Rooikruis pleit vir hulp ná KZN-tornado

‘n Informele nedersetting lê platgeslaan na die week se storms in KwaZulu-Natal. (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Rooikruis het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help met sy pogings om diegene wat ná verlede week se tornado in New Hanover, net buite Pietermaritzburg, dakloos gelaat is, te versorg.

Lede van die publiek kan items soos kos, toiletware en komberse by onder meer Pick n Pay-winkels aan slagoffers skenk.

Ses mense is dood, 20 beseer en honderde mense is haweloos nadat die tornado Donderdag hul huise in puinhope verander het.

“Die situasie is hartverskeurend. Mense sit sonder dakke oor hul koppe. Ons het gesien hoe mure omval, heinings weggewaai word en mense se beddens honderde meters van hul huise geval het. Mense is ook geweldig getraumatiseer deur die verlies,” het Mabel Kokektso, die SA Rooikruis se sekretaris-generaal, gesê.

Sommige van die slagoffers word steeds in gemeenskapsale gehuisves. ʼn Sopkombuis is sedertdien op die been gebring en komberse, matrasse en kospakkies is versprei in die gebiede wat die ergste geraak word.

Vrywilligers gee berading aan diegene wie se familielede gesterf het, of wat hul besittings ná die tornado kwyt is.

“Vrywilligers van die Rooikruis het hulle begin help om na hul huise terug te keer en hul lewens te begin herbou ná die afgelope week se verwoesting,” het dr. Michael Charles, hoof van die organisasie in Suider Afrika, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Kokketiel ·

Die regering behoort mos maklik self te kan help hier? Die partytjie van die president is nog vars in my geheue, diegene in nood dra weens armoede nie by aan die Rooikruis nie, maar die Rooikruis wil help? Ag nee man, kry rigting daar, ek is sprakeloos.

jennefer ·

Dan praat ons nie van die nuwe promenade op Durban se hoofstrand, vermorsing van miljoene Rand.

SIOUX ·

Stem!! daar word baie maklik bakhand gestaan.
dit is die regering se plig om hierdie mense te help.

Tilly ·

Ek stem saam.
Dis nie ons probleem nie, die regering moet maar help.

Jessica ·

We all suffer to make a living, things are so expensive, no xtra money to buy even the day to day things we need. SORRY WE CAN’T HELP, CALL THE PRESIDENT THEY HAVE MONEY. HE LIVES IN A HUGE MANSION NEXT TO ME IN HOUGHTON JOHANNESBURG.

Se net ·

Die boere pleit al maande vir droogte hulp, hulle word geignoreer! So jammer ek help die boere!!! Zuma se bly plek kan maar vir hulle ‘n dak oor die kop gee!!

Jessica ·

THE PRESIDENT LIVES IN A VERY HUGE HOUSE IN JOHANNESBURG HOUGHTON IT’S A PALACE, PARK WITH GOVERNMENT CAR’S, SUROUNDED BY SECURITY GUARD’S. MONEY ROLLING FOR HIM. NOT EVEN TO TALK ABOUT THE STAFF IN SIDE THE MANSION. I LIVE NEXT TO HIM. HE SAFE’S THE HUGE SALARY THAT HE PULL’S, EVERYTHING HE GET IS FOR FREE. SO ASK HIM TO HELP. SORRY WE CAN’T HELP. CALL RAMAPOSA ON HIS SELL OR GO TO HIS HOUSE.

Isabella ·

Ek stem due boere vra nou Al vir hare hulp en gee hulp van die regering ni nou moet hul maar self sorg
Daar sit ons blanks in arm kampe help die regering daar nee o s moet self vir ons mense sorg

KATKOP ·

Ek voel dieselfde. geen hulp van my kant af nie. Wys hulle inbetalings na droogte fondse van boere dan sal ek iets gee.

Deon ·

Die dae van help is verby! Ek sal nie ‘n sent gee nie! Ek is moeg verby vir hierdie dubbele standaarde van al hierdie ou organisasies!
Het hulle al ooit gepleit dat die nasie moet ophou om boere en stedelinge so te vermoor? Gou word daar op die wittes se knoppie gedruk vir hulp! Ek sê reguit Nee!

wraggies ·

Nou waarvoor is die munisipaliteit dan daar, ramp bestuur is mos deel van hulle verpligtinge? Sorrie, my geld is op.

Magda ·

As ek help – help ek my mense die Boere – wat GEEN hulp van niemand af kry nie – nie eens met die Moorde wat gepleeg word nie – So vrea vir Cyril – seker daarvan hy kan so R100 of wat spaar!!

Judge Dredd ·

Ek betaal klaar taksasie aan regering wat dan my geld wanbestuur en my geld gebruik om my eie mense te onderdruk, geensins te help.
Die regering moet julle help – as daar nie geld is dan is dit die regering se skuld.
En hoeveel van die betrokkenes gaan weer vir ANC vote?

Hanlie ·

Ek is eintlik baie meer as net tekeurgesteld in die regering. Hulle help nie die boere in die streke waar die droogte erg is. Hulle help nie die Rooikruis nie. Vul net hul eie sakke. Wanner gaan die mense wakkeer word oor ons swak regering wat niks help nie.

Elsa ·

Ou-plaasnooi,
Die boeregemeenskap in Niekerkshoop, ñ dorpie in die Noord-Kaap het regtig finansiele hulp nodig. Daar is ñ video op YouTube met al hulle bankbesonderhede. Kom ons staan saam en help ons boere.

JV ·

Ek stem sommer saam met almal hier bo, ons is bereid om die boere te help want die regering help met niks, palm net alles vir hulle self in. Asb laat ons die boere help en die arm blankes in die wit plakkerskampe. Die meeste van ons salaris trekkers kry ook swaar maar as almal ietsie kleins bydra sal dit ‘n verskil maak!

Heksie ·

Ek dink die tyd het aangekreek vir daai groot praters…. EFF en BLF om nou te help. hulle kan baie praat maar min gee en doen. So gaan vra bietjie hulp daai kant.

EB ·

Waar is ons regering? Ek sal graag wil weet watter bystand hulle verleen. Hoekom moet die Rooikruis bedel vir geld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.