Konst. Gloria Maswanganye, polisiewoordvoerder van Krugersdorp, het gesê drie gewapende mans het Vrydag in die vroeë oggendure toegang deur ʼn badkamersvenster tot ʼn lodge gekry.
Die rowers het ʼn seun op die onderste verdieping aangetref en hom met skoenveters vasgebind. “Hulle is toe na die boonste vloer, waar ʼn ma en haar twee dogters, wat onderskeidelik 21 en 12 jaar oud is, geslaap het.”
Volgens Maswanganye het hulle die 21-jarige dogter verkrag. “Hulle het die 12-jarige se klere uitgetrek, maar sy het so erg geskree, dat hulle haar gelos het.” Die mans het met ʼn skootrekenaar, drie selfone en kontant gevlug en is steeds soek.
Volgens die private veiligheidsmaatskappy, Drift Reaction, is hul beamptes omstreeks 03:30 na die hoewe ontbied.
Netjies geskryf Nico Strydom. Jy het nie een keer die verpestlike woord ‘verdagtes’ gebruik nie.
Ek veroordeel ook hierdie afskuwelike misdaad en boewery ten sterkste. Ongelukkig lees.die misdadigers en boewe nie wat ons hier kommentaar en skryf. Daar moet weer wet en orde in SA herstel word, maar hoe? Die land beweeg al meer na anargie want daar is nie meer effektiewe regering nie. SA is nou die mees korrupte land ter wereld aldus die VN, maar gerieflik laat hulle die misdaad en vergrype teen onskuldige mense in stilte. Skandalig!!
The elements are not satisfied with just robbery but now are affecting our young women with Aids, they should be caught and charged with murder.
Nee hy sit mos nou veilig in sy ou huisie en was sy hande in onskuld oor als!
Aaklig! So bitter jammer vir die slagoffers. Wat n nagmerrieland leef ons nie in nie…
Dis Muldersdrift, Elandsdrift en die kan nie hul drif beheer nie. Telkemale lees ons van gaste wat in gastehuise aangeval word en hoekom beveilig die eienaars nie die plekke nie? Dis tog baie belangrik vir die veiligheid van hul kliente.
En dit is hoekom mense nie meer hier wil bly nie! Dit is n haatlike misdaad en die mense/kinders se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!
Maroela Media daar bestaan nie meer iets soos onsedelike aanranding nie, dis seksuele aanrading/sexual assult…
Laat ons nou maar eerlik wees……solank die doodstraf nie daar is nie sal die gemors aanhou gebeur end al hoe erger raak. Wanneer gaan daar geluister en opgetree word……wanneer die strate vol bloed loop?!
Daar word daagliks baie vrouens regoor did wêreld verkrag. Is dit alles de Klerk se skuld? Die ou de Klerk stories raak so afgesaag! Sê tog iets wat sin maak.
So lekker om ‘n berig te lees waar die woorde “vermeende” ,”verdagte”, “skynbaar” en “moontlik” nie gebruik is nie. Nico jy is tops!
Ons het laas week ook gelees van n huis roof wat uit geloop het op verkragting, ek dink dit is tyd dat ons die mense in die hande van n lewende GOD oor gee… Dit het tyd geraak dat die skape van die bokke geskei word en dat die wolf tussen ons ontmasker word… Here U wil nie myne nie asb… U haat die sonde nie die mens nie… Here werk in die mense se harte dat hulle die sinnelose geweld, moord en vroue skending sal stop asb in Jesus naam. Vader ek klop vandag aan U deur en Vader ek bid dat U hulle die sonde nie sal toereken nie, maar dat U hulle tot vergelding sal dwing my Vader… Vader ek bid dat U geregtigheid sal geskied in Jesus naam… Vader ek bid ook vir die twee jong dames wat se menswaardigheid verniel is Here, ek bid dat U hulle sal toevou met U LIEFDE, en dat hulle met hul oe sal sien dat U geregtigheid SAL geskied… in Jesus naam…
Ons moet hulle self vang en vonnis, dan sal die regering begin luister.