Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die rower het glo in die winkel gestaan en wag toe G4-veiligheidswagte opgedaag het. “Die verdagte het glo probeer om kontant by die veiligheidswagte te steel toe een van hulle hom geskiet het.”
Makhubela sê die rower is in die nek geskiet. “Hy het sy vuurwapen laat val en weggehardloop.” Makhubela sê die verdagte het na ‘n wegkom-motor, wat buite gestaan en wag het, gehardloop en in die motor gespring voor dit weggejaag het.
Volgens Makhubela was die rower alleen in die winkel en het nog ‘n rower buite wag gehou. “Die G4-veiligheidswagte is nie beseer nie en niks is gesteel nie.”
Die polisie soek intussen na die wegkom-motor en verdagtes.