‘Roofdrama’ toe 30 op geldwa toeslaan

Die geldwa nadat dit in ’n heining vasgery het. (Foto: Yusuf Abramjee/Twitter)

’n Span van 30 verdagtes het die naweek op ’n geldwa in die ooste van Pretoria toegeslaan en altesame tien motors is ingespan om die transitorooftog uit te voer.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê veiligheidswagte het Sondag kontant by Samcor se depot in Silverton gaan aflaai toe ’n wit BMW teen hul geldwa naby die depot in Vonkpropstraat vasgejaag het.

Die geldwa het in ’n heining van kantore wat aan die polisie behoort, vasgery, terwyl die verdagtes die BMW aan die brand gesteek en dit heeltemal uitgebrand het.

Nóg nege voertuie het daarna aangejaag gekom en die insittendes van hierdie voertuie het skote op die transitovoertuig afgevuur.

Die toneel in Silverton, Pretoria. (Foto: Yusuf Abramjee/Twitter)

Tientalle verdagtes in vier wit Ford Rangers, twee Toyota Hilux-bakkies, ’n wit BMW, ’n wit Mercedes en ’n wit Volkswagen Tiguan het op die toneel aangekom en AK47-aanvalsgewere is op die veiligheidswagte in die geldwa gerig.

Die wagte is weg van die geldwa begelei voordat die voertuig opgeblaas en kontant uit die beskadigde voertuig gebuit is.

Die verdagtes het daarna met die kontant, asook die transitowagte se vuurwapens en ammunisie in hul voertuie gevlug.

Mathe sê een van die wagte in die geldwa se begeleidingsvoertuig is tydens die rooftog in die bolyf gewond. Hy is na ’n hospitaal vir verdere behandeling geneem.

Die polisie is intussen op die spoor van die verdagtes en die 72-uur-aksieplan is geaktiveer om verdere hulpbronne aan die ondersoekspan beskikbaar te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Swerwer ·

Pragtig. Hoed en SAP skitter in hul afwesigheid om hierdie soort optrede hok te slaan. Terwyl onskuldige mense wat hul werk verrig deur ANC trawante moet deurloop.

Johann ·

Lekler man! So doen jy dit in Ramapoza.se staat van ANARGIE! Geen sprake meer van misdaad intelegensie nie,,,askiis maakmdit geen.sprake van INTELEGENSIE meer nie.

Jo-Anne ·

Hoe is dit dat rowers altyd op geldwaens toeslaan wat vol geld is en nooit waens wat leeg is nie – so asof hulle vooraf weet. Al hierdie transitorooftogte is “inside jobs”.

JohanR ·

Die ANC soek verkiesing geld, soe ou Hoed sou nerens in die omgewing gewees het nie en sal die saak ook van die strand af ondersoek. Ja ANC ons is nie almal 30 percenters!

Cherokee ·

..en wat dink julle van die bank(wolhaar)storie oor ‘gevlekte geld’?

SlinkseKoljander ·

Geldwae ry in polisie kantore se heining vas, nou waar is die polisie? Seker te blerrie bang om agter die toonbank uit te kruip.

Gemors spul.

Samuel ·

Geen vrees vir inhegtenisname of vervolging nie. Hoedman se mense sal seker nie maklik die booswigte aankeer nie. Hy is self te besig met stemme werf vir cANCer.

Karina ·

My man werk vir daai maatskappyHul lewens is elke dag in gevaar

Persheks Adri ·

Goeie hel wat gaan aan? As sekere mense hulle werk gedoen het sou hulle geweet het? Hoed is stil en steeds in sy pos!

Anel ·

Hier in ons omgewing is die PEP Saterdag en weer Sondag beroof. Dit gaan sommer baie lekker hier!!!

Sarel ·

Wat was in fie Wa… was daar genoeg vir elke een wat deel geneem het??

Di ·

Die mafia het die land oorgeneem! Land behoort nou aan die Taxi drywers en bendes

Kokerboom ·

Gaan daar eendag ‘n oplossing kom vir die mobiele moord, diefstal ne rooftonele?Kaders wat skuldig is, as ooit gevang word, moet vir hoogverraad aangekla word(te duiwel met MRK)!

Harley Davidson ·

Hulle kan bly wees Leo Prinsloo het nie die geldwaarde bestuur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.