader India toe laat vlieg het, om die entstof te ondersoek? Kry jy ietsie soos ‘n 70% ANC kader?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.