Regering skop teen asiel vir 22 Afghane

Beitbrug-grenspos Foto: newzimbabwe.com

Die Suid-Afrikaanse regering betwis ʼn hofbevel wat hom dwing om asiel toe te staan aan 22 Afghaanse burgers wat die land vanaf Zimbabwe wou binnekom nadat hulle ʼn maand lank in dié land met toeristevisums deurgebring het.

Die Pretoriase hooggeregshof het Vrydag ʼn bevel uitgereik wat die regering verplig om die Afghaanse burgers in te neem nadat grensowerhede hulle ʼn dag vroeër by die Beitbrug-grenspos weggewys het.

“Ons dink nie hulle het asiel nodig nie of dat hulle die aangewese roete gevolg het om asiel te verkry nie,” sê Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, nadat die regering die bevel Maandag in die hof betwis het.

Uitspraak is voorbehou. Die groep bevind hulle intussen in Zambië.

Motsoaledi bevraagteken veral die wyse waarop die Afghaanse burgers, vergesel deur drie Amerikaanse burgers, verlede week by Beitbrug opgedaag het.

“Hier is mense wat veronderstel is om vlugtelinge met ernstige probleme te wees, maar hul aankoms word voorafgegaan deur ʼn brief van ʼn baie duur regsfirma,” sê ʼn skeptiese Motsoaledi.

Die groep word verteenwoordig deur ʼn Amerikaanse nieregeringsorganisasie, bekend as The Lifeline Foundation.

Die Suid-Afrikaanse regering het in 2021 ook geweier om 126 Afghaanse vliegtuigpassasiers in te neem ná die onttrekking van Amerikaanse troepe uit Afghanistan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Martie Smartie ·

Dis goed so, hou hulle uit hier, hulle kan in elk geval net oor die grens stap as hulle wil soos miljoene zimbabwiers en mosambiekers

melaney ·

Daar is oorgenoeg ongewenste vreemdelinge in Suid Afrika.

Anton ·

Nee man, ons kort nog selfoon winkels. Om van die dosyne tapyt winkels waar niemand nooit iets koop eers te praat nie :-)

ABDP ·

Ek moet vir ‘n slag saam met ons regering stem. Ek wens hulle wil so optree teenoor die ander klomp wat onwettig by die land probeer inkom

Grens ·

Hulle moet net se hulle is Kubane, dan val alles oop vir hulle plus ‘n geldjie ook.

Miskruier ·

Geld vir n maandlange vakansie, die reis betaal en dan assiel vra. Die NGO is besig met “human trafficking”

TruthDealer ·

As jy van Afghanistan kom en wil asiel soek iewers, is SA vir my n eienaardige keuse. Weet die mense nie dat die land vinnig op pad is om soos die ergste dele van Afghanistan te raak nie? Hulle kan net sowel in Mogadishu of enige ander hool asiel soek. Why anyone would voluntarily want to come to SA, is beyond my comprehension.

Hennie ·

Die Amerikaanse WOKE groepe teiken nou al SA. Watse verpligting is daar volgends die howe om hierdie mense hier toe te laat?

Republikein in die Wes Kaap ·

Amerika behoort hulle te help. Veral vrouens kry swaar in Afghanistan.

Di ·

Almal dink mos hulle kan net hier inkom en plak!! Almal is mos welkom hier, DIS hoekom ons land so groot gemors is

Casper ·

Hulle kwalifiseer nie vir politieke asiel nie omdat hulle in Zimbabwe al moes aansoek gedoen het vir politieke asiel.Asiel is nie hulle hoofdoel om in die land te wees nie.Die Taliban het hulle gestuur om te spioeneer.

Matmiet ·

hoekom nou skielik, daar is dan duisende ander wat onwettig hier is.

Matmiet ·

Ek wonder of die Russe wat saam met die ANC die mangaanmyn in die Noordkaap besit ook asiel gaan kry….”All animals are equal….”

Koos 100 ·

As die Amerikaners so bekommerd is ook hulle, vat hulle dan VSA toe!

Renier ·

Laat hulle kom,die misdaad in SA sal hulle weer laat vlug.

Jaco ·

Waarom gaan hulle dan nie Amerika toe nie? Joe Biden en sy hoogheilige Demokrate het dan so ‘n mooi oop human rights georiënteerde immigrasiebeleid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.