Renosterhoringdiewe skuldig bevind

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

Drie mans is ʼn boete van R75 000 of tronkstraf van vyftien maande opgelê nadat hulle skuldig bevind is aan die diefstal van renosterhorings.

Jonathan Jeremy Perring (37), Keanon Terblanche (28) en Christo Shaun Swartz (30) is Donderdag in die streekhof op Gqeberha (Port Elizabeth) gevonnis.

Lede van die polisie se eenheid teen ernstige georganiseerde misdaad het in Februarie inligting ontvang dat twee mans op soek is na ʼn koper vir renosterhoring ter waarde van R500 000.

“Die operasie het dieselfde dag nog gelei tot die inhegtenisneming van Jeremy Perring en Keanon Terblanche van Gelvandale,” sê kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke.

“Daar is tydens die operasie ook beslag gelê op een renosterhoring en twee voertuie.”

Die twee is vroeër vanjaar op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Swartz is in Maart vanjaar aangekeer. Die ondersoek het gewys dat die renosterhoring by sy werkgewer gesteel is en dat hy dit daarna aan Perring en Terblanche verkoop het. Swartz is destyds ook op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Die drie is Donderdag skuldig bevind.

Genl.maj. Mboiki Obed Ngwenya, provinsiale hoof van die georganiseerde misdaadeenheid, het die vonnisse verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anton ·

Is dit al? Die “mense” is verantwoordlik vir die uitsterf van ‘n spesie!!!

Stephanus ·

Wetteloosheid is aan die orde van die dag, die simpatie lê by die oortreders.

Jack ·

By alles is die regstelsel ook nie in pas met die oortreding nie. Sabotasie verdien die doodstraf.

Flip ·

Hopeloos te lig gestraf. Ons soek nie die uitvaagsels tussen ons nie, moes eerder toegesluit word.

Stephanus ·

Dis reg, maar onthou , y leef in ‘n tyd van wettelose regeringstelsels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.