ʼn Kwart van rioolaanlegte in Mpumalanga het twee jaar laas gewerk, en minder as ʼn derde van die aktiewe aanlegte het geldige waterlisensies om die riool te verwerk, aldus die minister van water en sanitasie.
Minister Nomvula Mokonyane het Donderdag in ʼn geskrewe antwoord in die parlement gesê daar is 167 afvalwateraanlegte in die provinsie, waarvan 38 oor geldige watergebruiklisensies beskik en 125 tans operasioneel is.
Altesaam 42 aanlegte is al sedert 2012 nie meer operasioneel nie. Sy het bevestig dat haar departement die munisipaliteite bystaan om 13 van dié aanlegte op te knap. Die departement het ook in Julie by die nasionale tesourie aansoek gedoen om die ander 29 aanlegte op te gradeer.
“Na verwagting sal die opgraderingswerk van 13 van die aanlegte teen Maart 2017 afgehandel wees,” het sy gesê. “Die aanvang van opgraderingswerk by die oorblywende 29 hang af van die reaksie van die tesourie.”
Alles verval in die land, tot op die vlak van toilet, dit is waar…