Rookverbod: ‘Dit gaan oor vryheid’

(Foto: Jackson Mthembu/Twitter)

Die burgerregtegroep AfriForum het ʼn prokureursbrief op die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, laat beteken waarin sy in kennis gestel word dat die organisasie regstappe gaan doen indien die rookverbod nie opgehef word nie. Die brief is ook op die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, beteken.

Die verbod op die verkoop van tabakprodukte word nou ook op vlak 3 van die afsonderingsregulasies voortgesit nadat pres. Cyril Ramaphosa aanvanklik gesê het dit gaan al op vlak 4 van die regulasies opgehef word.

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) het die minister reeds hof toe gesleep oor die verbod. Fita SA voer in hofstukke aan die verbod was nooit regmatig om mee te begin nie en vra nou vir ʼn dringende bevel dat die besluit daaroor omgekeer word. Hy het ook gevra dat die regering die redes verskaf vir waarom die verbod voortduur.

Lees die redes wat Dlamini-Zuma Woensdag bekendgemaak het hier.

Dit gaan oor ‘vryheid, persoonlike keuse’

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê daar is geen rasionele grondslag vir die rookverbod nie en dat die geheimsinnigheid van die regering in dié opsig op ’n skending van die publiek se burgerregte neerkom.

Roets sê hy is ook bekommerd oor gerugte dat Dlamini-Zuma vriende in die onderwêreld het wat onwettig met sigarette smokkel.

“AfriForum veg nie vir rook nie; ons veg vir vryheid: Vryheid vir die gemeenskap om nie aan verregaande voorskrifte onderwerp te word nie,” sê Roets.

In die prokureursbrief vra AfriForum dat die rookverbod opgehef word en sê as die minister nie teen Maandag voldoende op AfriForum se prokureursbrief antwoord nie, sal verdere regstappe oorweeg word.

“Ons vertrou egter dat regstappe vermy kan word en dat die irrasionele, ongrondwetliklike en onregmatige verbod op tabakprodukte betyds opgehef word.”

Suid-Afrika skakel Maandag na vlak 3 van die afsonderingsregulasies oor. Meer besonderhede oor die regulasies sal na verwagting later vandag bekend gemaak word, nadat ʼn mediakonferensie daaroor reeds twee keer tevore uitgestel is.

Die VF Plus het intussen gesê Mkhize stel oënskynlik nie belang in die kwessie van persoonlike keuse of wetenskaplike bewyse rakende rook en Covid-19 nie.

Armand Coetzee, ʼn VF Plus-LP in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), sê die party het tydens ʼn aanlyn sitting van die NRP aan die minister gevra om die wetenskaplike feite te verskaf wat as grondslag dien vir die regering se besluit om nie die verbod op die verkoop van tabakprodukte te lig nie. Mkhize het geantwoord dat kundige beoordeling vir die besluit nie nodig is nie aangesien die gevare verbonde aan tabakverbruik bekend is.

“Die minister se minagting vir die aanvanklike navorsing oor die verband tussen Covid-19 en rook is kommerwekkend. Om te rook hou wel gesondheidsgevare in. Die minister kon egter nie sê of die huidige regulasies en die gevolglike verbod op sigarette wel op wetenskaplike beginsels gegrond is of nie,” sê Coetzee.

Hy sê insette deur verskeie kundiges stel wetenskaplikes juis in staat om navorsing noukeurig na te gaan om die bevindinge van sodanige navorsing geldig te verklaar al dan nie. Solank as wat die kundigheid nie ter harte geneem word nie, sal die regering se besluit in dié verband agterdog bly wek.

“Elke mens se reg om vir hom- of haarself te besluit, word geskend deur hierdie onwetenskaplike benadering van die regering wat inderwaarheid as ideologies gedrewe gesien kan word.”

Die VF Plus sê hy gaan ook voort met sy dringende aansoek in die hooggeregshof om die geldigheid van die Nasionale Rampbestuurswet te betwis en om die hof te vra om te bevind dat die regering die wet misbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

Oom Hennie Pennie ·

Ai en dit was so lekker dat ek nie meer my buurman se stompies in my tuin hoef op te tel nie.

Janine ·

As ‘n roker, vra ek om verskoning dat oom langs ‘n vark bly. Ons skiet nie eens stompies in ons eie erf nie, wat nog iemand anders s’n.

Gawie ·

Janine, ek het lank op die lughawe gewerk, en jy moet sien hoe lyk dit rondom die aangewese rookareas. Ten spyte van spesiale asblikke en weeklikse opruiming, lê die stompies gesaai op die grond. My ondervinding met rokers is dat die meerderheid ongelukkig nie ander mense in ag neem nie.

Emily ·

Jy kon dit met jou buurman opgeneem het, Nie alle rokers is morsig nie.

Sarah ·

Gesels dalk met die buurman en verduidelik dis ongeskik of gee vir hom n asbakkie as n “geskenk”.

Karin ·

Nee kyk sy en regering kom met als weg. Maar drank beskikbaar. Zuma weet jy wat die impak van drank is op jou liggaam

Scalla ·

Sy het nie belange by onwettige drankverkope nie maar wel by sigarette, sy beskerm dus haar belange.

Hannes ·

Dit is jammer dat ons vryheid in Suid-Afrika vandag hoofsaaklik gedebatteer word rondom die beskikbaarheid van luukshede soos sigarette en drank, terwyl werklike brandpunte soos armoede, honger en misdaad al hoe meer ‘n sekondêre rol begin speel. Is dit dalk omdat ons al so aangepas het dat ons laasgenoemde as normaal begin beskou het?

Wilhelm ·

Die artikel maak dit duidelik dat dit nie gaan oor rook nie, maar oor basiese vryhede wat weggeneem word… en ja dit is ‘n baie belangrike brandpunt vir vandag maar veral ook vir die toekoms.

TRP ·

Ek dink die ander faktore soos jy noem word tog wel bespreek maar omdat hierdie juis op die voorgrond is en in die publiek se belang is, geniet dit meer voorkeer in die media.

Burgermeester ·

Ek wonder of Dlamini-Zuma ook by die hoek-kaffee instap en al die Scopes omdraai sodat die prikkelpop op die voorblad na agter kyk?

Snowball ·

Moontlik ja, sy het meeste van die tyd goed aan die gatkant beet.

Katrina ·

Haar verweer is blykbaar dat daar “Made in China” wetenskaplik bewys is dat persone wie se longe reeds verswak is/word deur rook, meer vatbaar is vir die virus en dan ook baie ernstiger siek word, en dan respirators benodig, aangesien hierdie virus ‘n asemhalings/long-verwante siekte is. Volgens ‘n nuusberig wat ek vanoggend na geluister het, het SA slegs 4000 respirators beskikbaar in hospitale landwyd. Haar verweer is blykbaar dat daar ongeveer 8miljoen rokers in SA is, sy maak haar sommetjies dat indien 10% van hulle wel die virus kry, en dan slegs 1% van hulle respirators benodig, gaan hospitale 8000 respirators benodig, wat SA nie het nie. So ja….. SA is eintlik glad nie medies ingerig vir ‘n pandemie van enige aard nie. Ek self het nog nooit in my lewe gerook nie, maar ken mense wie wel rook, en nou swaar kry, en vir wie die ban op sigarette teen die mure uitdryf.

Baardman ·

Soos reeds genoem is rokers se longe reeds beskadig, daarom sal hierdie tydelike verbod nie enige voordele inhou nie. Al wat gebeur is dat die regering hulleself in die voet skiet. Ek was self n roker, en glo my ek het maar nogsteeds n kort asem

Kobus ·

Sien daar was 119 mense kritiek gewees, vir meer as ‘n week, sodra die syfer styg dan sal ons moet begin worry, dit staan tans op 128….en ook nie almal gaan op die respirators nie.

koos10 ·

Haar sommetjies sal my kind in graad 5 vir haar verkeerd bewys. Haar getalle is gebaseer op die “worse case scenario” van 9 weke terug. Intussen het werkilke getalle in statisieke uit gekom en dit wys dat sy met 900% opgeblase getalle werk.

PieterP ·

Hulle probeer paniek saai want as daar paniek is, het hulle die hef in die hand en díe is besig om stadig maar seker uit hulle hande te gly

BoerSonderRoer ·

Die laaste ding wat die vrou moet doen is sommetjie maak. Spaar ons dit asb.

Yolandie ·

Ongelukkig is rokers se longe reeds “gecompramize” net soos iemand wat bv TB het. Of iemand wat ander onderliggende mediese kondisies het. Niks wat mens daaraan kan doen nie. Gee die rokers hulle sigarette, weke sonder hulle sigarette het nie die jare se skade aan hulle longe herstel nie. Maar dit gaan mos nou oor diegene wat so sigarette “deel”.

Lourens CFG ·

En net gister sien ek 6X mans by OK Vredenburg een sigaret deel, wat haar nog meer verkeerd bewys (meer mense deel nou een sigaret).

Ano ·

Business Insider het die Sjinese studie waarop sy haar verweer gebasseer het vir die FITA hofsaak, binne ‘n dag uitmekaar getrek.

Riaan ·

Ek sal dit waardeer indien Maroela Media dalk vir ons ‘n opsomming kan maak van al die hofsake wat reeds ingedien is teen die regering.

Ons lees van hofsake, maar daar is nooit werklik ‘n aanduiding van die datums wanneer die sake aangehoor gaan word nie.

Kobus ·

AfroForum het baie geld om te mors. Hulle blaas teen die wind dit gaan niks help nie. Die ANC maak nes hulle wil en die howe is aan hulle kant.

JohanR ·

Kobus – iewers moet ‘n streep getrek word, en daar moet ietsie teen hierdie stupid goverment probeer word, al is dit ‘n hofsaak wat miskien verloor word. In Engels word gesee, “at least we tried instead of just doing NOTHING!” As AfriForum of enigeiemand ‘n hofsaak wen teen die ANC, dan kry ek soe LEKKER!

Gerhard ·

Kobus, My en jou stemme is by verre te lig om enigsins gehoor te word. Dit is waar instansies soos Afriforum en Solidariteit namens n koor van stemme kan praat wat weerklank kan vind tot in die buiteland…in plaas van kritiseer, voeg jou stem by hierdie koor…dit is die regte ding om te doen.

Johan ·

Die persone wat voor die afsondering gerook het doen dit nog steeds net nou vir duurder. Die regering kan mos nou bewyse verskaf van persone wat ventilators benodig het, hulle praat net en hulle doen wat hulle wil want hulle mag mos. Hier is n tabak-slang in die gras.

Brett ·

Baie waar Johan wie se seën is die grootste tabak verspreider in SA. As British Tabaco ontrek of uitgeboender word staan hy reg met hul reeds beplande plaas vervanger…….. So dit is ‘n pofadder wat ons op die hak gaan puk…….

Lorna ·

Miesies hoed van wanneer af is jy geworry oor my gesondheid
Ja as ek jy was sou ek worry want pappa wag vir jou

Pieter ·

Beet en knoffel weet nie wat in haar eie land aan gaan nie. Die virus gaan ons nie dood maak nie. Die sigarette wat haar kind en vriend verkoop gaan wel. Dan moet ons ten duurste betaal vir daai gemors. Sy bly praat van china en amerika snaaks genoeg hulle het nie n sigaret verbod gehad nie. Dan kom sy met die nonsen van die HSRC doen julle self n guns en gaan kyk wie is die klomp narre. Dit is ons rokers wat hulle selarisse betaal. Wie is sy om namens my te besluit of ek mag rook of nie. Sy versprei die virus want mense tel nou stompies op om te kan rook

Leon ·

Dis reg Pieter dat jy die reg moet hë om oor jou eie rookhewoonte te besluit. Maar moet dan nie verwag dat my mediese fonds bydrae of belastingeld gebruik moet word wanneer jy in die hospitaal lê en hyg weens emfiseem of kanker of iets dergliks nie.

Belinda ·

Ek is nie ‘n roker, ek hou niks daarvan, solank mense nie in restaurante, winkels, vliegtuie en enige openbare plekke rook nie, gee ek sowaar nie om wat hul met hul eie gesondheid doen nie. Ek voel egter sy is so gekant daarteen oor gesondheid, maar haar vriende baat uit die onderwereld verkope van sigarette, so onwettig gaan dit nie die mediese probleem veroorsaak nie, hoe dom dink sy is die mense van SA, ‘n Gr 1 kind sal dit vir jou sê. Sigaret gelde/inkomste/ revenue kom nie in en dit veroorsaak hongersnood wat ook mediese krisis veroorsaak en dan verder voed dit persoonlike sakke, beslis onderwereld en dan natuurlik groot kokkedore se persoonlike sakke…… Indien jy nie een van die is, Madam Zuma lig die ban, jul fabriseer net meer klein kriminele, spandeer al jou energie en bronne om moord, verkragtig, diefstal, huisbrake en plaas aanvalle te stop, dit sal jou baie slim laat lyk en op die einde baie meer geld vir die staat beteken.

Rhona ·

Tipies van narsiste om ander te beheer. Daar is al navorsing gedoen en bevestig dat omtrent elke politikus n narsis is. Ook met ouderdom saam raak jy geset in jou wee. As jy gelieg het sal jy as jy oud is altyd lieg. As jy haatdraend was sal jou as jy oud is nog meer wees. So erg dat sulke ou mense kinds word. Reken nou net n kombinasie van narsisme en kinds.

Dewald ·

Ek sal daarvan hou om die uitslag van ‘n toets vir psigopate op politici te sien. Ek dink dit sal nogal skok.

Robert ·

Hierdie hele Lock Down gaan oor persoonlike keuse, daar behoort nie so iets toegelaat te word nie. Die Grondwetlike regte mag geensinds aangetas word nie. Anders is dit net toiletpapier.

Lizzy8 ·

Al die sonde belasting was nou verloor word deur die ban, gaan op een van ander manier moet op gemaak word. Ek wonder hoe hulle dit gaan doen? Hopenlik die nie-rokers ekstra belas, daar is meer van hulle. ;-)

Kobus ·

Nee hulle sien mos nou wat die Rokers nou bereid is om te betaal vir hulle twakkies….nou kan hulle vra net wat hulle wil!

Lizzy8 ·

Nie almal is bereid om dit te betaal nie, meeste rook net af en toe, en dan is dit net cheap gemors.

Wondermaarnet ·

Die witmense gaan daarvoor moet opdok Lizzy8. Wie anders?

Kobus ·

Heel Moontlik het die ou Lapkop se laaste breinsel vir haar gefluister dat dit juis die siggies is wat gaan keer dat baie meer mense die “Covid-19” onder lede gaan kry. Sal ook net die syfers wil sien van die hoeveelheid mense wat werklik van die virus gesterf het, hoeveel van hulle het gerook?

Jaco ·

more oormore dan wen Afriforum dalk die hofsaak en dan kan almal weer rook. Maar dan is die geld wat aan die hofsaak uitgegee is OP en dan is daar NIKS oor vir belangriker goed nie: goed soos kospakkies, noodbehuising vir arm wit mense, dalk tydelike werk. Maar dan kan almal darem rook…

Ano ·

Ek is nie ‘n roker nie, maar ek gee geensins om dat my maandelikse bydrae aan AfriForum vir hierdie saak gebruik word nie, want dit is ‘n beginselsaak. Vandag is dit sigarette, more is dit miskien iets so eenvoudigs soos rooi koeldrank.

Kobus ·

En so steek hulle die werklike Probleem weg in Suid Afrika…… Waar is die R500 Biljoen?
Nou worry hulle wraggies oor die rokers se gesondheid terwyl ander mense begin kripeer van die hongerte!

gatgogga ·

Ek wonder hoeveel van die rokers wat nou hulle sigarette ten duurste op die swartmark moet koop, kan dit bekostig. Hulle gebruik toelaes wat eerder vir hulle kinders se kos gebruik moes word. Een van die dae wil hulle weer meer toelaes he.
Lapkop mag nie probeer om mense te forseer om op te hou rook, en die Covid-nood daarvoor probeer gebruik nie.

Koos ·

Daar is ‘n afrikaanse word wat haar mooi beskryf sy is dig.

Pieter ·

Met die rokers se belasting geld op sigarette kan ou knoffel al die chinese se ventilators koop. Sal eerder by my huis dood gaan voor ek in n staats hospitaal moet gaan le. Daar gaan jy nie dood gaan van die virus nie jy gaan dood gaan van honger. Hoekom sit ou knoffel nie n verbod op suiker nie dan doen sy tenminste iets goed

Pappa Beer ·

Koos ek het n baie beter Afrikaanse woord, maar ek gaan dit nie op hierdie medium gebruik nie, dalk is hier kinders.

Corrie ·

Ja nee wens so iemand kan vir ons regte op kom. Drank wat erg proebleeme maak word toe gelaat. Drank ver oorsak huis proebleeme. Wie sien dit raak. Hulke deel drank. Maar nou word dit net gesê van rook!!! Regtig die wat rook maak nie moeilikheid nie vir oorsak nie huis drama nie. Die wat nie rook nie sal nie kan verstaan hoe voel ons wat rook. Gun ons toe wat ons wil hè.Pla niemand as ons rook nie.

Eerlik ·

BATSA is baie stil, ek wonder waarmee die “minister van sameswering” hulle gedreig het.

Pieter ·

Ou cr gee weer vir rupert miljiene van ons belasting geld. Net soos ou rupert miljoene vir cr17 gegee het die twee gat jakkels

marius ·

Hulle word toegelaat om uit te voer . Mense oorsee kan maar vergiftig word volgens die dame wat die mishoop regeer se standvastige beginsels .

Olga ·

Ek rook nie, en ek drink nie, maar waar die logika agter hierdie belaglike besluite? Jy mag nou drink en dronk word en om die vuur jou court bier met almal deel, maar hulle is bang as jy rook deel jy jou siggaret met iemand en versprei corona? Net so belaglik dat hulle vir jou voorskryf watse skoene, watse lakens of hemde jy mag koop en wat nie. Jy mag klere koop waaraan duisende mense in die winkel raak, maar jy mag dit nie aanpas of omruil nie. En so ruk gelede mag jy by Pick n Pay lekkers en koeldranke en koekies gekoop het, maar nie warm klere vir ‘n baba wat die vorige winter 6 maande oud was en toe 18 maande oud is nie. Natuurlik het hulle uiteindelik na die mense geluister en sowaar ‘n vergunning gemaak dat jy by Pick n Pay clothing babaklere mag koop van 0 – 36 maande, maar dit sluit nie die in wat 1-2 jr of 2-3jr gemerk is nie! Jy mag in taxi sit, maar nie by jou in haar huis kuier nie, ure in rye staan by ‘n winkel maar tog nie saam jou bure braai nie. BEHEER!

BoerSonderRoer ·

Ek wens hulle het ons verbied om belasting te betaal.

Emily ·

Hulle maak miljoene per dag met hulle brand wat mense ten duurste moet aankoop.

Alida ·

As daar n ondersoek gaan wees hoef CR nie ver te soek nie. Die groot induna van smokkel sit reg langs hom. Is hy blind? Die grants gaan netso Tops toe en die kinders gaan dood van honger. Watch this space. Sy dink sy is slim. Groot probleme volg volgende week. Verhaal die R58m wat daagliks verlore gaan van haar persoonlik.

Chris ·

Wou nou die dag braai … en omdat ek nie rook nie, koop ek die dag ‘n dosie vuurhoutjies vir R80.00 vir vuur aansteek en kry toe ‘n pakkie 20 gratis en verniet. Nou waaroor al die geween en kla oor die prys van sigarette, sal volgende keer eerder ‘n zippo koop.

Jaco ·

Die gebruik van sigarette is mos nie onwettig nie, net die verkoop daarvan, en is dit nie onwettig om dit verniet weg te gee nie…hoekom doen winkels dan nie die volgende nie…verkoop lighters teen R50 elk en kry n pakkie sigatette GRATIS!! Probleem opgelos…Enige regskenners wat my hiermee kan help?

Agtogwatnog ·

Hoeveel mense gaan in die winter aan mislukke rook bloot gestel word vir al daardie vure in die plakkers kampe. Dit is nodig maar n groter gevaar vir veskeie redes. Dalk vir din inperkings tyd dit ook maar onwettig verklaar.

Kobus ·

Die regering gebruik die ramptoestand wat aangekondig is as ‘n verskoning om ‘n ander agenda te bevorder en dit is die voor-virus aksie teen rook nou af te forseer. As die virus nooit sy verskyning gemaak het nie, sou die land hulle nooit toegelaat het om sumiere verbanning van sigarette in te stel nie. Dit is waarom geen wetenskaplike gronde vir die verbod gegee kan word nie.

Pieter ·

Ek is lid van afriforum betaal elke maand my deel. Dit is hoekom hulle iets kan probeer doen aan die maligheid baie dankie wen of verloor. Iemand moet die mal kop doek stop

Erica ·

Ek is seker hulle sal nie omgee om jou te verloor nie. Daar gaan baie meer aansluit omdat hulle op staan vir almal.

Nick ·

Dankie tog, ek rook en dit gaan ook nie vir my oor die verbod op twak nie maar dis ons grondwetlike regte wat geskend word. Hulle doen dit al meer en meer en ons moet alles opvreet!!!! Die ding is nie n dokter se alie nie!

koos10 ·

So pas verneem dat tabak op vlak 3 nog steeds verbode bly.
Afriforum moet asb nie soos die ander maak en net dreig nie, gaan voort.
Ek glo as julle fondse benodig en elke roker gee julle R20.00 sal julle die fondse hê om voort te gaan.
Waar kan ek myne vir julle in betaal?

donsie ·

HOU DIE DRANK TOE EN MAAK DIE SIGARETTE OOP.
Daar vind baie meer misdade plaas onder die invloed van alkohol as onder die invloed van ‘n camel sigaret

Brett ·

Hulle statestieke is verkeerd soos al hulle argumente die hoeveelheid mense wat besmet is = 0.4444% van Suid Afrika se populasie van 59.3 Miljoen. As slegs 0.4444% van die populasie besmet is hoe sal daar skierlik 1% van die rookers nou besmet word……dus nie statestieke nie dus duim suig.. Hul data is duim suig…. Hul wys geen statestieke van aantal rookers wat besmet is nie……. Want hul kan nie hul duim suig statestieke staaf of regverdig nie.
Dus weiering van ons vreiheid van keuse.

marius ·

Vra reguit vir patel waarom daar toegelaat word dat sigarette uitgevoer word as dit vir sy hoofdame so groot beginsel saak is . Die mense oorsee kan dan volgens haar vergiftig word . Leunaars !

Grotti ·

Die mense deel alles, koeldrank, chips, pap…… waarom juis ???? stop?

Pieter ·

Ag foeitog, die rokers behoort goed te kan visvang want hulle gebruik darem elke sosiale media platform om te vis vir simpatie vir hulle swak gewoonte!!

Jack ·

Die hele ani rook ketting bestaan net uit korruptes wat voordeel wil trek uit die verbod. Selfs die regskenners lyk my stem daarmee saam dat dit die regte besluit deur zuma en kie is. Die hofsaak le nog voor en ek wil weet hoe gaan die staat bewys dat as ek vandag ophou rook dat ek more n beter kans het om die virus te oorleef. My longe is klaar vrot gerook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.