‘Rekordgetal’ partye vanjaar op stembrief

Argieffoto

ʼn Rekordgetal van 48 politieke partye sal aan die nasionale verkiesing op 8 Mei vanjaar deelneem, 19 partye meer as die vorige algemene verkiesing in 2014.

Leiers van die politieke partye het Woensdag in Johannesburg byeengekom om die verpligte verkiesingsgedragskode te onderteken.

Sy Mamabolo, die hoofverkiesingsbeampte van die Onafhanklike Verkiesingskomitee (OVK), het gesê daar is 26 756 898 kiesers op die kiesersrol, waarvan 55% vroue en 45% mans is. “Hierdie kiesersrol verteenwoordig 74,6% van die totale stemouderdom-bevolking. Sedert die eerste universele kiesersrol in 1999 saamgestel is, het die rol met 47% gegroei,” het Mamabolo gesê.

Sowat 20% van die kiesersrol bestaan uit jong kiesers onder die ouderdom van 29.

Die hoofverkiesingsbeampte het ook gesê ʼn rekordgetal politieke partye sal aan die provinsiale verkiesing deelneem. Gauteng het die meeste partye met 36, terwyl die minste partye in die Noord-Kaap geregistreer is – net 21.

Kiesers sal op 8 Mei hul kruisies by 22 926 kiesstasies reg oor die land kan trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ellisras ·

Toegang tot die demokrasie is ‘n edel gedagte. Maar hierdie horde partye dra nie regtig by tot enige iets posetief nie.

Alida X ·

Nick dit is nie lekker om ‘n wit lafaard genoem te word nie.
Ons het almal ons deel van probleme in die land. Inteendeel oral ter wêreld .
As jy dan so dapper is, ongeag jou velkleur, kom met al die oplossings asb.
Dat geen party die land kan red nie stem ek mee saam.
Om egter nie te stem nie is ook verkeerd want dit is ‘n stem vir die ANC. Vat 1 minuut en maak daardie som.
Moenie ‘n draadsitter wees nie.

Nigel ·

As jy nie stem nie sê jy eintlik dat jy nie verandering wil hê nie en stem jy vir die ANC. Maak nie saak vir wie jy stem is dit 1 stem meer teen die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.