Regstreekse gesprek: Aanlyn leer – Die toekoms van onderwys?

skole-jan2021-01.jpgSedert die uitbreek van Covid-19 in Suid-Afrika en die gevolglike inperkingsregulasies wat ingestel is, moes skole noodgedwonge nuwe maniere van onderrig ontwikkel om te verseker die akademiese jaar gaan voort, al word kontakonderrig nie toegelaat nie. Die heropening van skole is weereens in die nuwe jaar met twee weke vertraag en dit word nou duidelik dat onderwysers hulself al meer op aanlyn leer sal moet toespits.

Maar hoe doeltreffend is dié manier van leer en is dit ʼn werkbare oplossing vir die dilemmas wat die onderwysstelsel tans in die gesig staar?

Elaine Krige, Maroela Media se nuusredakteur, gesels met kenners op dié gebied.  Haar gaste sluit in Valentyn van der Merwe, hoof van innovasie by die SOS, Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, en Jannie Raath, skoolhoof van Laerskool Hennopspark.

Volg die regstreekse gesprek net hier om 14:00 op Dinsdag 26 Januarie.  Die gesprek kan ook gevolg word op Maroela Media en SOS se sosialemediaplatforms.  Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees.

Aanlyn leer: Die toekoms van onderwys?

Aanlyn leer: Die toekoms van onderwys?Sedert die uitbreek van Covid-19 in Suid-Afrika en die gevolglike inperkingsregulasies wat ingestel is, moes skole noodgedwonge nuwe maniere van onderrig ontwikkel om te verseker die akademiese jaar gaan voort, al word kontakonderrig nie toegelaat nie. Die heropening van skole is weereens in die nuwe jaar met twee weke vertraag en dit word nou duidelik dat onderwysers hulself al meer op aanlyn leer sal moet toespits. Maar hoe doeltreffend is dié manier van leer en is dit ʼn werkbare oplossing vir die dilemmas wat die onderwysstelsel tans in die gesig staar? Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Tuesday, January 26, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.