Regering hof toe gesleep oor reuseskenking aan Kuba

(Foto: Kubaanse ambassade in SA/Facebook)

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan die howe nader om ’n dringende interdik te bekom om die regering te verhoed om ’n “irrasionele en onwettige” skenking van R50 miljoen aan die Kubaanse regering te maak.

Maroela Media het vroeër berig dié skenking het volgens die regering ten doel om die voedseltekort in Kuba te help pak.

AfriForum se aansoek sal nou ook ’n hersieningsaansoek insluit om die regering se besluit rakende die skenking om te keer.

“Dit is verregaande om in die huidige sosio-ekonomiese toestande so ’n reusebedrag aan ’n ander land te wil skenk. Om die waarheid te sê, dit is ’n absolute belediging vir landsburgers,” sê Reiner Duvenage, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

AfriForum het vroeër vandeesmaand in ’n prokureursbrief aan die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) ’n geskrewe verduideliking en redes geëis vir die aankondiging dat die regering die reuseskenking aan Kuba wil maak.

AfriForum het toe daarop aangedring dat geen geld na Kuba oorgeplaas moet word nie aangesien geen redes vir die besluit aan lede van die publiek verskaf is nie. Die organisasie het ook ’n verduideliking geëis oor waar die geld vir die skenking vandaan kom en hoe dit geregverdig kan word in Suid-Afrika se huidige sosio-ekonomiese konteks.

Duvenhage sê die regering het op AfriForum se skrywe gereageer, maar die organisasie is nie tevrede met die verduidelikings wat aangebied is nie – vandaar die regsaksie. Die organisasie hou vol die besluit is geneem sonder enige parlementêre oorsig en sonder om gehoor te gee aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

  • Kuba word tans deur ’n dwingende voedseltekort in die gesig gestaar, onder meer weens sanksies wat deur die VSA teen dié land ingestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annie ·

… dis nie ‘n skenking nie, boet Fasie. Dis betaling. Dalk vir die entstof of vir die behandeling van ons hogeres… Gereeld soos klokslag… Dalk vir Zuma se onlangse ___-sindroom. Natuurlik help dit ook om ‘n bek toe te hou as dinge te warm word vir sekeres in die regering: groot beleggings of iets dergeliks.

SomeOne ·

en intussen moet die arme, ARM, belasting betalers die spit afbyt om net meer belasting op goedere te betaal.
eks seker daar is ook ‘n stukkie ingewerk vanaf die brandstof prys om vir kuba geld beskikbaar te stel,
ek dink daar moet indringend na die brandstof prys ontleding ondersoek ingestel word na waar die geld uiteindelik heengaan

Althes ·

Dankie Afriforum vir jul aktiewe optrede. Dit is inderdaad ñ klap in die gesig vir elke landsburger. Waar kry die regering daardie geld – uit die staatskas wat volgens my wanbesteding is van belastinggeld.
Die regering stel ook Kuba se belange bo Suid-Afrikaanse burgers deur Kubane werk te gee in SA.
Genoeg is genoeg. Die sogenaamde struggle dae is dekades gelede al verby, strugglemaatjies het hul vervaldatum bereik.

Alex ·

Ons skuld reeds baie geld aan ander lande wat vir SA gellen het en nou leen ons uit leengeld vir Kuba. Kuba is juis n land wat geen land wil help nie. Wat n klap in die lande se gesig wat geld aan ons leen om dit te oorhandig aan Kuba. Weereens ons belasting geld en hoe inflasie wat ons moet betaal om ANC skuld te delg

SjN ·

Pay back time, en hul eie mense wat hul ingestem het kry swaar, skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.