Rob sorg vir noue ontkoming in Vishoek

‘n Skermgreep van die video.

ʼn Vrou wat besig was om foto’s van ʼn rob in Vishoek naby Kaapstad te neem moes inderhaas skarrel om van die dier af weg te kom nadat dit haar skielik begin aanval het.

Die voorval het reeds op 24 September plaasgevind, maar beeldmateriaal van die voorval wat wys hoe die paniekbevange vrou sukkel om van die rob weg te kom, word steeds wyd op sosiale media gedeel.

In die video kan gesien word hoe ʼn vrou op haar hurke staan om ʼn rob op die strand van naby te bekyk. Binne enkele sekondes begin die rob nader beweeg voordat hy haar bestorm en sy weghardloop.

In haar poging om weg te kom raak sy verstrengel en val oor haar voete. Die rob bestorm haar terwyl sy probeer opstaan, maar met die rob hier reg by haar val sy weer neer. Dié keer kan daar gesien word hoe die rob die mou van haar kledingstuk vir etlike sekondes in sy greep het, voordat sy eindelik daarin slaag om los te kom en weg te hardloop. Die rob probeer haar agternasit, maar gee eindelik op terwyl sy verder by die strand af hardloop.

Die Vishoek-lewensreddingklub het in ʼn Facebook-plasing gesê van sy lede die vrou te hulp gesnel het nadat hulle haar op Clovelly-strand aangetref het.

“Lewensredders wat die oggend met opleiding besig was, het die pasiënt op die toneel gestabiliseer,” lui die plasing.

“Die span het die pasiënt suurstof gegee, asook ʼn paar redelike ernstige wonde aan haar been skoongemaak en verbind.”

Nooddienste is na die toneel ontbied en sy is per ambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Katharine Liese, wat haarself op Facebook geïdentifiseer het as die vrou wat in die video aangeval is, het haar dankbaarheid vir die lewensredders se hulp en ondersteuning uitgespreek.

“Op daardie oomblik kon ek net dink om by die lewensredders uit te kom,” het sy geskryf sonder om verder uit te brei oor die gebeure op die dag.

Nog ʼn sosialemediagebruiker het op die klub se aanvanklike plasing geantwoord dat sy en haar jong dogter die hele voorval aanskou het, maar te vreesbevange was om die vrou te hulp te snel.

“Die vrou was ʼn goeie afstand weg van die rob toe dit haar skielik teen ʼn vinnige spoed bestorm het. Ons het deurlopend vir haar geskree om weg te hardloop,” lui die gebruiker se plasing.

“Dit [die rob] is op geen manier uitgelok nie, maar het net aanhou om haar te bestorm, asook enigiets wat in sy rigting beweeg het. Dit het ook byna ʼn hond bygekom.”

Die lewensreddersklub het intussen mense gemaan om waaksaam te wees ten opsigte van wilde diere aan die kus, aangesien daar reeds ʼn aantal soortgelyke gevalle was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

piet ·

Jy kry vriendelike robbe ook. Ware storie – Baie jare terug het ek daar naby Bloubergstrand (dink dit was tweede steen) op die strand gesit toe ‘n jong rob seker so 15 meter regs van my uit die water kom en reguit na my toe aangewaggel kom. Stop toe so 3 meter van my af en kyk net na my. Na so ‘n rukkie draai dit see toe. True as Bob was seker net nuuskierig of het agtergekom dis nou ‘n ander soort rob wat hier sit. Sou ‘n classic gewees het as hy ‘n bottelbrief onder sy flipper uitgehaal en oorhandig het. LOL

Lila ·

Ok… Nie hieroor of daaroor nie, maar HOE stupid is jy actually? Jy weet mos die goed is wild? Dit was asof sy gewag het dat hy nader moes kom…. Fotos neem? Not so much… Dit is sy speelgrond Mos? Alles behoort nie aan ‘human beings’ nie en dis tyd dat ons hul plek ook respekteer, soos dit altyd was. Anyway het sy Meer as genoeg tyd gehad om te waai, common sense nou, nou het die rob haar ‘aangeval’… Tsk

Delia ·

Wilde dier is wild. As jyhom bedreig deur te naby te kom gaan hy jou aanval. En jou naby en sy naby is nie dieselfde afstand

Sarel ·

Mense raak soms onverantwoordelik. Kyk maar na opnames wat bv. In die Kruger Nasionale Park geneem word hoe onverantwoordelik nense kan wees. Dan kry die DIER die skuld.
Jammer maar met vandag se Tegnologiechet jy nie nodig om te naby te beweeg nie.

Prikkie ·

Ai Barry, hoe lekker lag ek nou.

Ek het nie Facebook (Gevreetboek) nie, maar is doodseker die video is daarop geplaas.

Niklaas ·

Geen kommentaar van die rob. En die vrou verhuis nou na Gauteng.

Diets ·

Nou gaan die rob seker geskiet word……mense tog, ai jai jai jai jai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.