Rookverbod: Fita wil appelleer

Argieffoto (Foto: vicky gharat/Pixabay)

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) het Vrydag aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die hooggeregshof in Pretoria se onlangse beslissing rakende die verbod op die verkoop van tabakprodukte.

Die hof het verlede week Vrydag Fita SA se dringende hofaansoek om die regering se verbod op die verkoop van tabakprodukte ter syde te laat stel, met koste van die hand gewys.

Maroela Media het vroeër berig Fita SA het vroeër vandeesmaand in die hof geargumenteer oor die opheffing van die verbod op die verkoop van tabakprodukte.

Die organisasie het onder andere aangevoer dat die verkoop van tabakprodukte noodsaaklik behoort te wees aangesien dit verslawend is.

Die hof was egter nie hiervoor te vinde nie. “Fita SA se argument dat sigarette noodsaaklik is omdat dit verslawend is, het geen meriete nie. Die feit dat ’n middel verslawend is, maak dit nie noodsaaklik nie,” het regterpresident Dunstan Mlambo in sy uitspraak gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Roebs ·

Ja nee maar ons kan drank koop ek verstaan nie … hoe werk hulle dit nie.

JohanR ·

Reuben – is net makliker om ‘n polisie wa vol sigarette te laai, as om blikkies en bottels bier en hardtack te laai. Jy kan sigarette makliker wegsteek as drank. Ek vermoed CR en NDZ het of sigarette of drank bespreek toe besluit hulle op sigarette want die is net makliker om meer te smokkel as drank. As CR en NDZ nou andersom besluit het sou SA nou rook, maar sonder ‘n drankie sit, en al die polisie wa’s sou vol gesmokkelde drank wees.

Janc ·

Dit kan geargumenteer word deur te noem dat alhoewel daar ‘n verbod op tabakprodukte is, nie mense verhoed om NIE onwettige tabakprodukte te rook nie. Dus kan hulle net sowel die verbod laat vaar en tabakprodukte verkoop op ‘n wettige manier waar die regering ook dan belasting ontvang. Dit maak wraggies geen sin dat hulle volhou by die verkoop van sigarette nie! Iemand daar buite maak baie geld op die verkoop van hierdie onwettige verkoop van tabakprodukte terwyl die regering diep in die skuld is en kan doen met elke liewe sent wat hulle op hierdie stadium kan ontvang.

Emily ·

Hulle weet nie wat hulle doen nie Behalwe natuurlik hoeveel geld in hul sakke gaan met di gemors wat ons nou moet rook

Persheks Adri ·

Die regering is dan verslaaf aan omkopery, korrupsie en hul koppe weg te draai vir moord en dood en die reëls is dubbel sinnig genade man! Wat van mense wat verslaaf is aan drugs, dagga, pille ens? Dagga rook is ook aanvaarbaar vir hulle en NDZ maak geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie! Lyk my hul wil hê ons moet die plekke gaan plunder soos our people en maak soos taxi organisasies. Ek’s taamlik gatvol vir die sirkus nou

Pieter ·

Weet nie hoe slim is die adv nie maar om in n hof te staan en vir n regter te se sigarette in nood saaklik klink nie vir my baie slim nie

gatgogga ·

Pieter, dit was glad nie die kruks van FITA se argument nie. Die regters het die een aanvegbare punt in FITA se argument aangegryp, en gemaak asof alles daaroor gaan. Dis ‘n verdraaiing van die hele saak, om hulle knoeiery te masker. Of hulle is onnosel.

Petrus ·

Met so ‘n rede soos dat Tabak verslawend is, het hul die Hof ‘n stok gegee om mee te slaan. Dis logies dat dit verwerp sou word. Die hele Virus storie is van begin af verkeerd benader. Die ekonomie moes meer beskerm gewees het. Die Regering soek Geld, maar smyt daagliks Miljoene weg met verbod op Tabak!

Baardman ·

Ek is nie n regskenner nie maar dis defnitief nie n goeie argument om in n hof te gebruik nie. Voer eerder aan dat dit gevaarliker is, omdat mense meer as ooit tevore sigarette deel, en dat die staat miljoene verloor deur die verbod.

Renee ·

Aub hoop julle wen die keer want die staat verloor 7 miljard aan belasting elke jaar en SA is nou die grooste onwettige bedryf wat siggarette aan betref, Kopdoek skep net hoekom sou sy nou die gans wat die goue eiers le benadeel. Fita ons staan agter julle.

Prikkie ·

Fita gaan hulle geld mors. Ek dink, voorspel dalk, dat daar na vlak 2 beweeg gaan word voor BAT se saak in die hof kan dien. Ons sal maar moet wag en sien, want sien hier word nou te veel slae uitgedeel en te veel mense wat nie meer alles vir soetkoek eet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.