Restaurante mag heropen, maar regulasies ‘vaag’

(Argieffoto: Carina Stander)

Die regulasies vir die heropening van restaurante vir aansitetes, teaters en casino’s is laat Donderdagaand in die Staatskoerant geplaas. Dit beteken dié bedrywe mag weer heropen – wanneer presies is egter een van die groot onbeantwoorde vrae.

Dié bedrywe kon tydens die aanvanklike afsonderingstydperk geen sake doen nie.

Regulasies is later verslap sodat restaurante minstens etes kon aflewer en later is mense toegelaat om etes self te gaan afhaal.

Die nuwe regulasies lui dat restaurante mag heropen [vir aansitetes] en dat streng veiligheidsprotokol en sosiale afstandhandhawing geld.

Verskeie restaurateurs het reeds aangedui dat dit nie finansieel sin maak om te heropen as hulle nie drank vir gebruik op die perseel mag bedien nie en die regulasies verbied spesifiek die gebruik van alkohol op die perseel.

Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) het in reaksie gesê die regulasies is “vaag” en “glad nie wat ons verwag het nie”.

Rasa sê sy regspan sal Vrydag aan die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, skryf om groter duidelikheid rakende die bepalings te gee.

Wat fliekteaters betref, word ʼn maksimum van 50 mense in ʼn teater toegelaat en daar moet aan streng veiligheidsprotokol en sosiale afstandhandhawing voldoen word.

Teatervertonings mag ook weer hervat word, maar die getal kunstenaars en tegniese personeel word tot ʼn maksimum van 15 mense beperk. ʼn Maksimum van 50 mense mag ʼn vertoning bywoon.

Casino’s word ingevolge die regulasies toegelaat om tot 50% van kapasiteit toe te laat en besoekers moet ʼn afstand van minstens een en ʼn half meter van mekaar handhaaf.

Museums, galerye, biblioteke en argiewe mag, onderhewig aan streng maatreëls, ook weer hul deure heropen.

Die regulasies wat meer duidelikheid moet gee oor watter spesifieke gesondheid- en veiligheidsprotokol geld, is egter steeds nie aangekondig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pierreli ·

Ja nee, van die hand na die mond val die pap op die grond.
Die restaurante is oop maar ons weet nie van wanneer af nie. Mag twee mense aan diesefde tafel sit? Hoe gaan jy dan eet as jy ‘n masker aan het of moet aanhou??

Harry ·

Kan net in my mou lag. Hierdie is ekonomies waarskynlik onuitvoerbaar.
Meer as dit…..data wys daarop dat 90-95% van bevolking met hierdie virus te doene sal kry.
So waar is die gelowiges? Hoekom leef ons nie volgens Ps23?
Higiene is beslis belangrik, maar dis tyd om te vertrou dat al gaan ons deur die doodsvalei ons aanvaar dat die Here ons sal bystaan.
Komaan mense dis tyd om aan te gaan met die lewe. Hoor hoe hanteer Swede hierdie pandemie.

Louwrens ·

Ek is van dag een van die inperking grappie nog elke dag in aanraking met publiek, my werksmense en familie. Ons is almal nog springlewendig en gesond. Ek stem saam kom ons VERTROU EN GLO bietjie soos ons BYBEL sê en gaan aan met ons lewens, dis wat my GOD van my verwag en wat ek in GELOOF doen.
Basta met die kommunistiese regering !!!!!

JohanR ·

Ek wag al 3 maande om my koerant te koop, by ‘n resturant te gaan sit, ‘n lekker burger, chips en onion rings te bestel met ‘n lekker koue 500ml draft, en net te ontspan vir soe 90 minute. Ek gee eintlik niks meer om vir die regering se regulasies maar sal, en het al vir ‘n lang tyd myself reguleer…..1. Hou distansie 2. Dra ‘n masker, nou behalwe as jy kos en drank in jou mond moet sit) 3. Sanatize die hande 4. Sanatize die stoel en tafel voor jy gaan sit. 5. Vee die spyskaart af. 6. Dra rubberhandskoene as dit moet , maar eet wil ek eet. Moeg vir 4000 bladsye van reels!

JohanR ·

Covid-19 Marius oor die hele wereld was sleg. Maar Covid-19 EN die ANC? Maar Covid-19, die ANC, EN President Nkosazana Dlamini-Zuma? Dit was nou om drie keer gestraf te word! Het enige ander land in die wereld iemand met ‘n kopdoek, en wat die 100m in twee dae kan afle?

Kobus ·

Vra jouself, WIE besoek die meeste restaurante? Onthou net, die regering sal enige iets nou gebruik om die sogenaamde “Spike” in die syfers te regverdig. Maar gaan kyk hoe gaan die pap en vleis verbruikers aan, dinge is nog normaal. Eet uit dieselfde pot, almal met die hand.

koos10 ·

Cool, ry 4 mense in ‘n motor saam na die teater en dan fliek en dan gaan uiteet. Lekker, maar mag nie langs mekaar sit nie en moet afstand handhaaf?? Dan na ‘n lekker aand gaan jy huis toe en gaan slaap knus langs jou man of vrou.
Hierdie slim janne maak soveel reëls dat hulle verstrengel daarin raak en dan net iets plaas omdat hulle onder druk is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.