Reusesoektog ná man glo op Tafelberg verdwyn  

Kenneth Stephen.

Talle soek- en reddingspanne het Dinsdag tot laatmiddag nog op Tafelberg na enige teken van Kenneth Stephen gesoek nadat hy glo op die berg vermis geraak het.

Stephen (36) het glo Maandag omstreeks 14:30 gaan draf, maar nooit teruggekeer nie. Sy motor is laat Maandagaand in die pad in die omgewing van die Platteklip-ravyn gevind.

Volgens Johann Marais, woordvoerder van Wildernis-soek-en-redding (WSAR), is daar dadelik met ʼn soektog na Stephen begin.

“Die weerstoestande was nie gunstig nie en kort na middernag het sy familie laat weet dat dit blyk dat sy selfoon aan Clifton se kant van Leeukop is. ʼn Soektog in die omgewing het egter ook geen vrugte afgewerp nie.”

Die oorspronklike soektog is Dinsdagoggend vroeg afgelas, maar vyf spanne het kort daarna weer die soektog hervat.

ʼn Helikopter is ook ingespan en teen vroegmiddag was ʼn totaal van 16 soek- en reddingspanne op verskeie dele van Tafelberg ontplooi. Die spanne het egter teen 17:00 van die berg af begin beweeg en die soektog sal Woensdagoggend voortgesit word.

Die WSAR het enigiemand met inligting versoek om hulle te kontak by 021 937 0300.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Misky ·

Hoop en bid hy word ongeskonde gevind. Sterkte aan die familie in die vreeslike tyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.