Repokoers bly onveranderd

Die Suid Afrikaanse Reserwebank (Foto: AP)

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Donderdag besluit om die repokoers onveranderd te laat op 6,5%, het Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, Donderdag gesê.

Die bank se monetêrebeleidskomitee het besluit om die repokoers – die koers waarteen die bank geld aan handelsbanke leen – onveranderd te laat te midde van voorspellings dat ekonomiese aktiwiteit vir die res van die jaar swak sal bly.

Kern-inflasie bly onveranderd op 4,0% en verbruikersprysinflasie vir vervaardigde goedere het in September tot 4,1% gedaal.

Kganyago het gesê drie lede van die komitee het gekies om die rentekoers bestendig te hou, terwyl twee lede die repokoers met 25 basispunte wou verlaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jaco ·

Pateties, waar ander lande hulle koerse verlaag sodat dit spandering kan trigger en die ekonomie n hupstoot gee reg voor kersfees, wat doen SARB?, niks hou dit onveranderd, met n inflasie op sy laagste in n baie lang tyd

ore ·

Hoe laag wil hulle die VPI kry voordat koerse verlaag gaan word? En waarom poer poer met .25 basispunte,ons ekonomie is nou gereed vir ten minste .50 basispunte verlaging.
Kry asb kundige mense met visie op die raad.

PH.L ·

Pieter
As jy bietjie huiswerk gedoen het of net jou ore oopgemaak het sou jy weet Dawie het ook gemeld dat doe koers verlaag moet word. Hy het selfs gese dit behoor met meer as 25 punte te daal. Ag nee man raak groot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.