Renosterhorings tussen lekkergoed, groentee versteek

Die verdagte was op pad na Maleisië en is kort voor sy vetrek by die lughawe aangekeer. (Foto: SA Polisie)

ʼn Vermeende renosterhoringsmokkelaar is aangekeer kort voor hy op ʼn vlug van Qatar Airways vanaf die OR Tambo-lughawe na Maleisië sou vertrek.

Die 40-jarige verdagte is Maandag aangekeer vir die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba) en die onwettige handel in renosterhoring, sê kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke.

Hy verskyn na verwagting Woensdag in die Kempton Park-landdroshof.

Lede van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad in Germiston, het die vyf renosterhorings, toegedraai in foelie en versteek tussen lekkergoed en groentee, gevind. Hulle is ontbied nadat owerhede by die lughawe by ʼn aanmeldpunt vir passasiers onraad vermoed het oor sekere van die items in die bagasie.

“Verdere ondersoek het die owerhede gelei na die vliegtuig waarheen die verdagte se tweede stuk bagasie gestuur is. Die ondersoekspan het nog ses renosterhorings ontdek,” sê Mulamu.

Die verdagte is in hegtenis geneem. Mulamu sê daar is ook ʼn moontlikheid dat verdere klagte teen die man aanhangig gemaak kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Martin ·

Hoe klink 25Jaar agter tralies en ‘n R500000 boete, die persoon het absoluut geen respek vir diere nie.

Di ·

Dis hierdie spul wat die oorsaak is dat ons wild soos uitgeroei word in SA. Sit hom in die tronk en gooi die sleutel weg. SY soort sal nie ophou hiermee nie, hulle maak te veel geld hieruit. Agter al hierdie skelms sit van ons eie mense wat hierdie mense verkaf met die horings. Soek die GROOT vis wat agter hierdie bedryf sit in SA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.