Rower doodgeskiet ná rooftog

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Rower is in hegtenis geneem en een doodgeskiet nadat ʼn Chinese winkel in ʼn winkelsentrum in Atteridgeville in Pretoria-Wes, Gauteng, Maandagaand beroof is.

Polisiebeamptes het op die rooftog gereageer en die drie rowers agternagesit. Die rowers het op die polisiebeamptes losgebrand en een verdagte is in die proses doodgeskiet.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê die rowers het die polisie se voertuig gewaar en in ʼn Toyota Corolla probeer vlug. Die polisiebeamptes het hulle agternagesit waarna ʼn skietgeveg uitgebreek het.

Die verdagte wat in die proses getref is, is later op die toneel dood verklaar. Een verdagte is daarna in hegtenis geneem. Die derde verdagte het daarin geslaag om weg te kom. Die polisie het op twee ongelisensieerde vuurwapens en die rowers se voertuig beslag gelê.

Intussen het die polisie nóg twee verdagtes in Kempton Park vasgetrek vir die onwettige bedryf van ’n drankwinkel. Die tweede verdagtes staan ook tereg op aanklagte van die besit van onwettige en vervalste produkte asook vir die oortreding van die Immigrasiewet.

Makhubele sê daar is tydens die inhegtenisnemings op ʼn groot hoeveelheid drank beslag gelê.

Die verdagtes sal eersdaags onderskeidelik in die landdroshof in Pretoria en Kempton Park verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarel ·

Wanneer rowers op due vlug slaan moet die Polisie die reg kan genruik om eerste te skiet.

Michael 1 ·

Sarel ek stem saam maar met die minderheid polisie wat bevoeg is om n wapen te hanteer kan die skiet miskien gevaarlik wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.