Reuse-ongeluk toe trok, motor bots

‘n Vragmotor het aan die kant van die pad gestaan met ʼn motor gedeeltelik daaronder ingewig. (Foto: Verskaf)

Twee mans is dood en vier ander beseer, onder wie ʼn 11-jarige seun, toe ʼn vragmotor en vier motors by die Kaolin- en Annan-oorgang in Carletonville gebots het.

Paramedici en polisie het omstreeks 16:18 Woensdag op die toneel aangekom en verskeie motors op en langs die pad gewaar.

“ʼn Vragmotor het aan die kant van die pad gestaan met ʼn motor gedeeltelik daaronder ingewig. Drie ander motors het in die middel van die oorgang gestaan,” het Russel Meiring, ER24-woordvoerder, gesê.

Die vragmotorbestuurder en die bestuurder wie se motor onder die vragmotor beland het, het reeds op die toneel aan hulle talle beserings beswyk.

Die vier ander pasiënte, onder wie ʼn jong seun, het matige beserings opgedoen. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

TO ·

Hoekom gebeur dit, want mense loop lisensies en weet nie van ry karlengte agter n ander voertuig. Nee hulle wil ry totdat hulle nie die nommerplaat kan sien, en waar gaan stop jy dan as iemand skielik voor jou rem

Petrus Johannes ·

Mag die Here my bewaar dat ek nooit weer n trok in digte mis in my baan ntree of voor my sien nie,die stilte dan die slag wat voel als ontplof My woorde aan my vrou MAMMA JY IS DOOD. Die lang pad van operasies.Dan n landdros wat se omdat daar nie witstrepe op pad is nie het hy nie geweet waar om te ry maar ons het Ek moet hom jammer kry omdat hy sy been verloor het.EKT MY VROU EN LIGGAAM VERLOOR

Cherokee ·

Dit is by ‘n kruising. Annan/Kaolin. Waarskynlik het een voertuig ‘n rooilig ignoreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.