Roof op Tulbagh-plaas: Verdagte dalk met vlaag rooftogte verbind  

(Foto: SAPD)

ʼn Verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met huisroof op ʼn plaas in die Tulbagh-omgewing, kan moontlik verbind word aan ʼn vlaag huisrooftogte in die Kaapse Wynlande en omliggende landelike gebiede.

Die verdagte is deur lede van die Agter-Paarl-plaaswag en beamptes van die Paarl-polisie se misdaadvoorkomingseenheid aangekeer. Items wat in die verdagte se besit gevind is, kan glo met die huisroof in Tulbagh verbind word.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die polisiebeamptes en lede van die plaaswag het ʼn motordeursoekpunt op die R45 opgestel en ʼn silwer Chevrolet met vyf insittendes van die pad afgetrek.

“Die bestuurder is versoek om die kattebak oop te maak waarna sy vier passasiers uit die voertuig gespring en van die toneel gevlug het. Die voertuig is daarna deursoek en daar is op balaklawas, handskoene, ʼn handwapen, ammunisie asook elektroniese toerusting beslag gelê.”

Daar is vasgestel dat die elektroniese toerusting aan ʼn plaaseienaar in die Tulbagh-omgewing behoort wat vroeër die aand beroof is.

Die 32-jarige motorbestuurder is in hegtenis geneem. Die soektog na die ander verdagtes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek neem aan die wapen is gelisensieerd… (Sarkasties)

Kom hoed jy’s baie stil deesdae! Hoekom kry jy nie die ongelisensieerde wapens van die straat af nie???

Tiptol ·

Hoed rus vir inperking 5 sodat hy mense kan arresteer oor maskers.

jzjz05 ·

Lekker om dit te hoor dat een sy rieme styf geloop het,Ek glo die meelopers se broekpype bewe ook nou want daar is nou n spoor wat die polisie kan volg om hulle ook te kry.j

Louwrens ·

Nee wat die dinge sal nooit einde kry nie. Hoed kadet is te besig om onskuldige mense te arresteer. Hy gebruik sy tyd om sinnelose belaglike wette uit te dink om die onskuldige publiek net verdere skade en verdriet te laat beleef.
Manne julle wat die padblokkades hou moet jul beplanning goed doen dat misdadigers vasgevat kan word want die pateties (polisie) sal hulle nooit opspoor nie.
Sterkte vir julle wat probeer ek salueer jul pogings.

Jack ·

Alle voertuie uitgesluit taxis moet as standaard afgetrek word vir deursoek. Kanse is goed dat daar bewyse van een of ander misdaad gevind sal word. Geen insittende behoort toegelaat word om te ontsnap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.