Regsaksie oorweeg oor KSA se rassediskriminerende aanstellings

Argieffoto.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om moontlike regsaksie teen Krieket Suid-Afrika (KSA) te ondersoek.

Dit volg nadat Krieket Suid-Afrika aangekondig het dat hulle voortaan daartoe verbind sal wees om slegs swart konsultante aan te stel in ’n poging om transformasie te versnel. Dié besluit is Maandag tydens ’n vergadering met die departement van sport en ontspanning bevestig.

“Krieket Suid-Afrika se besluit om uitsluitlik swart konsultante aan te stel, kan as niks anders as onregverdigbare rassediskriminasie beskou word nie,” sê Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum.

“AfriForum neem sterk standpunt in teen enige vorm van rassediskriminasie en sal gevolglik die nodige aksie neem wat hierdie saak aanbetref. Dit is kommerwekkend dat dit nou ’n algemene verskynsel geword het dat sommige vorms van diskriminasie verskoon word en as “noodsaaklik” of “positief” geregverdig word. Gevaarlike en blatante dubbele standaarde soos dié moet beveg word, en as ’n burgerregteorganisasie is dit presies wat AfriForum sal doen,” het Roets bygevoeg.

Intussen het Maroela berig die beleërde nasionale krieketbeheerliggaam sou Saterdag sy jaarvergadering gehou het waartydens hy onder meer ’n nuwe president, uitvoerende hoof en ’n paar raadslede sou verkies het.

Verskeie voormalige administrateurs het versoek dat die verkiesing eers ter syde gestel moet word sodat KSA sy huis in orde kan kry. Die brief is ook deur Ray Mali, oudpresident, onderteken.

KSA het egter gistermiddag in ’n mediaverklaring gesê dat die vergadering vir eers afgelas is. Geen alternatiewe datum is nog verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Callie ·

Laat hulle sommer in swart klere speel ook. Ek en baie ander is klaar met sport in SA!

Frank ·

Man, ek is sommer baie vies vir die spelers ook, maar miskien moet hulle om hul eie beswil oorsee gaan plek soek. Laat hierdie klomp by KSA met minderwaardige spelers in hulle gemors bad!
Hoe sê die swart outjies “Ons gee nie om om niks te besit nie, net solank jy ook nie iets besit nie…”

Johann ·

Wanneer gaan Afriforum leer dat regs aksies in die land werk nie. Al wat moet gebeur is dat ons ondersteuners krieket moet boikot en GEEN enkele ondersteuner moet opdaag by die wedstryde of dit op tv kyk nie. Slaan hulle waar dit seer maak en dis op die beursie.

Anoniem ·

Johann, ek stem 100% saam met jou kommentaar. Geen sport in SA sal oorleef indien daar nie ondersteuners is nie, want dit is inderwaarheid waar die sportliggame se finansies vandaan kom.

Hansie ·

En vir wie straf jy dan? Die CSA raadslede? Nee, jy straf die spelers!!

Blikkies ·

Gaan lees weer die komentaar van Callie. Bes die wit spelers gaan soek vir hulle plek in die buiteland..

ZeldA ·

Hulle maak staat op mense soos julle. Dishoekom hul wegkom daarmee

Blikke ·

Vaarwel SA Krieket……dit was goed om van die wereld se beste te kon wees!!!

Mallie ·

Ek hoop die borge onttrek ook. Alles gaan ten gronde en vir wat?

Andre ·

Ek moet vir KSA opstaan en noem dat daar steek geen waarheid in dat hulle die vierde alliansie lid van die ANC gaan word nie asook dat CSA nie staan vir Circus South Africa nie

Kokerboom ·

KSA wat my betref kan nou maar KSSA(krieket swart SA) in toekoms heet. Ons het reeds onttrek aan enige vorme van ondersteuning. Dankie aan ALLE oudspelers behalwe kruipers en simpatiesoekers wat jul vir krieket in SA gedoen het. Dis nogal ironies toe hele bestuur swart was het alles ge eindig in ‘n ramp?!Transformasie het ‘n walglike vloekwoord geword. Alles wat jy forseer en nie natuurlik plaasvind is gedoem. Dis rassisme met ‘n verskuilde agenda. Kon nog nooit verstaan dat velkleur so ‘n lewenslas vir sommige is. Eintlik blameer hul die Skepper !

david ·

Dit lyk of KSA ook aan die Henry Ford sindroom ly—
die ou siell het mos oor die kleur van sy motors beveel: “you can paint it any colour you like, as long as it is black..”
By KSA is dit nou : you can appoint anyone you like, as long as he is Black……

Boikot is ‘n lekker spel…..!

Raakvatter ·

Vir ‘n massiewe sport ondersteuner, veral krieket en rugby, is dit ‘n baie bitter pil om te sluk – die dag wat ek my geliefde sporte moet vaarwel roep. Darem het die lockdown gehelp om gewoond te raak om nie sport te kyk nie.
My seisoen kaartjie sitplek gaan maar oop staan week na week.

Jessey ·

Sjoe, en daar word al die Kniebuigers nou afgedank. Mmmmmmm, wie het dit nie sien kom nie?

Simon ·

Wit burgers van Suid-Afrika maak julle oe oop. Volgens statistiek is ons getalle nou in die te verre minderheid om enigsins op beskaafde metodes die breek van die damwal te keer. Ons sal na onbeskaafde metodes moet kyk as on enigsins in hierdie land wil oorleef.

Anel ·

Wat ek nie kan verstaan nie us hiekom ons mens nie ontrek en ons eie sportliggame stig nie? As hulle dan alles wil hê, dat hulle dit vat. Hulle gaan in elke geval nêrens kom nie. Toe hulle ons skole begin vat het, het ons ons eie begin, ins kultuur, soos die Voortrekkers toe begin ons ons eie AVKB, ons universiteite, ons eie een is al aan die gang maar sal volvaardig volgende jaar voltooi wees. Ek weet daar is alreeds die Bokkieweek, maar brei dit uit. Ek glo dit sal uitsonderlik groei en die wêreld sal eerder teen hierdie mense deelneem om hulself teen te meet as onbevoegdes. En dit sal ondersteun word! Deur ons eie mense. NIE DUE REGERING NIE!!! Kyk maar wat het met die wêreldbekersokker gebeur!

Misky ·

Waar is die dae van die beste spelers word gekies en speel om sy land te verteenwoordig en vir die liefde van die spel. Totsiens KSA en gaan die sport mis

Deon ·

Wat is die volgende in lyn om ook opgemors te word? Die is rasse diskriminasie, en soos die een minister gese het, daar is nie plek in sa meer vir dit as ons “inklusief” wil wees nie, dit was die minister se woorde oor die solidariteit universiteit… Loop blaas doppies!!

Anoniem ·

Shame die mense kan ook niks behaal deur werklike harde werk en oneindige insette nie en moet altyd hulle onvermoë regstel deur te diskrimineer en terme op te maak soos “sistamic racism”. Fooitog. Dit is soos jy word nooit gekies vir die span nie dan is die beste om die aftigter te blameer en hom te vermoor dan kan jy jouself aanstel en nie as n lid van die span nie maar sommer die afrigter. Dit is n minderwaardigheidskompleks… hulle sê eintlik reguit hulle is nie bevoeg nie so verander die reels…

Onnie ·

En dan wonder hulle nog hoekom al die beste sportmanne en afrigters hulle heil in die vreemde gaan soek. Almal was bv kwaad vir Kevin Pietersen, maar hy was reg, want hy sou nooit in SA bereik het, wat hy in Engeland bereik het nie. SA regering gee nie n flenter om vir sport nie, hulle bevorder net hulle eie politieke agendas. Het jy al ooit gehoor iemand kla omdat daar te min “wit” spelers in Bafana sokkerspan is? Nee, want “each to his own”. Maar hulle is soos n bederfde kind wat elke keer met die speelding wil speel wat die maatjie mee speel, en elke keer sy sin kry omdat ons bang is hy gaan n vloermoer gooi. Dit alles maak my sommer naar.

Pieter J ·

Ek dink nie AfriForum gaan sukses behaal hiermeein die howe nie want die is al net so getransformeer. ń Goeie voorbeeld is die jongste hofbesliising teen die Kaapstad metro wat deur die hof belet is om onwettige grondbesetters sonder meer van eiendomme wat beset word te verwyder.

Steve ·

Ek boikot krieket en enige sport wat swart spelers kies en blankes uitlaat wat op meriete gekies moet word.
Ek is klaar met die gatkruipers in SA sport. DSTV uit en geen sent weer op sport spandeer nie. Laat die swart gesigte die koffers vol maak

Ria ·

Goed dan, kan ons ook eis dat slegs blankes ASB na Afrikaanse kunstefeeste, parkmarke en Afrikaanse skole o.a. gaan. Dit sal n blessing wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.