Regsaksie oorweeg oor roofkopieë van ‘Gangster State’

Penguin Random House, uitgewer van Gangster State: Unraveling Ace Magashule’s Web of Capture, dreig met regsaksie teen diegene wat roofkopieë van die boek op sosiale media versprei.

“Ons wil dit duidelik stel dat die enigste manier om die e-boek wettig te bekom is om dit by ʼn e-boekverspreider te koop. Enige kopiëring of verspreiding van ʼn roofkopie van die e-boek of om ʼn skakel na ʼn roofkopie te deel is onwettig.”

Volgens die uitgewer sal hy regsaksie instel teen individue wat roofkopieë van die boek versprei en kan dit kriminele klagte insluit.

Roofkopieë van Pieter-Louis Myburgh se boek word tans in PDF-formaat op sosiale media versprei.

Julius Malema, leier van die EFF, is een van diegene wat op Twitter sy ondersteuners gevra het om vir hom ʼn roofkopie van die boek aan te stuur. Malema het vinnig reaksie gekry van sy ondersteuners en daarna getwiet dat hy reeds drie elektroniese kopieë gaan kry en dat hy dit met ander sal deel.

Myburgh het Malema op Twitter daaroor aangevat. “Another cheapskate ?. @Julius_S_Malema and his wifey can afford to rub shoulders with the WMC elite at places like the #InandaClub, but he won’t pay around R300 for a legal copy of a book. #GangsterState.”

Myburgh het ook later op Twitter vir Malema gesê dit blyk hy en die hele party het nou al onwettige kopieë van die boek en dat hy hulle graag sal wil uithelp om die boek ten volle te verstaan. “ʼn Mens moet kan lees en in staat wees om ingewikkelde kwessies te verstaan,” het Myburgh geskryf en ʼn handgetekende prentjie gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

SjN ·

Hoop die wat dit gekry het op hul slimfone gaan dit nou seker brand steek.

Dries du Toit ·

Dit wys jou nou net hoe kom hierdie uitgesproke rassistiese dief weg met als. Haatspraak, blatante diefstal korrupsie ens. Die grootste gevaar is dat hy miljoene platkoppe oortuig om sy voorbeeld te volg. Ons is in groot moeilikheid in die land

Cherokee ·

Dries, eintlik wil ek jou lankal sê, ek geniet dit om àl die kommentare te lees, hetsy saamstem of nie, saampraat of nie, maar joune is van die kommentare wat ek meer geniet. Lees jou graag.

Db ·

@SJN. Baie skerp en lag ek nou so kliphard hier waar ek alleen in die kantoor sit en lees

JG ·

Ons almalweet mos nou al teen die tyd…Malema en “wettige optrede” kan nie saam in een sin gebruik word nie…

Felix ·

Julius is al ‘n tenderpreneur genoem, kan mens hom nou ook ‘n (digitaleboek)rower noem?

Karolis ·

PLM, ek dink jy behoort te weet wat die gevolge is wanneer jy jou goed op die internet plaas, vir almal om te sien en te misbruik.

Jerry ·

Diegene van julle wat so gou is om mense wie nie Afriforum standpunte en opinies ondersteun nie, as ruggraatloos af te maak, kyk na Pieter-Louis Myburgh en word wys mbt wat ruggraat rerig is! Dit verg ruggraat om teenaanvalle in sy persoonlike hoedanigheid te loods teen n radikale populis wat agter die massas skuil. Hy uiter nie halwe waarhede nie en skuil nie agter n organisasie of agter die Afrikaner soos Afriforum doen nie. Dus kan net hy geteiken word en is dit nie ten koste van die niksvermoedende/goedgelowige Afrikaners nie! Neem kennis mense, dit is wat ruggraat behels, dit is om jouself op die altaar te plaas terwille van ander, nie ten koste van ander nie! Mense is bereid om oorlog toe te gaan met n persoon met ruggraat soos Pieter-Louis Myburgh, jy gaan nie oorlog toe met mense wat agter getalle en agter ander mense skuil nie! “Wake up Afrikaners and smell the roses”!

JG ·

Jerry, wat het Afriforum tog ooit aan jou gedoen dat jy so wrewel jeens hulle het ? Wou hulle jou nie as lid aanvaar nie of wat ?
Weet JY ooit wat dit is om in n oorlog te baklei ?

khat ·

deur hulle laptops of telefone te brand sou ek e sal hel om die boek te stop vir hulle as hulle so bekomerd is so malema wat ook agter deur staan met tender bedrog en die bank wat hulle so geloot het

Andreas ·

Die ANC se aanjaag met die regerings Entiteite, gepaardgaande kurrupsie en in die grond in bestuur tot waar die land se ekonomie nou al rommelstatus verklaar is, het, met die hulp van Jacques Pauw se boek, die mense genoop om aksie te neem en kommissies aan te stel wat die een blik wurms op die ander een onthul. Dit lyk tog of dinge stadig in die regte rigting beweeg. Natuurlik met Zuma uit die pad, is daar al minder weerstand, so wil dit lyk, of, as daar nog is, dit ook stadig sal verkrummel. So hoop mens.

Klip in die bos ·

Hoop nie die die twee mannetjies links en regs van die huisies is die inwoners nie. As dit so is, is “die deler mos net so goed as die steler” Dit kan groot hartseer veroorsaak.

Lerato ·

Dit verg baie moeite, navorsing en geld om so ‘n boek te publiseer.

Die verspreiding van roof kopieë, is blante diefstal of sal ek eerder sê roof.

Kobus ·

Dit is ń skerp en vreeslose kommentaar asook skets. Ek hoop die persone waarteen dit gemik is, vang dit. Maar die punt is gemaak.

Andreas ·

My oog vang-vang so ‘n naam in van die kommentare, nou wil ek graag weet as mens roof of laat roof, is daardie persoon dan “in a gangster state of mind?”

jakes ·

Gegewe Malema se swak standaard van kommunikasie is dit te betwyfel of hy die inhoud van die boek sal verstaan. Hoe hierdie nar ooit n graad kon behaal sal seker net hy weet. Om te betaal vir enige iets is buite Malema se verwysingsraamwerk. Natuurlik het hy volgelinge want hulle is op dieselfde intellek vlak as hy.

Jerry ·

JG, dit gaan nie oor my nie, dit gaan oor die Afrikaner en wat Afriforum besig is om aan die Afrikaner te doen met behulp van die ANC aanslag, dit is waaroor dit gaan. Afriforum moet namens hulle lede se belange optree wie Afrikaners is, nie Afrikaners wie nie lede is nie, dit is misleidend, dit is n halwe waarheid. Die meerderheid Afrikaners stel nie belang in Solidariteit/Afriforum se agenda, motiewe, benadering en taktiek nie. Om alle Afrikaners by julle gemors te probeer insleep is misleidend, verwaand, lafhartig en ruggraatloos! Voordat julle dit nie regstel nie sal die meerderheid Afrikaners julle nie terwille wees nie, nie vandag nie en ook nie more nie! Ons verduur julle maar net soos ons die ANC verduur, soos n broer in die tronk!

Andreas ·

Jerry, as ek jou reg verstaan, is daar ‘n geweldige aantal mense wat nie die rigting wat Solidariteit en Afriforum inslaan ondersteun nie. Waarop grond jy dit, op die verskil tussen die wat lede van Solidariteit en Afriforum is en die Afrikaners/wit mense in die land? Dus kom jou som so om en by die twee miljoen uit. Maar dan laat jy daardie mense wat DA stem om as teenvoeter vir die ANC te wees buite rekening. Ook daardie wat vir ander partye stem of buite stemming bly. Nou kom ek gaan met jou ‘n ooreenkoms aan, ons twee stig ‘n party want daar is mos nou by die 1,5 miljoen Afrikaners/wit mense wat eintlik herderloos is en wat deur Afriforum en Solidariteit aan die neus gelei en misbruik word, dan wikkel ons vir die volgende vier jaar en durf die volgende verkiesing onder die naam Ware Afrikaner Omgeeparty aan.

Dries du Toit ·

@jerrie ons almal hou ook van Pieter-Louis Myburgh se ruggraat. Dat jy nou die vermetelheid het om sy ruggraat te gebruik om Afriforum en Solidariteit te verguis is bietjie laakbaar en getuig van ruggraatloosheid

Bosso ·

Jerry, ai kry ek darem nou heimwee. Jy laat my dink aan die dae voor jy gaan ja stem het en die Volksfront in die skilpadsaal bymekaar gekom het om te organiseer en mobiliseer. Net voor ‘n konsensus toe staan daar ‘n mannetjie op en vra wat is ons naam? Afrikaner of Boere Afrikaner? En daar val alles plat wat dae aan gewerk is. Is jy dalk ook geplant deur NIA soos daai mannetjie?

Lerato ·

Elke mens en elke organisasie doen regte en verkeerde dinge.

Organisasies soos Afriforum en Solidariteit doen wonderlike werk en kan net nog beter doen as hulle hulle koppe gebruik en nie hulle emosies nie.
Ek luister na Roets en ek dink wat ‘n intelegente belese mens Dit totdat hy drunk, drunk, druk geskreeu het.
Mense onderhandel nie met iemand wat hulle motiewe as drunk uitspel nie.
Daar sny Roets toe sy geleentheid af om verder aan die grondkwessie debat deel te neem af.

Barend ·

Malema en sy EFF se optrede bevestig mos nou maar net wat die boek beweer, nl dat ons in ‘n gangster state (paradys) leef. En Jerry, wie het jou as segsman van Afriforum se nie-lede aangestel?

Sarel ·

Pieter-Louis,
Ek dink jy oorskat sommige mense se inteligensie indien jy dink hulle sal jou grafiese verduideliking verstaan. Jy sal dit baie meer moet vereenvoudig.
Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.