ʼn Gewapende rooftog het Woensdagmiddag by die Wonderboom-lughawe in Pretoria afgespeel waartydens ʼn groot bedrag buitelandse valuta geroof is.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn man het glo ʼn pakkie by die lughawe afgehaal waarin die geld was. Terwyl die man vir ʼn motor gewag het, het ʼn wit BMW-voertuig by hom gestop. Vier gewapende mans het uitgespring en die pakkie by hom geroof voordat hulle op die vlug geslaan het.
“Geen skote is afgevuur nie en niemand is tydens die voorval beseer nie,” het Dlamini gesê. ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek.
ʼn Video wat tydens die voorval in die lughawe geneem is, toon hoe lede van die publiek tussen hul bagasie op die vloer in die lughawe lê terwyl die rooftog aan die gang is.
Die rooftog is die tweede drama wat Woensdag by ʼn Suid-Afrikaanse lughawe afgespeel het. Maroela Media het vroeër berig twee mense is vroeg vanoggend gewond tydens ʼn vermoedelike bendeverwante skietery buite die Kaapstad Internasionale Lughawe.
Die polisie wou nie Woensdagoggend kommentaar lewer oor bewerings dat Jerome “Donkie” Booysen, die vermeende leier van die 26-bende en Sexy Boys, tydens die voorval geskiet is nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Die binnekring, dis al.
Die rede is omdat alle aandag nou op OR Tambo is, nou skuif die skelm goed wat in tronke hoort eenvoudig na ander plekke, so as jy n lughawe bestuur, maak gereed. Die enigste oplossing is om misdadigers lewenslank weg te pak.
Gee asb beter beskrywings van die aanvallers sodat almal weet waarvoor om op die uitkyk te wees was dit chinese,pakestaniers, somaliers,plaas boere onthou SA is n diverse land
gaan maak net seker waatpr die offisier kgb was.
Dit alles klink vir my tè toevallig…