Regstappe aangekondig teen Yes4Youth

“Yes4Youth sê vir jong, wit werkloses soos dié in Danville dat hulle geen hulp verdien nie, dat hulle bevoordeel is; terwyl hul swart buurman of selfs die ryk swart sakeman in Sandton se seun of dogter klaarblyklik wel ʼn hupstoot kort.”

Só het Paul Maritz, koördineerder van Solidariteit Jeug, Woensdag by ʼn mediakonferensie in Danville, Pretoria, op die uitsluiting in die skema gereageer. Solidariteit Jeug het by die geleentheid regstappe aangekondig teen die jeugwerkloosheidskema, Yes4Youth, wat wit werkloses op grond van hul ras uitsluit.

“Dit is verstommend dat die regering en die maatskappye wat hulself aan die skema verbind het, meen dit is aanvaarbaar om teen van die armes in die samelewing te diskrimineer, gewoon net omdat hul velkleur nie reg is nie,” het Maritz bygevoeg.

Solidariteit Jeug het tydens die konferensie bekendgemaak dat hy regstappe namens een van sy lede, Danie van der Merwe, wat werkloos is en uit hierdie program uitgesluit word weens sy velkleur, gaan neem. “Ons is van mening dat ons ʼn baie sterk regsaak in hierdie verband het,” het Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, gesê. “Absolute uitsluiting op grond van ras is en was nog nooit toelaatbaar binne ons grondwetlike bestel nie. Ons kan nie staan en toekyk hoe dit genormaliseer word sonder om dit hand en tand te beveg nie.”

Solidariteit Helpende Hand het ook tydens die konferensie sy steun aan die aksie toegesê en daarop gewys dat daar duisende Danies onder ons is en dat hierdie uitsluiting jong, wit mense onwelkom laat voel in hul geboorteland. “Werkloosheid is nie sommer net ʼn syfer nie; dit verteenwoordig ʼn lewende mens wat sy of haar bes probeer doen maar wat nie net ly weens sy of haar omstandighede nie, maar wat nou ook geskop word terwyl hulle lê deur ʼn regering wat hulle as tweedeklasburgers hanteer,” het Ernst Vorster, adjunkbestuurshoof van Solidariteit Helpende Hand, gesê. “Voorts word statistieke rondgegooi oor armoede in Suid-Afrika, maar al die werklose jongmense wat in hierdie geval uitgesluit word, is juis daardie arm mense wat ʼn mens sou dink hierdie program veronderstel was om te help – mense soos Danie van der Merwe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Naja Nivea ·

Kan Afriforum/Solidariteit ‘n “Yes” beweging stig vir alle rasse nie? Vir dié wat dit verdien. Ek is meer as bereid om met my witbrood onder my arm ‘n bydrae te maak. Ek is gatvol vir sulke blatante diskriminasie.

Piet Snot ·

Johannes, jy kan nie oor daardie mense se rassisme kla en dan self rassisties optree nie.

Nandi ·

Naja Nivea, ons het so organisasie in pretoria oos begin. Alle rasse is betrokke en ons help almal.

Nandi ·

Naja Nivea, Ons het `n organisasie in Pretoria oos begin waar enige iemand welkom is. Ons berei hulle CVs voor en ook personal development programme. Ons benodig eintlik firmas om ons te ondersteun. Maar belangrikste: ENige een is welkom en ons is geseend met baie goeie terugvoer.

Gert ·

Maklik. Boikot daai maatskappye. Spur het sy gat gesien. Sasol en versejering maatskappye sal gou die knyp voel. Wittes verwoes nie. Klap hulle hul beursies toe

Carla van Wyk de Vries ·

Waar kan ek ‘m lys van die organisasies kry wat hierdie program borg? Ek wil graag seker maak dat rassisme nie met my geld aangehits word nie.

Rohan ·

Carla, op hulle tuisblad sien ek die volgende maatskappye: Investec, SASOL, Standard Bank, SANLAM, Unilever (Dit is ‘n grootvervaardiger van menige produkte soos OMO waspoeier oa.), Nedbank, Woolworths, Netcare, Adcock Ingram en Telesure Investment Holdings.

Dirk ·

Wat het geword van Solidariteit se strewe na afsonderlike ontwikkelling en selfbeskikking? Die ANC doen presies dit waarna Solidariteit strewe en dit dien mos nou as regverdiging vir Solidariteit om werk deur selfbeskikking vir Danie v d Merwe en al die Danville werkloses te bewerkstellig. Dit maak tog net sin dat as die ANC witmense uitsluit, dat witmense geregverdigbaar dan ook die ANC kan uitsluit. Om dit nou n diskriminasie aangeleentheid te maak eerder as om dit as n geleentheid te gebruik as regverdiging vir afsonderlike ontwikkeling, maak nie vir my enigsins sin nie. Dit is tog Solidariteit en die se lede se strewe of het ek iewers langs die pad die bus gemis, want duidelik het die ANC nie die bus gemis nie. Hulle doen presies dit wat Solidariteit na strewe! Solidariteit se ingesteldheid om geregtigheid teen diskriminasie te laat geskied, veroorsaak dat hulle geleenthede om afsonderlik te ontwikkel, nie kan raaksien nie!

Leonora ·

Die Staat is besig om Maatskappye van ‘n kant af te kaap, die wat reeds gekaap is soos Sasol, Discovery en die lys gaan aan – besef nog nie eens hulle is in aanhouding nie, SAD.

Stephen Namibia ·

Ek stem saam. Slaan hulle waar dit seermaak. Op die ekonomiese front!! Hulle sal die knyp gou voel as die “wit kapitaal” opdroog.
Dit geld vir al hierdie maatskappye wat diskrimineer op grond van velkleur.

D B ·

Gou-gou op hulle website gekyk, hulle “business partners” is:
Investec
Sasol
Standard Bank
Sanlam
Unilever
Nedbank
Woolworths
Netcare
Adcock Ingram
Telesure

Francois vRvO ·

Kom nou Solidariteit , wat van ‘n kiboets vir al die Danie van der Merwes.
Die kiboets sisteem is ook sosialisties , nes die ANC , so hulle sal nie ‘n pyn he met dit nie.
Hier waar ek werk , dring die swartes aan om by blankes te leer boer , hulle beplan “incubators ” vir die mense wat die plase gaan oorvat , so daar is ‘n mark vir ons.
Hou op kla , hierdie is ‘n gulde geleentheid om uit munt te slaan!!!!!!!!!!

Nel ·

Bye, bye Woolworths. Gelukkig het ek geen belange by die ander groepe nie.

Rohan ·

Nel, Unilever sluit ‘n lys verskillende produkte in soos: Bovril, Lipton Ystee, Maizena, OMO / Surf waspoeier, Magnum roomyse, Dove. Gaan Google die lys, en sien dis allerdaagse produkte wat almal koop.

Johan H. ·

Danki DB, eks nog net besig om standardbank te los.lankal klaar met sanlam. Castle , myway,spur ,nog besig met dstv. Staan sterk witmense,may the wors be with us!!!

Sp ·

Standard Bank se Call Centre is uiters pateties. Vra jy of jy met Precious kan praat na aanleiding van jou vorige navraag, weet hul nie konsuis van wie jy praat nie.
Jou navrae word nie altyd geboekstaaf op hul stelsel nie.

Anita ·

Hierdie uitsluiting van blankes dui daarop dat ons net moet belasting betaal en stil bly. Die munisipaliteite laat geen blanke toe om vir die grassny werke te tender nie alleenlik ander kleuriges, Dit moet oop wees vir almal, daar is werklose blankes wat ook op die vullis vragmotor sal werk as noodgeval. Daar is ook blankes die weier om te werk as dit aan gebied word , ek verwys na die Karton brigade by ons , hulle staan by elke verkeerslig, hierdie mense moet verwyder word en op ‘n plaas geplaas word, hulle laat blankes in ‘n bedel siening,
daar is werk vir almal al is dit laag geskoold en daar mag geen kleur aan te pas kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.