“Die bestuur het gevoel die platform vir intellektuele debat en gesprek, saam met die beginsels van akademiese vryheid en vryheid van spraak, moet eerbiedig word.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Gangster State"
UV gekap oor kansellasie van Gangster State-praatjie
Penguin Random House sê in ʼn verklaring hy is geskok deur die universiteit se besluit om die geleentheid te kanselleer, en dít boonop sonder om die uitgewer óf skrywer Pieter-Louis Myburgh daaroor in te lig.
Regsaksie oorweeg oor roofkopieë van ‘Gangster State’
Julius Malema, leier van die EFF, is een van diegene wat op Twitter sy ondersteuners gevra het om vir hom ʼn roofkopie van die boek aan te stuur.
Bekendstelling van Magashule-boek glo gekanselleer
Dit volg nadat chaotiese tonele Dinsdagaand in Sandton tydens die boek se Johannesburgse bekendstelling afgespeel het, toe dosyne Magashule-ondersteuners in geel T-hemde uit die Vrystaat opgeruk en die verrigtinge ontwrig het.
Nuuskommentaar: Boekverbranding, stratkom, beeldestorm en persvryheid
Dit is nie van gister af nie dat die ANC begin het om ’n eietydse Antjie Somers, genaamd Stratkom, te skets nie. Die gees wat dit losgelaat het, kan regstreeks verbind word met die Jeugliga se dreigement om alle eksemplare van die boek Gangster State van die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh te verbrand.
‘Nie in my naam,’ sê Ace oor boekplunderaars
“Diegene wat voorgee dat hulle ANC-lede of ondersteuners is en boekbekendstellings ontwrig, boeke verbrand, revolusionêr probeer wees of skrywers en joernaliste in my naam intimideer, moet dit staak. Dis optrede wat getuig van politieke onverdraagsaamheid en is teen die vryheid van spraak wat alle Suid-Afrikaners geniet.”